1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8334775

Besoekers aanlyn

Ons het 53 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

‘n TOTALE AANSLAG OP DIE AFRIKANERVOLK!!! ---- DEUR ONS EIE MENSE? GLO U DIT??

De Klerk en MandelaInleiding:

Sedert die vyande van die Afrikanervolk in 1994 tot “heersers” oor ons verhef is, nogal deur ons eie Afrikaner volksgenote, het die aanmatigende gesindheid van bykans elke nie-blanke persoon in beheer van iets of iemand, gaandeweg toegeneem tot by die finale dreigement van uitwissing, sou ons nie retireer nie! Gedenk maar die kreet: “Adapt or die”!

Die “onomkeerbaarheid” en finaliteit van die verraad teenoor die Boerevolk is in die oë van ons vyande in die buiteland so volledig, dat selfs Gaddafi dit beskryf as : ”white people are now at the “mercy” of Africa’s black leaders........”, en: “the blacks are victorious. The whites are now under their control.” Volgens ‘n voorblad berig van die Sunday Times van 14 Julie 2002.

 Wat in 2016 in opvolg van die gebeure van 1994, na die sluipmoord op dr. Verwoerd in werking getree het, was die voortsetting wat Afrikaners moes laat glo dat daar in hulle belang opgetree word en hoevele van ons volksgenote het dit nie geglo .... en glo dit vandag nog! Op 5 Julie 2016, by die stigting van die Afrikaner-kultuurforum, is die betrokkenes byna sonder uitsondering, diegene wat magsdeling aanvaar en by versaking van beginsel, tenspyte van uiteenlopende standpunte, tot vandag glo dat apartheid verkeerd was en daar ‘n ander koers moet wees wat kan slaag!

U sal merk dat met enkele uitsonderings almal wat by hierdie afwykendes aangesluit het, uit die dampkring van die “volkstaters” en “ja stemmers” gekom het. ‘n Nuwe ideologie,(in die Engelse woordeboek bestempel as fancifull speculation), ‘n denkvlug van die brein van die postmoderniste, vir wie die oplossing in verandering lê en nie in die bewese suksesvolle beginselbeleid, wat ingebed in die Nasionalisme is wat Suid Afrika tot op die kruin van sukses gevoer het nie.

Almal wat apartheid verwerp en magsdeling ondersteun het en nou nà die sigbare duiselingwekkende mislukking daarvan as voorspelde produk van hulle wanstaltige politieke denkvlugte, na allerhande strooihalms reik om die koers op die oog af te probeer beredder.

Die oorsaak van hierdie politieke “virus” in die breinvlug van die liberale denkers, nl. ‘n onbeheersde drang om weg te beweeg van dit wat suksesvol was, teneinde te probeer bewys dat hulle afwyking nie verkeerd was nie, is terminaal! Dit is skynbaar ongeneeslik en wil dit voorkom asof dit ‘n geslag is wat eers sal moet uitsterf alvorens die politieke koers weer reggetrek sal kan word.

In ‘n video van dr Ernst Roets van Afriforum, met die titel Afrikaners op die beskawingsfront, wat op 1 Desember 2023 versprei is en oral onder sommige Afrikaners kommentaar en bespreking uitgelok het, is dit duidelik dat die aanslag op die Afrikaner nog lank nie verby is nie. Die verdeeldheid moet kom wat wil, voortgesit word!

Ons volksgenote word ingetrek in besprekings wat die aandag moet aflei van ons vryheidstryd. Met onsin soos drie soorte Afrikaners uit drie verskillende tydvakke waaruit daar drie verskillende identiteite aan hulle toegedig word, word debat uitgelok. Dit is alles akademiese onsin! Al wat elke Afrikaner moet weet van Roets en Afriforum, is Roets se verklaring dat: “We are not a pro-apartheid movement.” Afriforum. Ook op You Tube, 3 Februarie 2023. Roets verklaar hier: ”We never defended the apartheid system... We have never denied that, obviously, it has been declared a crime against humanity.”Afrikaners het die onmoontlike taak op hulle skouers geneem om die groot grondgebied van Suid-Afrika en die diversiteit van al die verskillende kulture en gemeenskappe wat daarin woon deur ’n sentrale owerheid te reguleer, en het in hierdie poging klaaglik misluk, verklaar Roets! Uit wat Carel Boshoff in sy boek hieronder geskryf het, is dit duidelik waar Roets se breinvlugte vandaan kom.

Carel Boshoff (iv) sê in sy boek, NP van Wyk Louw en die Derde Afrikaner (uitgegee deur die FAK in 2014), dat ons in ’n sekere sin kan sê dat ons vandag die Derde Afrikaner is. Hy sê dat die Afrikaner in sy geskiedenis herhaaldelik deur ’n vorm van loutering gegaan het wat die identiteit van Afrikaners ingrypend verander het.

5 Julie 2016,

21 Afrikaner- kultuurverenigings van reg oor die politieke spektrum, van die Afrikaner-Broederbond (AB) tot die regse Afrikaner-Volkswag (AV), het kragte saamgesnoer en die Afrikaner-kultuurforum gestig, berig media 24.

Die volgende organisasies is betrokke by die forum, wat eergister in Johannesburg in die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se gebou gestig is: Die Afrikaanse Taal- en Kultuurbond, die ATKV, ATKV-Dames, die Afrikaner-Vryheidstigting, die AB, Akpol (kultuurorganisasie van die Polisie), Dames Aktueel, die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereni ginge (FAK), die FAK-Jeugraad, die Ruiterwag, Jong Dames Dinamiek, die Junior Rapportryersbeweging, die Maatskappy vir Immigrasie, die Rapportryerbeweging, die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasse-aangeleenthede, die Studentewag, die Transvaalse Onderwysersvereniging, die AV, die Volksang- en Volksdansbeweging, die Vryburgers en die Voortrekkers.

Volgens dr. Frits Kok, sameroeper van die reëlingskomitee, lê die forum se uniekheid daarin dat dit so 'n wye verskeidenheid standpunte verteenwoordig. ``Die doel is om te praat, te beplan, standpunte te stel en uitvoering te gee aan sake rakende Afrikanerkultuur. ``Sodoende kan daar met 'n sterk gesamentlike kultuurstem oor alle sake van belang gepraat word.'' Dr. Kok het op 'n vraag oor die teenwoordigheid van die AB en die Ruiterwag gesê alle organisasies ``sit onder hul eie hoed'' by die forum.

 

STEEDS ‘N AKADEMIESE DWALING

Die “moderne”Afrikaner se siening

Gaddafi se oordeel word klaarblyklik gedeel deur die meeste liberale Afrikaners wat hulle vir die huidige “Demokrasie” be-ywer het en nou, ten spyte van ontnugtering deur die “Afrikamaatstaf” wat op ons aangelê word in ruil vir hulle “welwillendheid” nl. moord, verkragting, marteling, motorkapings, korupsie ens., steeds wil saamwerk! Volgens hulle bly daar net een weg oop, nl. deelname aan hierdie stelsel van selfvernietiging, met die hoop dat daar darem iewers iets vir die Afrikaner sal oorbly.

In die lig van die verhewigde aanslag wat daar nou vanuit alle oorde op die Afrikaner aangelê word, is dit goed om weer terug te gaan en te kyk na wat ons standpunt was so ver terug as 23 Julie 2002, en belangriker nog, hoe die oorsprong van die onderhandelingsbenadering reeds toe al vasgelê is.

Volgens Albert Venter (Professor in Rau se departement politiek en regeerkunde) se repliek in die Rapport, ook van 14 Julie, in die debat oor die histories Afrikaanse Universiteite en die be-oogde onderwysplan, is Gaddafi nie net reg in sy oordeel nie, maar is die lot van die blanke boere in Rhodesië onvermydelik ook ons s’n!

Venter maak die stelling dat die Fak, die Broederbond, die kerke, die TO, die Akademie, die Afrikaanse Handelsinstituut in die bevordering van die “Afrikaanse saak”, spreekwoordelike tandelose leeus geword het. Diè organisasies beskou hy as die “ou” Afrikaanse Burgerlike Samelewing.

Gesien hulle aandeel in die bevordering van die huidige “Demokrasie” sou ek persoonlik uiters verbaas wees indien daar uit daardie oord iets van wat hulle weg, (soos in weggee), onderhandel het, vir die Afrikaner teruggekry kan word. Met die ANC se Freedom Charter beleid van ‘n vinnige onomkeerbare herverdeling van rykdom, waaraan al hierdie meelopers ‘n aansienlike deel het, sal indien dit nie nou gou gestop word nie, wat dink hulle sal daar oorbly?

In ‘n oorlog het die “Victors” wat “control” het geen respek of agting vir ‘n verraaier nie! As jou standpunt dan nog is dat jy moet begryp dat jy, ( ”white people are now at the “mercy” of Africa’s black leaders........”) dat jy die uitdagings van die destydse onderwysminister (Asmal) ingevolge sy eie reëls moet aanvaar teneinde vir Afrikaans en die land iets te beteken, (volgens die professor) het Afrika as aanskouingsles kennelik by jou verbygegaan en is dit wat nou in Rhodesië gebeur tog seker net ‘n feëverhaal?

 

DIE STEM VAN RADIO PRETORIA!

Komende vanuit die liberale dampkring sou ‘n mens dit nog kon verstaan, maar luister na wyle Ds. Mossie vd. Berg!:(Toe nog voorsitter van die direksie van Radio Pretoria) ..” daar kan ook nooit nog.... of weer.... gedroom word van herstel van ‘n “Blank SA” waar die “witman” weer sal “baas wees” nie.”  

Om as blanke in die Nuwe Suid Afrika te bly voortbestaan is hy en sy volgelinge se standpunt die volgende: Die uitganspunt is dat daar ‘n behoefte bestaan vir “iets of iemand” wat vir die heil van alle mense in Suid Afrika nou eenmaal die leiding moet neem om voor te loop. ‘n Volksgesagsliggaam, die Afrikaner-Vreiheidsraad. Die raad moet voorloop en die volk moet hom eendragtig kan volg na die herstel van sy staatkundige vryheid toe. Hy skryf op bladsy 2 oa.: “Iemand moet eenvoudig êrens begeesterd genoeg wees om die inisiatief te neem: en die volk moet of vertroue in die aanslag hê, of sy rug daarop draai”. (my beklemtoning)

Regse Politiek?

Ek haal aan uit sy publikasie getiteld:

TOEKOMS vir SUID-AFRIKA, 6 APRIL/31 MEI 2002

deur Mossie van den Berg

Op bladsy 21: Die herowering van die staatsgesag in die “Nuwe SA” langs konstitusionele weg is alles behalwe ‘n onmoontlike taak! Wat nodig is, is alleen dat Afrikanervolkspolitiek sal uitmond in SA volkerepolitiek. (KLAAR OORGEGEE! AVP) Die Afrikaner het nie die stemvee om ‘n stembusoorwinning oor die ANC te behaal nie. ( Want die “Ja-stemmers” het dit mos by die stembus weggegee!AVP) Maar 11 volke wat boonop nou die dag nog glo uit 70% “Christene” bestaan het, het wel die nodige getalle.(Waar sal my hulp vandaan kom?? AVP)

Dis duidelik nog steeds, en ook opnuut weer werksame krag van elf volke se saamgesnoerde volksnasionalisme, aangevuur deur ‘n oortuigd verkondigde Christelike geroepenheid, kan met verpletterende donderslag in baie korte tyd die magswellustige Xosa-imperialisme wat die ANC is, planke toe stuur………..”(Met die liberale en humanistiese sienings van koalisies vir die 2024 verkiesing sal die futiliteit van hulle wanstaltige politieke denkvlugte van die brein, nou mos beproef kan word! AVP)

Behalwe die betiteling word bladsy een voltooi met die volgende aanhaling van G.A. Watermeyer.

“Ons wat teen sewe strome gaan,

moet murgsterk in ons wese staan

om langs die wapad van ons dink

wat linksom kantel regs te krink.”

Waarom die aanhaling van Watermeyer?…Regs te krink??(Uit daardie geledere??AVP)

Magsdeling

Hier is magsdeling mos in sy suiwerste vorm en stem bo-genoemde siening grootliks ooreen met die verduideliking van wyle Dr. Connie Mulder in die Parlement soos opgeteken in Hansard, van die KP se voorsiende Stateberaad!

Hier noem die betrokkenes, wat be-oog ”,…..(op bladsy 5), om by die regering aansoek te doen vir erkenning as vertolker en beskermer, op alle lewensterreine, van die Afrikaner se “grondwetlike regte dit ‘n Volkereberaad!.

 

As hierdie Gaddafi-benadering vir ons iets moet beteken in ons stryd om voortbestaan in die Nuwe Suid-Afrika, nie net as blankes nie, maar as Afrikanervolk, is dit om hierdie benadering te toets aan wat dit werd was en is in Mugabe se land!

Dit is die opheldering van ‘n jarelange kwelling van waarom bekende politieke-, kerk- en kultuurleiers in Afrikanergeledere wat deurgaans die beeld van “Regs” projekteer het, selfs met die uiterste pogings, nie oorreed kon word om saam met behoudende Afrikaners in verset te kom nie!

 

Belemmering van effektiewe verset

As Mossie van den Berg op bladsy 6 van die Afrikaner se stryd praat, onderstreep hy egter die ervaring wat ek, en ek glo ook baie ander Afrikaners, sedert 1970 mee saamkom, nl. dat dit die tussenkoms van die Konserwatiewe Party was wat die Afrikaner se stryd lamgelê het!    Die enigste nuwe gebeure in 1982 was tog immers die totstandkoming van die KP!    Die voortsetting van die ou NP- Beleid soos vertolk en toegepas deur Genl. Hertzog, Dr. Malan, Adv. Strydom en Dr. Verwoerd, is daardeur ernstig in die wiele gery

duisende Afrikaners se verset en stryd na die moord op Dr. Verwoerd, was daardeur feitlik ongedaan gemaak! Dit terwyl dit deur die geskiedenis (1948-1966) bewys is, dat dit 18 jaar van sukses, vooruitgang, voorspoed, ordelikheid, vir al die volke betrokke, verteenwoordig het! Was dit dan verkeerd?

As ds. Mossie op bladsy 20 van Toekoms vir Suid Afrika skryf: “Die onoortreflike werktuig wat die owerheidsgesag is vir die roepingsvervulling deur gelowiges, mag nie versmaai word omdat bose magte dit hier in ons land gekaap het nie.   Moet dit die argument word om alle ander argumente mee te be-eindig? Die AVP se standpunt is dat die owerheidsgesag in die hande van barbare kan nie nou..en sal nooit in die toekoms die onoortreflike werktuig kan wees om die roepingsvervulling van gelowiges te bewerk nie!

 

Beginselverskil

Wat hier duidelik is, is die beginselverskil!  Dit klaar die vraag waarom daar deurlopend Partye, Organisasies en Strukture oor die afgelope 33 jaar tot standgebring is!  Nie die leierskap, nie die beskuldiging dat die ons nie vorder of niks bereik of nie wil saamwerk of watter ander argument ookal aangevoer word nie! Dit is die beginsel waarvan ons nie wil afstand doen wat nie net die vrye wêreld die Nasionale Regering van Dr. Malan, Adv. Strydom, en Dr. Verwoerd laat kritiseer het nie, maar ook elke individuele liberalis en organisasie binnelands!. Hoewel onderlinge verskille voorkom, deel hulle almal die sentiment dat apartheid moet weg!  Deurgaans was dit hoofsaaklik ook dieselfde Pesone wat in al hierdie pogings betrokke was en in hoofsaak omdat hulle staatkundige oplossings vir ons volk soek in Magsdeling onder die dekmantel van selfbeskikking!    In wie se belang tree hulle op? Kan dit werklik in die Afrikaner se belang wees? Wanneer gaan hulle ophou om ons potensiële mag te verswak deur ons aanhoudend te verdeel

Lukas 11: 17 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ’n huis wat teen homself is, val.

 

Ambasadeurs?

Ek het met verbasing in Eschel Rhoodie se boek, Die Ware Inligtingskandaal, bladsy 36 gelees dat meeste van die Ambasadeurs van selfs Dr. Malan se tyd tot en met Dr. Verwoerd se regering, nie die beleid van apartheid gesteun het nie en dit in die geheim selfs repudieer het!  Hy skryf: “Vele Suid-Afrikaanse Ambassadeurs, gerieflik in hul deftige wonings oorsee ingerig, was gladnie gretig om in die stryd om apartheid te bevorder of te verdedig verwikkel te raak nie”……….Van Anthony Hamilton, Hoë-Kommisaris in Australië, skryf hy bv: “Hy kon beswaarlik sy politieke vyandigheid jeens die regering van Dr. Verwoerd in toom hou. Toe die Australiese Premier, Robert Menzies en Hamilton en ek by geleentheid (op Uniedag) ‘n bespreking oor afsonderlike ontwikkeling gehad het, het Hamilton gesê: “Dit is hoog tyd dat hierdie vervloekte Nasionaliste besef dat hulle nie met hul sotlikhede kan wegkom nie!””

 

AFWYKING VAN GEBAANDE WEË

As ‘n mens dan nou sien hoe die “regses”, om polities korrek te wees in die oë van die wêreld, wegbeweeg van ras as onderskeidingsfaktor en allerhande praksasies in die geheim beplan waarby die volk dan betrek moet word, wonder ‘n mens onwillekeurig hoeveel van die bo-genoemde “ambasadeurs” daar in die ou NP was?  Waarom hulle nie die moed gehad het om dit in Dr. Verwoerd se tyd, terwyl in diens van sy party en staatsdeparemente, kultuurorganisasies Kerke ens., propageer het waarvoor die Afrikaner nou opgevorder word nie!    Het hulle almal heimlik sit en wag dat hy doodgemaak moes word?

 

Geloof

Wanneer jou geloof oorskadu word deur omstandighede en jy dan vanuit die omstandigheid jou toekoms probeer beredeneer, soos die liberales van ons land, instede van uit beginsel, het jy in jou gemoed klaar oorgegee! Dis mos die ou VP-beleid wat nou nagestreef word! Die beleid van De Villiers Graaf, Helen Suzman, Tony Leon! Hulle wou almal integrasie hê maar terselfdertyd die beheer bly behou!

Die gevaar van oorheersing van barbaar oor beskawing, van Antichris oor Christendom, van die ongelowige oor die gelowige,is vandag wesentlik as gevolg van die akademici se dwaling op politieke gebied!

Dit word slegs deur vasberadenheid, moed maar veral geloof, afgeweer! Nie deur kompromie en onderhandeling nie!   Onderhandeling of samewerking skort tog onmiddellik verset op!

 

DIE AVP IS BEREID TOT SAMEWERKING

 

  1. Op Politieke gebied is die party bereid om saam te werk met almal wat in onverdeelde trou en toewyding die Afrikanervolk saam met ons eerste plaas in die Republiek van Suid-Afrika, om sodoende ‘n kragtige besef van Nasionale Selfstandigheid en Vryheid te ontwikkel.
  1. Op kultuurgebied saam te werk slegs met diè mense wat die kultuuropdrag in verbondenheid aan die eie nasie uitvoer en die anti-christelike en anti-nasionale strewe na kulturele eenvormigheid, rassevermenging en die voorbereiding van 'n wêreldstaat teenstaan sodat God-Drie-enig deur 'n veskeidenheid van Christelike volkskulture verheerlik word.
  1. Onwrikbaar op die fondasie van Christelike Afrikaner Nasionalisme as enigste bewese suksesvolle bindkrag in teenstelling met ander charismatiese benaderings wat telkens teleurgestel het, eendragtigheid te bevorder ten opsigte daarvan dat hierdie land die Afrikanervolk se land is!!

EENDRAG IN VERSET

 

Eendrag in verset het nie as voorkeur onmiddellike Afrikaner-eenheid nie. Die oogmerk is die saamsnoer van die Afrikaner se latente Nasionale krag wat opgesluit lê in sy Geestelike, sy kulturele, sy finansièle en sy fisiese vermoè wat tot nou toe deur effektiewe verdeeldheid en beplande verraad bewerkstellig is!    Dat eendragtige verset wat suksesvol implimenteer word noodwendig by politieke eenheid sal uitkom behoef geen betoog nie! EEN DRACHT MAAK MACHT!

Danie Varkevisser

11 September 2010

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie