1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7229172

Besoekers aanlyn

Ons het 23 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE SLOVO GRONDWET – ONS VERKIESINGSBOEIE

Klaas WaarseggerPersoonblik verkies ek aambeie bokant enige parlementȇre party in die nuwe Suid Afrika. Die feit is dat enige uitgebragte stem vir watter party ookal ‘n stem is vir die ANC. Die slovo grondwet was ontwerp om die Afrikaner van enige regeerfunksie te stroop, om nie eers te praat van selfregering nie. Huidige toestande in ons land skets ‘n haglike prentjie van finansiële ondergang, chaos, plaasmoorde, korrupsie, onteiening en beurtkrag.

Swart oorheersing gepaardgaande met ongekontroleerde korrupsie is in skrille kontras met die goue era van blanke regering. Onbetwisbare bewyse bestaan dat ons regeer word deur ongeletterde mense wat nie kan lees of skryf nie. Rampokkers maak openlik ‘n oproep tot Afrikaner volksmoord wat deur die wet geregverdig word, as ‘n struggle gedagte.

Die Afrikaner is sedert 27 April 1994 deel van ‘n bendeklub waarin ons volk ‘n minderheidsgroep geword het in ons eie land, en uitgelewer is aan swart oorheersing. Die ANC alliansie se magsposisie word in stand gehou deur die slovo grondwet, waarin Suid-Afrika as een onverdeelde land beskou word, wat beteken dat swart dominansie verskans is as gevolg van hul oorweldige meerderheid.

Om te gaan stem beteken dit dat jy die Afrikanervolk verdoem tot ‘n slaafse lewe, ondergeskik aan kwaadwillige swart dominansie. Dit is nie in die Afrikaner se belang om deel te wees aan ‘n onregmatige politieke bedeling nie. Deelname aan die huidige politieke opset impliseer jou aanvaarding van die status quo. Jy is dus aandadig om die toekoms van die Afrikaner onder swart bestuur te hou.

Die erkenning van volksregte waar elke volk die reg het tot selfregering in ‘n eie land, is die enigste waarborg vir vreedsame naasbestaan. Eie regering, eie land en eie toekoms moet ons wekroep wees. Om kollektief te onttrek van die huidige politieke stelsel open ‘n legio van moontlikhede in buite parlementêre politiek. Slaan ‘n bres vir ons nageslag, om nie te gaan stem nie.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie