1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7895680

Besoekers aanlyn

Ons het 38 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

SUID AFRIKA SE BRICS VERBINTENIS

Russiese vliegtuig land op Waterkloof lugmagbasisHoe daar nou ookal gekyk word na Suid Afrika se jarelange verhouding met die Weste en sy Zuma bedingde verbintenis met Brics, dat dit ‘n klippie in verskeie politici en lande se skoene geword het, is ‘n voldonge feit!

Die Afrikanervolk se volgehoue weersin in Kommunisme as ‘n beleid en aversie van Kommunistiesbeheerde lande is algemeen bekend. Dit het ons land en volk ‘n potensiële bondgenoot van die Weste gemaak, selfs ten tye van die Britse en Amerikaanse ondergrawing van ons politieke beleid van Afsonderlike Ontwikkeling as die enigste bewese suksesvolle beleid van ‘n blanke beskawing se volhoubare bestaan en oorlewing in Afrika.

Die beplande en geslaagde moord op dr. H.F. Verwoerd vanuit ons gewaande “bondgenote” se klandestine geledere, het ons nie net ons politieke beheer in Suid Afrika ontneem nie maar ook ons duur verworwe erfenis en selfrespek! Wat hulle nou in ons Afrikanervolk se plek geplaas het, het hulle grootste vyand ‘n vastrapplek in Suid Afrika gegee met ‘n regime wat nou twee perde gelyk ry, ten koste van beide die VSA en die Engelse!

Dit het die afgelope twee dekades duidelik geword dat Putin meer nasionalisties optree en beslis kundiger staatsmanskap openbaar as enige van die Amerikaanse, Britse en Navolande se leiers. Brics se benadering om bv. Die Dollar as internasionale betaalmiddel te vervang met ‘n goudgesteunde betaalmiddel, kan ‘n positiewe uitwerking hê op die Rand se waarde teenoor die imperialiste se opgeblaasde geldeenhede waarmee hulle ons land se minerale rykdomme teen ’n “appel-en-‘n-ei” kom “steel”.

Dit sal interressant wees om te sien hoe lank die swart politieke knoeiers die Ooste en die Weste tegelyk kan tevrede hou. Wat huidig nog ‘n openlike bieëry vir Suid Afrika se strategiese en materiële waarde is tussen Oos en Wes, kan egter ook ernstige nadelige gevolge vir ons land inhou.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie