1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7374815

Besoekers aanlyn

Ons het 29 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

20 MAART 2023 HET TOE NET ’N MUIS GEBAAR

Malema en Floyd VBS SkandaalIndien jy toegang het tot ‘n kaartjie vir die soustrein, het jy tyd nodig om die opbrengs se kanale te ontwerp. Verder verg dit vernuftigheid om die “bloedhonde” van jou spoor af te hou om tyd te koop vir die aanwending van dit wat jy wéét nie joue is nie. Dít alles in ag geneem, laat dit nie veel tyd oor vir die behoorlike en effektiewe beplanning van landwye optogte wat Suid Afrika op 20 MAART 2023 moes “toemaak” nie!

As jou tweede in bevel self ook ‘n kaartjie vir die soustrein bekom het en die bloedhonde kort op sy hakke is, kan jy sy ondersteuning maar afskryf. Om die waarheid te sê, dit sal noodgedwonge sy aandag vir nuwe metodes om hulle van sy spoor aft e kry, verg!

Al die opsweep praatjies en dreigemente dat daar niemand is wat hom kan stop nie, het toe tot niks gekom nie. Die oorlogspraatjies van burgeroorlog indien daar op die plunderaars geskiet sou word, was ook net ‘n geblaas in die wind. Meeste ondernemings het in elke geval gesluit vir die lang naweek terwyl slegs enkeles hulle deure gesluit het uit vrees vir skade aan hulle eiendom.

Ons plaas ‘n grafiek van Scorpio om aan te dui hoeveel moeite Shivambo, Malema se tweede in bevel gedoen het om sy gesteelde inkomste uit VBS Bank weg te steek en tog toeganklik te hou sodat hy dit kon geniet! Dit sal verbasend wees as Malema nie van dieselfde taktiek gebruik gemaak het vir sy eie belang nie.

Julius Malema, EFF-leier, het op 25 Junie 2020 met joernaliste gaan sit waar hy vrae beantwoord het oor die bewerings dat hy voordeel getrek het uit die VBS Mutual Bank-skandaal. Malema het sy en die EFF se onskuld volgehou en gesê daar is geen bewys dat hy betrokke was by die bedrog wat die bank sy deure laat sluit het nie.

 

VBS Mutual Bank Bedrog

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie