AGTERGROND:
De Klerk het jou in die rug gesteek. In die parlement het hy verklaar dat na onderhandeling met die ANC sal hy die uitkoms daarvan voorlȇ aan die blankes in ‘n referendum vir goedkeuring. Baie diabolies hou hy toe net die referendum vir onderhandeling met die ANC omdat dit uit tussenverkiesinguitslae duidelik geblyk het dat die blankes nooit goedkeuring sou verleen het as hulle bewus was van sy plan om die witman aan die genade van die swartes uit te lewer nie. Die proses van oorgawe aan ‘n swart meerderheidsregime, was dus onregmatig en boos. Die onderhandelde grondwet getuig van ‘n totale onteiening van die witman se grondgebied en regte.
EFFEK:
Die effek van vreemde oorheersing is dat die witman gerysmier is uit alle posisies van mag oor sy eie toekoms. ‘n Terroriste organisasie swaai nou die septer in ons land. Landsbestuur is nou ‘n krisis as gevolg van onbevoegdheid, korrupsie en Afrikanerhaat. Haatwetgewing stroop nou die witman van sy totale lewensbestaan, eiendom en toekoms. Alles wat opgebou was in blank Suid-Afrika is geplunder, verwoes en afgebreek vir skrootmetaal. Internasionaal word die ANC vandag uitgelag en beskou as ‘n misdaadsindikaat.
Uitsprake in die buiteland van ‘n dreigende burgeroorlog in Suid Afrika word al meer gehoor. Dit is nie net de Reyter wat gif in die koffie gekry het nie, maar die ganse land. (Die swartes inkluis) Staatskaping, finansiële rommelstatus, bankrotskappe, werkloosheid, honger mae, brandstigting, plaasmoorde, beurtkrag, gryslys, verval van wet en orde, boewery, motor kapings, selfverryking, en politieke moord is aan die orde van die dag. Dit skreeu ten hemele!
TEENOPTREDE:
As jy jou land, jou belange, jou volk en toekoms liefhet, is die volgende gebiedend noodsaaklik:-
1. Gaan in verset. Distansieer jouself van Parlementȇre politiek. Die DA en VF met die swart plus is deel van die probleem wat geen oplossing bied nie. Hulle het trou gesweer aan ‘n onwerkbare diskriminerende, onwettige en bose grondwet wat die witman in kettings hou.
2. Wees parraat. Die onlangse gebeure in Natal voorspel niks goed vir jou en jou gesin se veiligheid nie. Wetstoepassing in die land is op ‘n laagtepunt en kan jou nie vrywaar van lewensgevaarlike gebeurlikhede nie.
3. Vorm buite parlementȇre netwerke om ons volk se belange te beskerm. Die enigste reg in Afrika is daardie reg wat jy kan beskerm en afdwing. Besef dat die grondwet slegs ‘n stuk papier is wat net toegepas word in belang van die regime. Gesamentlike aksies teen die ANC se lakeie soos Dischem en andere, het reeds positiewe resultate gelewer. Die tolpad projek in Gauteng was ook ‘n voorbeeld van “sukses”. Boikot aksies in terme van motorlisensies behoort ook aandag te kry as gevolg van slaggate en onbegaanbare paaie. Belastingweerhouding in terme van dienste wat nie gelewer word nie, moet ook in die spervuur kom.
4. Woon ons volksfeeste by saam met jou kinders, om ingeskakel te bly in ons volkstrots. Skole curikulum weergee nie meer ‘n historiese waarheid nie. ‘n Aankondiging van ‘n Verwoerd nasionale vakansiedag moet plaasvind, en getrou ondersteun word deur ons volksgenote, ongeag die erkenning al dan nie deur die regime.
5. Maak die strewe van selfregering soos regdeur ons bestaansgeskiedenis nagestreef is ‘n prioriteit in jou lewe. Saam sal ons weer oorwin.
PATRIA EST PATRIA NOSTRA (DIÉ LAND IS ÓNS LAND!)
Klaas Waarsegger