Met die moontlikheid van verklaring van ‘n Nasionale Ramptoestand deur die regime, het daar ‘n voortsetting van sigbare nasionale politieke wanstaltigheid onder die liberale politici toegeneem. In ‘n toestand van politieke mistasting van die betekenis en gevolge van besluitneming, pleit die DA byvoorbeeld eers vir ‘n nasionale ramptoestand om enkele maande later met die hof te dreig teen die implimentering van só ’n toestand!
Van Dirk Herman, uitvoerende hoof van Solidariteit, asook Afriforum se politieke insig, dat swak sentrale beheer ons in hierdie krisis laat beland het en dat sulke swak sentrale beheer met nog meer maatreëls ons nie uit die krisis sal kry nie, kan ‘n mens net meewarig jou kop skud! Dat Herman nie uit sy eie waarneming bereid is om te erken dat die afwyking van politieke beleid en beginsel ten grondslag lê van die swak sentrale beheer waarna hy verwys nie, is verstommend! Dit reflekteer nie net op sy intelligensie nie, maar plaas hom ook daadwerklik in die kamp van die vyand van die Afrikanervolk.
’n Ramptoestand oor die energiekwessie is voorheen gesteun deur die Vryheidsfront Positief, wat dit bepleit het solank dit gepaardgaan met streng parlementêre toesig. Die party het egter sedertdien die feit veroordeel dat Nkosazana Dlamini Zuma, minister van Cogta, in beheer van die rampregulasies sal wees.
Met ‘n onwettige regime in beheer van Afrikanerland, wat onwettige en grootliks onsinnige wette maak ten koste van Suid Afrika, die Afrikaner, die Afrikaner se voortbestaan en sy besit, is daar kiesers in lande soos Nu Zeeland en Australië wat hulle regerings onder druk plaas om lidmaatskap van die WGO (Wêreld Gesondheids Organisasie) op te sê. Dit is sulke organisasies wat geaffilieer is met die WEF ( Wêreld Ekonomiese Forum) van Schwab, wat maatreëls afdwing op gewillige en waarskynlik omgekoopte regerings. Regerings wat nie in belang van die inwoners van sulke lande is nie!
Openlik verkondig hulle nou dat jy niks sal besit nie, maar dat jy gelukkig sal wees! In die Eenwêreld regering, een geldstelsel, een godsdiens, een taal en een kultuur waar jy ‘n “niks” sal wees nie. Dit is wel in belang van die regerings se magsposisie en geleenthede om belastinginkomste na hulleself en hulle ondersteuners te verskuif, sowel as om die belange van ons vyande te dien deur gehoorsaamheid aan hulle. Wat op die aarde het dit met demokrasie te maak?
Om in verset te wees teen sulke onreg is ‘n reg! Veel belangriker nog is dat dit ‘n verantwoordelikheid is om daarteen in verset te wees! Indien jy nie daarteen in verset is nie, is jy besig met verraad! Verraad teen die Skeppingsorde van verskeidenheid en geskeidenheid. Verraad teen jou land en jou volk en ook teen jouself en jou nageslag. Die gevolg daarvan beleef ons vandag in Suid Afrika waar die elf verskillende swart volke, die Indiërs, die Kleurlinge en ook ons Afrikaners besig is om ons geskape identiteit te verloor. Kan dít wees waarom ons spontaan ‘n volk geword het hier aan die suidpunt van Afrika?
Nasionalisme is die bousteen van identiteit en die reg van elke volk op aarde. Niemand het die reg om dit aan te tas met die doel om dit te vernietig nie. As daar gekyk moet word na’n misdryf teen die mensheid wat strafbaar is met die dood, dan is die aanslag op nasionalisme die plek om te begin!