Die kerk se klok het drie keer gelui. Die evangelie is vervang met plurale politiekery. Die realiteit van die skepping dat rassediversiteit ‘n feit is soos ‘n koei, is by die kerkdeur, nogal die voordeur, uitgegooi. Rassuiwerheid het volgens die nuwe “NIE-RASSIGE” evangelie ewe skielik in 1986 ‘n goddelose aanklag verkry. ‘n Nuwe geloofslandskap is geskep wat neerkom op kettery of leerdwaling.
Aan die hart van die teologiese stryd betreffende apartheid, lȇ ‘n mistasting van wat “kerk” werklik is. ‘n Volkskerk is kwansuis boos en moes dus vervang word met ‘n kerkvolk as uitgangspunt. Hoeveel bitter vrugte het dit nie alreeds gedra nie. Die politieke motief was juis daarop gemik om die Afrikaner polities te “ontwapen”.
Christus word van sy troon gestoot ter wille van die politieke aspirasies van die Afrikaner en selfhaters, so asof die verlossing van die mens deur die mens bekragtig moet word. Dit is ‘n onevangeliese verlossingsbeskouing. Jou geloof moet gekaap word sodat jy jou siel kan oorgee aan ‘n babelse mensheid in ons kerke. Die jakkalsdraaie in die NG kerk en andere spreek vanself. Die kerkkrasie stem deesdae oor wat reg en verkeerd is. Kerkskeuring en “Bybelskeuring” is nou die nuwe gebod.
Die Belhar Belydenis is ‘n mens opgediste hipotese. Die blote opstel van so ‘n belydenis is deur te sȇ die bybel was nie duidelik genoeg nie, met ander woorde God het menslike hulp nodig. Anders gestel, God moet ‘n politieke aanvaarbaarheid gegee word deur die opstellers van die belydenis. Die arrogansie is verstommend om lidmate van die kerk op so ‘n wyse geestelik te molesteer. Só word kant gekies ten gunste van die rewolusionȇre teologie.
Rasseintegrasie het ‘n geloofsdwang gekry tot verbastering, met ander woorde dit het die geloof geword van die hedendaagse kerk. Apartheid was nooit ‘n ideologie of geloof nie, maar wel ‘n sosiale reëling ter wille van orde, harmonie en inagneming van die mensheid. God het self onderskeid gemaak deur sy skepping. Die kerk het nou self pastorale begeleiding nodig!! Die integrasieproses in die kerk het kennelik meer te doen met biologie as teologie.
Klaas Waarsegger