In die volksmond word daar nie verniet gepraat van donker Afrika nie. So ervaar u dit ook nou in die nuwe of sal ek sȇ, donker Suid-Afrika. Dit het nie enkel en alleen te doen met Eskom nie, maar in ‘n groter mate met dit wat in die Afrika mense se koppe aangaan. Elke volk het sy eie storie, maniere en gewoontes. Wysheid leer mens om mense te aanvaar soos hulle is, maar plaas hulle in ‘n eie geografiese gebied waar hulle elektriese kabels kan uitgrawe en verkoop vir skroot na hartelus, om nie eers te praat van die verwydering van spoorstawe en stroop van moderne spoorwegstasies ten koste van 'n effektiewe vervoernetwerk in ruil vir individuele selfverryking nie! Temidde van dit alles is dit verbysterend dat daar steeds volksgenote is wat horende doof en siende blind, meehelp aan die toenemende verdonkering van Suid Afrika!
Die les van Afrika is dat wanregering hulle spesialiteit is. Hulle kan nie eers in harmonie oor hulself regeer nie, wat nog te sȇ om oor ander te regeer. Die nuwe Suid-Afrika is nou net so disfunksioneel soos al die swart state in Afrika. As iemand sy ware kleure vir jou gewys het, moet tog nie probeer om hulle “wit” te praat met politieke korrektheid nie omdat dit niks sal afdoen aan die naderkruipende donkerheid nie! Die nuwe Suid-Afrika het so vals geword dat die waarheid selfs baie predikante irriteer. Die valsheid van die okkultiese siening van een menslike ras is hier ter sprake. Daar is ‘n ingebore onversoenbaarheid wat ‘n veelrassige demokrasie nie kan akkomodeer nie. Slagspreuke soos kill a farmer, kill a boer sȇ wat in die hart vertroetel word. Zenefobia bring ook dieselfde hartsoortuiging na vore. Die knoop lȇ in ‘n hartsverskil, morele waardes en om te leef en te laat leef.
Professor Patrick Lumumba ‘n panafrikanis verwoord die Afrika probleem as volg: “We are authors of our own misfortunes. We elect hyenas to take care of our goats and when the goats are consumed, we wonder why”. “The reason why Africa remains in third world and a scar on the consciousness of the earth, is because of consistently electing the wrong people”. “We are the third world not because the sun rises in the west and sets in the east, but because we have engaged the reverse gear and we are moving with jet like speed in the wrong direction”.
Wonder u nog waarom die nuwe Suid-Afrika in ‘n ramptoestand verkeer? Om ‘n fluitjieblaser te wees plaas jy jou lewe op die spel. Demoonteorië doen die rondte dat swartmense besete is. Ek glo dit nie, Carl Yung se logiese verklaring van individuasie (om jouself te vind in konteks van jou medemens) is vir my meer aanvaarbaar. Afrika geeste en demoonteorië kry die skuld vir ‘n dekadente mensheid. Kyk liewer in die spieël en vind jouself, is ook my raad aan donker Afrika.
Klaas Waarsegger