1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037147

Besoekers aanlyn

Ons het 40 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

KAN ONS HIERMEE SAAMLEEF?

Misdaad in die Metrowaarskuwings van groot metro's in die land, wat op 'n hoë gereedheidsgrondslag geplaas is om verhoogde vlakke van vandalisme en diefstal van openbare infrastruktuur te takel, waarsku oor ‘n 40% styging in misdaad, van moord tot kapings tot inbrake soos genoem deur Auto & General, alle vlakke van misdaad in Suid-Afrika sal noodwendig styg wanneer die verhoogde kragonderbrekings regtig posvat.

Diefstalsake is so erg in die Stad van Johannesburg dat die stad nie komponente vir sy mini-substasies kon vervang nie, wat tot langdurige onderbrekings gelei het.

Sekuriteitskenners het Dinsdag (24 Januarie) tydens 'n inligtingsessie van die Nasionale Persklub oor beurtkrag-sekuriteitsrisiko's gesê dat misdaadvlakke in Suid-Afrika geleidelik vererger het oor die jare, en die situasie is net vererger deur die voortslepende kragkrisis. “Beurtkrag is ’n bykomende faktor – nie net vir individuele gevalle van misdaad wat plaasvind wat op sekere tye in sekere gebiede toeneem nie, maar ook ander nasionale veiligheidsrisiko’s,” het die paneel gesê.

Nou-ja! Is dit nie een van die simptome waaroor daar vroeg en laat gewaarsku was toe die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling geleidelik toegepas is, beginnende by die myne en korporatiewe besighede met die afdwing van gesamentlike was en eetgeriewe nie?

Soos wat rasgemengde sport die deure oopgedwing het vir rasvermenging, is die politiek gedryf na veelrassigheid met die onvermydelike een-mens-een-stem politiek wat nou oorgeloop het in magsdeling en die voorspelde gevolg van ‘n meerderheid swart regering. Die gevolge daarvan is dit wat ons vandag beleef en wat die “moderne” politici van meet af aan ontken het en nou selfs met die sigbare en voelbare gevolge, steeds ontken!

Daar is net een verklaring vir die voortsetting van so’n stelsel! Daar is ‘n agenda en daar was ‘n agenda van die begin af! Diegene wat hierby betrokke was en vandag nog is, is of polities kranksinnig, of is en word omgekoop as die fasiliteerders vir die oogmerke van die Eenwêreldregering. Hoewel daar beswaar ge-opper word teen dit wat ooglopend verkeerd loop, weet hulle dat daar nie die wil of die vermoë bestaan om dit reg te stel nie en sal die vernietiging voortgaan totdat die burgery totg te dankbaar gaan wees as hulle vyande nou ingryp en herstel bewerkstellig, al sal dit net die basiese geriewe behels soos krag en water!

“Jy sal niks besit nie en jy sal gelukkig wees”, het hulle al selfvoldaan in die openbaar verkondig! Identiteitloos, kosmopolitaanse zombi, tevrede om alles te doen wat vir jou gesê word! Is dít waarvoor die Afrikanervolk hier aan die Suidpunt van Afrika ontstaan en gegroei het?

Keer terug na jou God! Keer terug na jou volk! Keer terug na jou land, maar veral moet jy terugkeer na die beleid en beginsels wat ons volk instaat gestel het om die mees vooruitstrewende volk in Afrika te word! Die Afrikaner Volksparty id die enigste politieke party wat nog vas daarby staan! Kom versterk ons geledere sodat ons weer ons Afrikanervolk bymekaar kan bring op beginsel en eensgesindheid waarvoor ons vyande vrees en ons ten alle koste verdeeld probeer hou! U moet asseblief nie daaraan deel hê nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie