1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037277

Besoekers aanlyn

Ons het 52 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

IDENTITEITSPOLITIEK

Klaas WaarseggerAs jy lyk soos ‘n eend, loop soos ‘n eend en kwaak soos ‘n eend, dan is jy ‘n eend. Jou oë én jou ore vertel jou dit.  Jy is die stempel wat die Skepper op jou geplaas het. Dit is ‘n gegewe wat onveranderlik is.  Om te argumenteer dat identiteitspolitiek rassisties is, verklaar jy die Skepper as ‘n rassis.  Die mensheid is nie ‘n eenheid nie, maar ‘n verskeidenheid.  Slegs uit selfhaat sou jy iemand anders wou wees. Anders gestel, ‘n Babelse verwarring heers in jou kop as jy nie weet wie jy is, of wil glo dat ander ook soos jy is, al kan jy sien en hoor en selfs ruik dat dit nie so is nie.   Die eiesoortigheid van die mens is nie alleen die eienskap van die gelaat nie, maar ook  van jou wandel.  Identiteit is dus die diepste verbintenis met jouself en jou volk.  Selfbehoud kan slegs volkome uitgeleef word binne die konteks van jou volk.

Multikulturalisme ontruk jou van jou volk  se bestaan.  Medelye met jou volk word iets vreemd vir jou.  Al dwalende sal jy geen vastigheid vind onder hemel en op aarde nie.  Jou fokus is abnormal en speel “mary-go-round” met jou gebondenheid.  Eers as jou eie bestaan vir jou belangrik is, word ‘n ander se reg vir jou belangrik. As jy jou eie identiteit verloon, word jy ‘n niks.

Identiteit definieer wie jy is, jou konteks in hierdie lewe, geanker in ‘n genetiese samestelling.  As jy weet wie jy is, waar jy vandaan kom, en wat jou erfenis, waardes en oortuigings is, dan eers is wyse besluite moontlik. Erfenis is die belangrikste deel van jou identiteit.  Jy is die fakkeldraer van identiteit vir die nageslag. Dit is eksklusief en nie inklusief nie, want daar is waardes wat die skepping bepaal wat nie verlore mag gaan nie.

Die reënboognasie-konsep is blatante onsin. Die reënboog bestaan uit bane van gedefinieerde kleure, en is nie een enkele grys baan nie. Waarom moet die bestaan van rasse negeer word? Die menslike kontinuum wissel van laag tot hoog. Die lewenswyse wat jóú pas soos ‘n skoen, sal noodwendig ‘n ander knyp.  Só beleef ons dit in die nuwe Suid-Afrika. ‘n voortstrompeling met stink voete!

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie