In ons Afrikanervolk se geskiedenis was ons Afrikanerleiers en grootliks ons ganse volk, gekant teen Kommunisme. Waarskynlik omdat Kommunisme assosieer is met antichristelike waardes vanweë hulle uitsprake en optrede sedert die 1800’s.
Marx se toegewyde dissipel, Vladimir Lenin, het verklaar dat ateïsme die natuurlike en onafskeidbare deel van kommunisme is. Ons moet haat. Haat is die grondslag van kommunisme. Onder Vladimir Lenin was een van die slagspreuke van die Sowjetunie: “Ons veg teen God om gelowiges van Hom weg te ruk.” ‘n Prominente slagspreuk van die Kommuniste Party van die Sowjetunie was: “Laat ons die kapitaliste van die aarde verdryf, en God uit die Hemel.”
Alexander Solzhenitsyn het by geleentheid verklaar dat die wêreld nog nooit voorheen ’n goddeloosheid teëgekom wat so georganiseerd, gemilitariseerd en hardnekkig kwaadwillig was soos deur Marxisme verkondig word nie. Om God te haat is die hoof dryfkrag binne die filosofiese stelsel van Marx en Lenin, en die kern van hulle sielkunde – dit is meer fundamenteel as al hulle politieke en ekonomiese aansprake.
Militante ateïsme is nie bloot toevallig, of marginaal tot die kommunistiese beleid nie; dit staan sentraal. Om sy diaboliese doelwitte te bereik, moet kommunisme beheer neem van ‘n bevolking waar ‘n godsdienstige en nasionale ingesteldheid afwesig is, en dit behels dus die vernietiging van geloof en nasionalisme. Kommuniste proklameer beide hierdie doelwitte openlik en voer dit net so openlik in die praktyk u i t, aldusSolzhenitsyn
Wat Karl Marx wel geskryf het waarmee ‘n mens kon saamstem, is dat ons een van die mees heilige skenkings vernietig as ons tuisonderrig vervang met sosialeonderrig. Ons sien en beleef dit immers vandag!
In 1994 het ons volk “gekies” om ons nasionalistiese regering te deel met ‘n meerderheid swart Kommuniste, wat algou met hulle meerderheid die blankes oortref het en die “demokrasie” aangewend het om feitlik outokraties totale beheer te verkry.
Die gevolg hiervan het in terme van die respek vir lewe, soos in die res van die Kommunistiesbeheerde wêreld, lewe as ontbeerbaar behandel wanneer dit verskil met die kommunis se lewens-en-wêreldbeskouing. Miljoene mense is gedood tydens die Russiese rewolusie en nagenoeg ‘n half miljoen mense in Suid Afrika sedert 1994! Dit is nou as jy die polisie se syfer van 54 moorde per dag kan glo.
Terwyl God die Skepper van lewe is, is satan bekend as ‘n mensemoordenaar. Met die poging van die “Nuwe Wêreld Orde” om hulle frekwensie van wêreldoorloë te handhaaf deur ‘n derde wêreldoorlog te probeer afdwing, wat volgens hulle verklarings die laaste wêreldoorlog sal wees wat nodig is om hulle in wêreldbeheer te plaas, is menselewens kennelik vir hulle ‘n hindernis. Hoe meer lewensverlies, hoe makliker pak vrees die oorlewendes en buig hulle gehoorsaam voor die maghebbers!
In die interrim word ons in Suid Afrika in bedwang gehou deur ‘n gefabriseerde pandemie en vlaag op vlaag fiktiewe virusbesmettings wat nou voortgesit word deur die beheermaatreëls wat onder die fiktiewe “ramptoestand” gegeld het, in gesondheidswetgewing vas te lê. In terugskouing is dit tragies om te besef dat ons Afrikanervolk so maklik en gedwee agter die leuens aan, ons volk in so ‘n toestand van onmag laat beland het.
Wat nog erger is, is dat nog só baie van ons volksgenote se oë steeds gesluit bly vir die waarheid sodat die leuen ons al dieper in die afgrond saamsleep op pad na totale vernietiging van ons identiteit en voortbestaan as soewerein onafhanklike volk, soos wat ons was voordat dr. Verwoerd vermoor is!
Daar sal ‘n drastiese omkeer, terug na Nasionalisme moet plaasvind indien die hoop op herstel geregverdig kan word. Elke leier van elke behoudende groepering sal bereid moet wees tot ‘n beraad waar ons kan besin oor gesamentlike uitspraak en optrede oor sake van gemeenskaplike belang, terwyl daar nog lewe is!