1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7802470

Besoekers aanlyn

Ons het 176 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DR. H.F. VERWOERD AS LEIER VAN DIE AFRIKANERVOLK SE NALATENSKAP AAN DIE LEIERS WAT HOM SOU OPVOLG!

Dr. H.F. VerwoerdDie Afrikanerleier is nooit tiran, nooit oneerlik, selfsoekend, magsbeluste regeerder nie. Hy is vervul met Volksliefde, edele oogmerke en gebruik dié middele om sy doel te bereik wat hy met ‘n Christengewete kan versoen. Nie haat bepaal sy gedrag ten opsigte van sy medemens nie, maar liefde, hoop, die soek na ‘n veiliger beter en vryer toekoms ---- vry as Staat; vry van verborge bande; vry van rassebotsings opdat almal gelukkig kan wees; en vry van haat omdat almal verenig is in een, ja slegs een, volksliefde”.

So was Verwoerd leier van die Afrikanervolk volgens die maatstawwe wat hy self vroeër gestel het toe hy, wat hierbo staan, gesê het!

Skep self u eie toekoms, het hy by geleentheid gesê. “Wanneer gepraat word dat diie oplossing van hierdie stryd geleë is in die samevoeging van alle mense --- sogenaamde integrasie ---   begryp hulle nie dat dit nie eenwording is nie. Al wat sal gebeur is die vernietiging van die Blankedom. Nie integrasie nie, maar disintegrasie van die Blankedom, van die beskawing en van die godsdiens wat ons ge-erf het…. Ons veg met alles wat in ons is, want ons weet ons is ‘n nasie in wording. ….. Ons moet, almal moet, ons volk blank hou. .

As ons as ouers, as ons as opvoeders, die geleentheid wat ons besit reg gebruik, dan kan ons van hierdie jong volk ‘n kragtige en ‘n groot volk maak. Ons sal, en dit is my hoop en dit is my geloof. Ek glo in ons volk. . . . Die bloed van dapper manne, dapper vroue, het ons aardbodem benat. Die opofferings brand in ‘n nasie se lewe soos ‘n vuur, ‘n vuur wat nooit gedoof word nie. Dit vlam weer op wanneer die moeilikhede kom, al sak dit tussenin weg.

Die vuur wat die harte van mense staal, sal ons instand hou. Ons sal ons met hart en hand bly toewy aan ons Volk en ons vaderland. Die Republiek van Suid Afrika het al ons trou . . . of dit sal wees in roem of in rou, of dit sal wees in moeilike tye of goeies. Aan hierdie Republiek van Suid Afrika wy ons ons lewens en krag....”

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie