1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7229139

Besoekers aanlyn

Ons het 16 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

KORRUPSIE IN DIE ANC IS ENDEMIES

Korrupsie endemies‘n Endemiese siekte is uiteraard ook aansteeklik. Meer so omdat dit tot ‘n bepaalde groep beperk is vanweë hulle aard. Dit beteken natuurlik nie dat iemand buite daardie bepaalde groep nie vatbaar kan wees vir infeksie nie!

Dit is ongelukkig ook waar dat daar deur middel van volgehoue assosiasie uiteindelik aanvaarding ontstaan. Noodwendig kry jy dan mense, veral liberaliste en humaniste wat sulke simptome by van hulle swart kolegas as ge-isoleerd beskou en word dit as gevolg van heersende omstandigheid afgemaak as ‘n verbygaande ongelukkigheid.

Só het die aard van korrupsie by die swart ras reg deur die ANC manifesteer in die ontginning van elke moontlike geleentheid om geld en goed vir eie voordeel aan te wend ten koste van ander maar uiteindelik ook ten koste van ons land se vooruitgang, instandhouding van infrastruktuur, werkskepping, veiligheid, gesondheid, onderrig en opvoeding, ens.

In bykans 28 jaar sedert de Klerk se verraad wat beslag gekry het in 1994, is letterlik honderde kommissies van ondersoek aangelê wat weinig of geen skuldigbevindings tot gevolg gehad het nie. Die Zondo komissie wat bloot werkskepping vir enkelinge teen astronomiese bedrae geld was, sonder dat enige iemand as gevolg van sy bevindings ge-arresteer of toegesluit is, word nou uitgedaag deur Gwede Mantashe, die ANC-voorsitter en minister van energie en minerale hulpbronne.

Mantashe wat allerweë beskou is as ‘n uitstaande leiersfiguur, is Dinsdagaand in die derde aflewering van die Zondo-kommissieverslag wat publiseer is, beskuldig dat Bosasa betaal het vir werk wat by twee van sy eiendomme in die Oos-Kaap en een in Gauteng gedoen is. Die verslag sê verder dat "voorsiening van gratis sekuriteitsinstallasies duidelik deel was van die korrupte modus operandi van Bosasa en sy direkteure."

Mantashe het Woensdagmiddag ’n perskonferensie by die kantore van sy departement gehou waar hy aan joernaliste gesê het dat hy Zondo se plofbare bevindings sal uitdaag. Dit word na verloop van elke dag duideliker dat ons voorgeslag se beginselbeleid van Afsonderlike Ontwikkeling, nie net goed deurdag was in terme van die beskerming van waardes en norme van beskaafdheid nie, maar ook die inagneming van die verskil van kulturele waardes tussen rasse en volke. Belangriker nog, in teenstelling met die geveinsde internasionale klem op menseregte, gelykheid en vryheid, het ons voorgeslag se Godvresende leiers in erkenning van God se ordening van verskeidenheid en geskeidenheid, die beginsel van “apartheid” verfyn tot ‘n beleid van bewaring van identiteit, kultuur, godsdiens, norme, waardes en eiendomsreg!

Die ellende waarmee ons én die res van die wêreld vandag mee worstel setel juis in die afwyking van daardie beginsel! Moet ons steeds met mekaar verskil tenspyte van wat gesien en beleef word? Wat anders as die teenhang van hierdie beginsel is die oorsaak van wat nou in die Ukraїne gebeur?

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie