Dit verstom 'n mens dat wanneer daarin geslaag word om 'n politieke koers te verander, baie van diegene wat daardie aanvanklike koers ondersteun het omdat hulle daarin geglo het, daardie koers versaak asof dit nou uitgedien is!
Dit ten spyte daarvan dat daardie koers vir meer as sewe dekades as uiters suksesvol bewys is ten opsigte van elke lewensterrein en veral tot voordeel van elke betrokke ras in Suid Afrika. Dit was 'n gekose beleid wat daarop gerig was om die identiteit van elke ras en volk te beskerm en te bewaar soos wat ons hemelse Vader dit geskep en bedoel het om te wees.
Die beïnvloeding van die jonger garde op universiteit, ondersteun deur internasionale druk wat in die laat sestigs deur "glasnost en perestroika", aangevuur deur die liberalisme, humanisme en wanstaltige Woordvertolking vanuit die kerke, opgeblaas is tot 'n storm, het 'n politieke rukwind geword wat aan ons nasionalistiese ankers kom ruk het!
Die AVP het egter tot vandag toe vas bly staan by daardie ou beproefde waardes en kyk nou terug na wat bereik is deur die versaking van daardie beginsels waarop Suid Afrika gebou en gegroei het tot wat dit was in 1966. Wat ons sien is die rokende rommelhope van verval en agteruitgang op 'n glybaan van vernietiging van alles wat ons voorgeslagte opgebou het onder die seënende Hand van God! Ons kyk egter ook oor ons land se grense en bemerk dieselfde agteruitgang in Europa, Brittanje en die VSA, Australië en Nieu Zeeland.
Wat ons ervaar en sien in die sleurstroom van liberalisme, Humanisme en kommunisme, waar dit nou ookal in die wêreld 'n vastrapplek verkry het, het ons onwillekeurig herinner aan 'n toespraak van dr. H.F. Verwoerd in die Volksraad op 9 Maart 1960 waarin hy die regering se beleid uiteengesit het. Die presiese beginsel en beleidstandpunt wat ons steeds vandag in glo en bewaar as oplossing vir ons en elke ander volk en ras in Suid Afrika.
'n Ontleding deur dr. Verwoerd in 1960 van die teenhang van die beleid waarin ons en elke nasionalistiese Afrikaner glo, beleef ons vandag as die kulminasie van sy vêrsig en tot beskaming van dié wat daarvan afgewyk het!
Dr. Verwoerd aan die woord.
En nou, meneer die Speaker, wil ek 'n laaste punt behandel. Hierdie beskou ek as 'n baie ernstige saak, nie net 'n ernstige saak vir ons blankes in Suid-Afrika nie, maar vir ons blankes in die hele Afrika en vir ons blankes eintlik oor die hele wêreld. Daar word soveel aandag aan die rol van die swartman en van die gekleurde volke van Asie en Afrika geskenk, dat dit my lyk dat die tyd ryp is dat iemand anders lig laat val op 'n ander sy, nl. die rol van die witman; en die gevaar vir hom sowel as vir die nie-blanke as die blanke daardie rol en die heerskappy van die witman, waar hy daartoe geregtig is, abdikeer.
Daarom wil ek vandag hier baie duidelik standpunt inneem. Ek sal bly wees as agb. lede dit nou nie ligsinnig behandel nie. Ek wil nie hiermee politiseer nie. Ek wil hier intree in 'n saak van die uiterste belang in die wêreldpolitiek. Mag ek net sê dat ek nie van plan is om, soos al by my aangedring is ek moet doen, die heer Macmillan se toespraak te ontleed en te bespreek nie. Ek besef dat 'n mens dit krities sou kan doen. Dit is trouens al gedoen in die openbare pers en o.m. ook op 'n baie sagmoedige en goedhartige wyse deur my kollega, die agb. Minister van Buitelandse Sake.
Hy het volkome regmatiglik op verskillende aspekte gewys, in uiters gematigde taal. Ek voel my dus nie genoodsaak om hierdie toespraak te behandel nie, maar ek noem dit net omdat wat ek te sê het, tog gesien sal word teen die agtergrond van 'n breë uitkyk wat hier geblyk het uit daardie toespraak vloei. Vooraf wil ek asseblief vra dat nie afgelei moet word dat ons nie die swartman sy regte of sy state gun, of dat ons die swart massas nie hul vryhede in hul state gun nie. Inteendeel, dit is juis ons beleid dat ons dit hulle wel gun en wel so (in eie state) gun.
Ek voel dat die rol van die witman in die wêreld nie genoegsaam aandag kry nie. Dit is asof daar nou 'n wereldpsigose ontstaan om net te dink aan die regte en vryhede en die voorregte van die nieblankes, terwyl in die werklikheid die witman vir alles wat die swartman het — aan ideale, aan ambisies en aan kanse — verantwoordelik is. Daarom dink ek dat dit noodsaaklik is dat ons beklemtoon dat wanneer jy met meriete te doen het, jy nie net met die meriete van persone, van individue, te doen het nie, maar soms ook met die meriete van volke, gemeenskappe en nasiegroepe. Daaroor sal ek nog iets te sê hê" Laat ons net eers kyk na die posisie van die witman in die wêreld vandag. Vergeet die rol wat hy gespeel het in die afgelope honderde jare.
In die wêreld van vandag, Ín die atoomeeu wat ons deurmaak, wie is verantwoordelik vir die ontwikkelings en uitvindings, die ontdekkings en die toepassing daarvan op velerlei gebied? Hoeveel, proporsioneel tot hul getalle, kom uit díe nie-blanke nasies? Hoeveel kom, op homself geneem, uit die nie-blanke nasies van Asiê' of Afrika of waar ook al? Is dit nïe vandag nog die blanke man wat deur sy inisiatief, deur sy denkkrag, deur sy organisasie, deur sy state wat ontwikkel het, deur sy ekonomiese krag — is dit niehy wat nie net in die hoogste mate die leíding gee nie, maar feitlik alles skep wat vandag vir dïe beskawing aanwendbaar is nie? Is dit nie so dat die nie-blanke volke Ín hoofsaak navolgend ïs nie, dat hulle agterna kom en gebruik maak, maar nie skep nie? Daarom sê ek dat in die wêreld van vandag die rol van die blanke man, al is sy getalle veel minder as die nie-blankes s'n, van ontsettende groot belang is. Hy is inderdaad die leier en die skepper.
As ons gaan na Afrika dan sou 'n mens dink dat waar swart nasionalisme in Afrika 'n sekere rol opeis, sekere regte opeis cn sekere eise stel — eise van selfstandigheid — sou 'n mens dink dat waar die Westerse nasies dit moreel en praktïes steun, daardie mense in staat moes wees om te neem en op hul eie te onderhou clit wat hulle begeer. Hulle sou met ander woorde ten volle in staat moet wees, as hulle die onafhanklikheid en die vryheid wil hê, om die staat te bestuur en te sorg vir die ekonomiese opbou van hul lande. Maar is hulle? Wat is die ware feite? Die ware feite is nog dat dit 'n illusie is dat hulle die selfstandigheid wat hulle nou verkry, hanteer, en dat hulle geheel en al verantwoordelik is vir wat in hul state gebeur. Neem die witman weg uit byna elkeen van die state wat tot stand kom, neem weg die amptenaar, neem weg die entrepreneur uit daardie gebiede --- en wat bly van daardie state oor? Kan die swartes so 'n staat self regeer en kan hulle hulself ekonomies handhaaf ? Hulle kan nie.
Met ander woorde, die rol van die blanke in die sógenaamde onafhanklike state van Afrika is van eersterangse en deurslaggewende belang. Die swart leiers erken dit openlïk. Moenie dus die psigose van die blanke te misken en die swartman alleen raak te sien u laat beetpak nie. Moenie dat iemand hom die psigose laat beetpak dat die blanke in Afrika somaar opsy geskuif kan word by die oorweging van wat die wêreldbeeld vereis nie.
Nou stel ek die vraag: Kan die Westerse nasies wat wit is, vir die Weste hierdie swart state wen deur alles so aan te bied — hul persoon, hul aansien, hul gesag, hul advies, hul geld? Kan hulle daardeur die sogenaamde ongekommitteerde lande aan die kant van die Westerse nasies skaar teen die Kommunïste of teen die Oosterse lande? Die mededinging bly daar vanuit die Ooste; die mededinging vanuit die Kommunisme bly daar. Dit Ís nou net 'n ewige bieëry: elkeen probeer meer aanbied as die ander, meer vernedering van homself deur homself te minag; meer prysgawe van gesag; meer geld; meer dienste. In daardie bïeëry tussen díe Westerse nasies en die Ooste of die Kommunisme, wat in toenemende mate gaan kom soos iedereen kan sien wat sy oë wil oopmaak, word 'n gesindheid gekweek in Afrika om te
staan, net vir 'n oomblik, by die een wat dan die meeste bied, of omvan alkante te vat alles wat sulke Afrikastate kan kry, altyd meereisend te wrord, altyd meer te vra, en altyd op die draad te sit en op die ou end daaroor te spog dat hulle neutraal is. In hierdíe stryd wat so onder ons aandag is, tussen die Weste en die Ooste, is die Westerse nasies blykbaar bereid om ons blankes in Afrika almal te los —- om hul doel te bereik. Dié doel is om die sogenaamde ongekommitteerde volke aan hul kant te kry.
Ek stel die vraag: Sal die Westerse nasies dit regkry in hierdie vendusie om steun? Ek beweer dat hulle steun nie so sal kry nie. Ek beweer dat wat hier aan die gang is 'n proses
is wat in die Britse wêreld baie goed bekend is onder die begrip van ,,appeasement" — konsiliasie.
Hoe het dit gekom dat daar 'n sekere begrip is wat in dÍe Britse wêreld baie bekend geraak het as ,,appeasement"? Dit kan as ,,konsiliasie" vertaal word by gebrek aan 'n woord met al dïe betekenisnuanses wat die Engelse woord het. As 'n mens terugdink aan die omslandighede waarin hierdie woord betekenis gekry het, dan is bekend dat die Britse volk nog met groot teensin dink aan die tyd toe hul Eerste Minister na 'n Duitse leier gegaan het voor die begin van die vorige Wêreldoorlog, om vredc en rus te probeer verkry deur goedgesindheid te soek deur die toegee aan eise, selfs eise wat nie gevoel is as moreel of geregtig nie. Die eise het immers o.m. beteken die prysgee van 'nklein landsdeel van Europa, wat moreel nie reg sou wees nie, maar bescf is as 'n in die steek laat van eintlike vriende. Dit word besef dat die poging om daarmee simpatie en steun te wen om vrede te verkry nie alleen nie geslaag het nie, maar die voorloper was van groter eise, en op dïe ou end die begin van groot gevare wat die wêreJd daarna geteister het en waaraan hy tot vandag toe, en nog vir lange jare Ín die verskïet, hom nie kan, of sal kan ontworstel nie. Dit is agterna gevoel dat so 'n konsiliasie-beleid nie verstandig is nie en nie lonend is nie. Nou wil ek dit toepas op Afrika, en sê waarom wat hier gebeur my daaraan
laat dink. Wat hier gebeur, is dat die Westerse nasies na die swart bevolkings kom met oop hande om alles aan te bied wat hulle maar ' begeer, en elke keer meer toegee, tot selfs dïe aansien van die blanke, die heerskappy van die blanke, en op die ou end: die staat van die blanke.
Dit is die nuwe rigting. Dit is die prys wat hulle gereed is om te betaal vir wat hulle verwag vrede en wêreldrus sal beteken, maar wat ek beweer nie daarheen sal lei nie, soos ek nog sal probeer verduidelik. Dit is „appeasement" met die blanke van Afrika as die offer, maar die gevolg sal net groter gevaar wees. Daarom sê ek, ek wil graag hê dat Brittanje, die Verenigde State en ook die ander Westerse nasies tog daaraan moet dink, en weer moet dink, dat hulle die enigste stabiele vriend wat hulle het, nl. die blankedom in Afrika, verloor as hy deur die swart massas van Afrika opgesluk word, en daarvoor sal hulle nie beloon word met wat hulle hoop om alles te verkry nie, nl. die dankbaarheid, die bondgenootskap en die ekonomiese bevoorregting van al die Afrika-state.
Nou kan gevra word: Wat sê die witman van Afrika gaan die gevolg wees van al hierdie mededinging met geskenke en al hierdie oorhaastige vrymaking? Wat sê ons daarvan? Ek wil 'n paar antwoorde gee.
Die eerste is dat daar nie vreedsame, saamwerkende, eenwordende, voorspoedige gemeenskappe gou tot stand sal kom, wat die weldoeners hoop sal gcbeur en wat hulle meen hulle sal vergoed met ryke voordele nie. Ek glo daar sal eerder chaos kom van botsende state in Afrika, gebore uit die botsende ambisies. Ek sien in die toekoms wel baie state in Afrika, maar die idee wat sommige het van 'n Afrika-eenheid, is aan die vervaag. Ek sien wel kleiner groeperinge wat steun gee, dan aan die een kant en dan aan die ander kant, sommige aan die Weste en sommige aan die Kommuniste of die Ooste, maar ek sien nie hier een groot vreedsame ontwikkeling as gevolg van die metode wat nou gevolg word nie, in teenstelling met die metode wat ons volg, en hulle graag sou wil sien volg. Ek sien, minstens vereers, alleen die chaos van botsende state, soos vroeër in Europa.
Tweedens sien die witman hier in Afrika dus nie vrede en sekerheid deur bevredigende nasionalisme wat aansluit by die Weste nie, maar hy sien alleen die ontstaan van nasionale eiebelang by elkeen, soos natuurlik is by eIke nasie. Hy sien die ontstaan van eiebelange wat sal swenk, dan na die een kant, dan na die ander. Vir daardie stryd tussen Weste en Ooste, waarteen die Westerse nasies probeer voorbrand maak, sal hierdie eiebelang allergies wees.
Derdens sien ek nie 'n vermindering van die wêreldonrus nie. Die witman in Afrika sien nie deur wat nou hier gebeur 'n vermindering in die wêreldonrus kom nie. Om dit so te verduidelik: ons sien eerder 'n V.V. wat totaal ontwrig gaan word deur die nuwe aankomelinge, wat mense is sonder veel ervaring van staatsbestuur, of van inter-
nasionale probleme op te los en van 'n ewewig tussen volke en uitkyke te probeer soek. Die nuwe aankomelinge sal selfs kan aanleiding gee tot so 'n toestand van verwarring of onsekerheid of botsings dat die Westerse nasies op die ou end uit moedeloosheid hulle miskien gedwing mag voel om hulle te onttrek. Dan sal die V.V. natuurlikerwys ineenstort want die draers van die V.V. is juis hierdie nasies wat gaandeweg verreweg die minderheid van die stemme daar sal hê. As hulle hulle moet onttrek om weer 'ln nuwe begin te maak in die hoop om die wereld te herlei na eenheid en na vrede, dan sal
hul taak nie vergemaklik wees deur wat nou in Afrika en in die wereld gebeur nie. Die wereldonrus word nie deur al die vrygewigheid gedemp nie. Dit word daardeur verhoog.
Vierdens: ek sien nie, en ek dink nie die gemiddelde witman van Afrika sien, in wat nou gebeur 'n middel om die swart massas van oorheersing te red nie. Wat ons sien ontstaan, is swart diktature. Die swart massas wat nie swaar gebuig het onder blanke demokratiese
heerskappy nie, of onder versigtige blanke leiding nie, sal miskien in die toekoms swaarder kry, minder verkry, onder die diktature wat mag ontwikkel. Hulle het baie voordele geniet onder die beskawende en kerstenende invloed van die blankes. Laat ek dit ook baie duidelik byvoeg in hierdie verband: die politieke nasionalisme wat oor Afrika sweef, het nie deurgedring tot die swart massas van Afrika nie. Dit is nog nie daardie massas wat in die politiek belang stel nie. Daardie massas stel nie in ideologieë belang nie. Dit is betreklike enkelinge wat gebruik maak van die massas en wat na bo geklim het. Die Westerse nasies, eintHk vanwee hul mededinging met die Kommunisme, het onder die verkeerde indruk van 'n massa-nasionalisme tot oorhaastige onderhandelinge oorgegaan om daardie minderhede heerskappyj te gee, in plaas van met geduld ware vryheid aan Afrika te bring.
Dan wil ek vyfdens se: Ek_sien_nie dat wat nou gebeur, die versterking van die_Christendom tot gevolg sal hê nie, al is dit so dat heelparty kerke hulself opgestel het as voorvegters van hierdie skyn liberalistiese gedagtegange. Ek sien in wat gebeur eerder 'n verhoogde kans tot die terugval na die heidendom, of vir 'n versterking. van die Mohammedanisme teen die Christendom. Hoe Iê daarin veiligheid vir die Westerse nasies, vir die blanke man, of vir die wereld? Is_almal nie besig om te verloor in plaas van te wen, deur wat hulle nou besig is om te doen nie? Die teenoorgestelde van die oogmerke wat hulle het, is hier besig om te ontplooi.
Sesdens sien die witman hier 'n abdikasie van die wit voognasies, 'n in die steek laat van die blankes in Afrika, en veral van die beleid wat hulle tot nog toe gevolg het. Daardeur was hulle honderde jare lank in staat om alles te handhaaf wat opgebou is, alles te verbeter wat hulle besit het en alles in diens te stel wat hulle gebring het vir die bevoorregting en ook die voordele van die swart nasies. Nou kan aan my gevra word: Wat stel die witman in Afrika dan voor? My antwoord is; Ons stel voor die beginsels van ons eie metodes tot nogtoe. Ons stel voor geen vermenging êrens nie — nie op politieke terrein vermenging nie, nog op enige ander lewensterrein verdwyning van die blanke in die swart massas nie. Nie menslike vermenging nie, nie politieke vermenging nie, maar 'n permanente naasbestaan, moet die mikpunt wees.
Waar gepas, soos in die Unie, moet die witmanstaat tot stand kom of bly voortbestaan sodat daarvan uit die vaste invloed sal gaan vir 'n geleidelike ontwikkeling van die buurstaat wat swart_is.
Eerstens aanvaar 'n mens dus dat buurstate wat swart is, moet kom, maar die
"permanente naasbestaan van die witman en sy staat, waar dit pas, soos ons hier aan die suidepunt van Afrika probeer deurvoer volgens ons beleid, is noodsaakjjk.
Tweedens stel ons voor dat die ontwikkeling van die swart buurman, van die swart man op sy pad na nasieskap, van onder af opwaarts moet plaasvind, en wel geleidelik volgens die
pas waartoe hy in staat is. 'Dit moenie, soos nou gebeur in die ander lande, van bo na onder plaasvind nie, maar soos waar die Unie voog is, van onder na bo. 'n Mens moet die massas eers ryp maak vir hulle aandeelname aan bestuur; politiek, kultureel en ekonomies.
Dit is wat ons probeer doen in die Bantoetuistes. Ons probeer die massas ryp maak vir steeds meer verantwoordelikheid op elke lewensterrein, en wanneer die tyd kom dat hulle volJe vrymaking bereik, is dit 'n demokraties-georganiseerde en ervare volksmassa wat daarby kom, en nie net 'n leiergroep nie. Daarom sien die witman van Afrika die ont-
wikkeling van sy swart buurman as iets wat hy van onder af na bo moet lei, en nie net bo moet gee nie, terwyl die wat onder is onbekwaam is vir die nuwe bedeling. Dit kan tot verdrukking en 'n diktatuur lei.
Derdens: wanneer die swart staat werklik selfstandig gebou is op sy massas en langs die wit demokratiese staat sal en kan staan, dan moet daar paslike verbande geskep word. Ek het een moontlike metode genoem toe ek gepraat het van 'n Statebondsverhand in die Suid-Afrika van die toekoms. Daar kan inderdaad in Afrika tussen meer state, soos ons hier aan die suidepunt beoog, 'n Statebondsverhand ontstaan tussen buurman en buurman, die een wit en die ander swart, waar nie een baas speel oor die ander nie. Daarin lê hoop op vrede, en geen gevaar van opslukking of verdwyning van die witman nie. Deur ekonomiese verbande kan permanente gemeenskaplike belange opgebou word, mits van die begin af die volksgroepc stelselmatig dog nie op een slag, vrygemaak word nie — geleidelik soos hulle daarvoor ryp word. Basies glo ons nie aan konsiliasie of ,,appeasement" of lokkery deur geskenke nie. Ons glo aan opleiding deur, en tot, selfhulp op elke terrein, sodat waarlik selfstandige groepe en state ontstaan, en nie net skyn-onafhanklike state nie. Die selfstandigheid van enige staat hang daarvan af of sy hele burgery ryp is, en nie of net enkelinge ryp is nie.
Die witman van Afrika laat hom nie vertel dat getalle alleen tel nie. Moet die meer bekwame ras, volk of nasie dan doodgestem word net omdat hy in die minderheid is? Die lot van die blanke rasse in die wêreld wat bereid is om namens ons, blankeskap te abdikeer en oorgee, sal die kleurstroom nie netvir ons oorweldig nie,maar ook uiteindelik hulle lande bereik in die jare wat voorlê en uiteindeelik hulle ook oorweldig>