1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037159

Besoekers aanlyn

Ons het 45 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

ONS PARLEMENTÊRE KAKKERLAK INFEKSTASIE

Klaas WaarseggerSatire van ons Parlementêre Korrespondent in Kaapstad

“BREAKING NEWS(gebreekte nuus)

Dit is welbekend dat ‘n kakkerlak ‘n atoomontploffing (Zondu Verslag) kan oorleef.  Só is dit in ons Parlement. Die menslike spesie het ‘n beskermingsmeganisme vervolmaak, genaamd herontplooiing, of te wel kaderontplooiing. As die habitat in die Parlement te giftig geraak het, word die kameraad huis toe gestuur waar hy in vrede en veiligheid kan gedy teen volle betaling en in weelde kan leef.

 

Drie soorte Parlementêre kakkerlakke is geidentifiseer, naamlik die witte, die bruine en die swarte.  Al drie soorte is jiggie, wat gevaarlike kopsiektes ronddra en ‘n walglike reuk afgee.  Politieke ontleders voorspel dat die goue eeu van kakkerlakke nog lank nie verby is nie.  Hulle floreer in ‘n rioolsloot omgewing en vreet enige ding.  Die Staatskas is hul geliefkoosde eetplek.  Veral die Nkandla tipe kan jy nie met ‘n piksteel daar weghou nie.  Covid skenkings uit die buiteland sorg ook vir ‘n heerlike nagereg.

Vir insekte, sorg kakkerlakke baie goed vir hul eie gebroedsel.  Met moederliefde word die kleintjies geabba tot hulle volgroei is, en self kan wegkruip in die spleute van die Parlement. 

Nou het daar in die Volksmond ‘n kentering gekom wat lui:

Kokkerot van die krot

Is teenwoordig by alles wat vrot

Ons verag jou soos ‘n rot

Duidelik word die Parlementêre tipe as smerige uitvaagsels beskou onder die bevolking.

Opmerklik by hierdie plat insekte is die kop versteek onder sy pronotum biologies gesroke.  Die stinkkiere is in die onderlyf versteek om alle predatore af te skrik.  Beskaafde mense wil hulle nie aanraak met die spreekwoordelike besemstok nie.  Let op die eksoskelet wat hulle panser teen die menslike impuls om op hulle te trap.  My raad is om hulle nie in jou huis toe te laat, en ook nie vir hulle te stem nie.

KLAAS NAARPRATER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie