In 'n CBN nuusberig waarin die Britse eerste Minister, Boris Johnson 'n verklaring uitgereik het, verklaar hy dat werknemers mag teruggaan kantoor toe en hoef nie meer van die huis af te werk nie. Verder sê hy dat gesigsmaskers nie meer verpligtend is nie. Hy verklaar ook dat die regering die Britse Burgers vertrou om self verantwoordelik op te tree indien hulle met mense in aanraking gekom het wat siek is. Sertifikate is ook nie meer verpligtend nie.
Waarom sou die Britte die eerste land wil wees om offisieel afstand te doen van die beperkende maatreëls wat aanvanklik so noodsaaklik was vir die voorkoming van verspreiding van die "virus"?
Kan dit dalk wees omdat drastiese maatreëls die enigste wyse is om die Eerste Minister se onvergeeflike blabs in die oë van sy party, sy opposisie en gewone kieserpubliek te probeer herstel? Met verwysing na sy danspetalje saam met 'n swart vrou terwyl hy skynbaar beskonke was met 'n glas in elke hand. Nietemin het sy aankondigings groot byval gevind en was dit volgens my mening 'n weerspieëling van die man op straat se oordeel van die "pandemie" en die "virus" waaroor daar meer vrae as antwoorde bestaan.
Die toenemende sterftes en siekte toestande na dubbel ge-ente gesonde mense gehospitaliseer moet word, is sekerlik ook 'n sterk oorweging vir hierdie toegewings. Die golf van ondersteuning vir Neurenberg optrede teen almal wat betrokke is by hierdie eksperimentele (gelees doelbewuste) mensemoord en dan nog die ongelooflike inkomste wat daaruit verdien word, is Neurenberg sekerlik geregverdig!
Brittanje het begin om die Oekraïne van nuwe ligte tenkwapens te voorsien in reaksie op “die toenemend dreigende gedrag van Rusland”, het die verdedigingsekretaris, Ben Wallace, aangekondig. Om die Britte se ondersteuning te kry vir wat die moontlikheid van 'n derde wêreldoorlog beliggaam, vereis natuurlik ook 'n wedersydse vertrouensverhouding tussen staat en onderdaan!
Die invloed wat Johnson se verklaring op Suid Afrika se regime kan hê, sal egter nog gesien moet word. Die "pandemie" en al die maatreëls wat daarmee saamgegaan het, het Ramaphosa soos 'n handskoen gepas. Hy het beheer kon hou onder die voorwendsel van: "in belang van die burgery se gesondheid" en vrees vir infeksie deur manipulasie van syfers!
Dit is egter onvermydelik dat daar lande gaan wees wat Brittanje se voorbeeld gaan volg. Dit kan 'n kettingreaksie tot gevolg hê wat mense wêreldwyd teen hardnekkige regerings in opstand sal laat kom. Vir die Nuwe Wêreld Orde se poging om alle regerings se samewerking vir totale beheer oor die mensdom te vestig, kan dit 'n ernstige terugslag beteken. Indien die dryf na Neurenbergverhore slaag, kan dit die einde van hierdie politieke sameswering tot gevolg hê, wat ons Afrikanervolk ook nader aan ons vryheid en beheer oor ons land weer moontlik maak.