1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037194

Besoekers aanlyn

Ons het 46 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

INTERNASIONALE SPANNING SKEP DIE KLIMAAT VIR DERDE KONVENSIONELE WÊRELDOORLOG

Gesprek in Geneve tussen Navo Rusland en VSA

Die samesprekings tussen Amerika en Navo aan die een kant en Rusland aan die anderkant wat sedert Maandag plaasgevind het,blyk nie veel vrug te lewer nie. Dit is duidelik dat die sekretaris van Navo, Generaal Jens Stoltenberg in samewerking met Kamilla Harris van die VSA, baie selektief met die waarheid omgaan in hulle uitsprake oor Putin en Rusland se "bedreiging" van die vrede in die Europese vasteland.

Onder die voorwendsel van die beskerming deur Navo van hulle lidlande teen bedreiging, word troepe en toerusting na hierdie lande ingevoer wat hulle tot binne die bereik van Moskou en Rusland se millitêre opslagplekke plaas, wat Rusland op sy beurt as 'n bedreiging van sy veiligheid beskou.

Die Russe het dus nou onwrikbaar standpunt ingeneem dat die beweging van sy millitêre magte en toerusting binne sy grense, niks met niemand te maak het nie, maar dat Amerikaanse magte en toerusting, wat duisende kilometer van hulle eie land af naby Rusland se grense ontplooi word, moet staak en onttrek word.

Dat die magte wat nou teenoor mekaar in slagorde ogestel word oor kernwapens beskik, wat afhangend van waar hulle toerusting ontplooi is, hulle teikens binne 4minute kan bereik en uitwis. Dit gee min tyd vir die opposisie om betyds teenmaatreëls te tref om só 'n aanslag af te weer.

'n Handjievol manne sit dus vanaf Maandag om tafels en bespreek die vernietiging al dan nie, van waarskynlik miljoene menselewens en onberekenbare skade aan eiendom en toerusting wat oor jare opgebou is. Dit is dus begrypbaar dat uiterste selfbeheersing en verantwoordelike besinning noodsaaklik is om 'n vonk in die kruitvat te verhoed.

Nietemin is dit 'n toestand wat in 'n oomblik kan ontaard en min mense op aarde ongeraak sal bly. Dit sal waarskynlik ook vir die Afrikanervolk die wel aangewese omstandigheid wees waar ons ons land sal kan terugneem en ons dus daarvoor gereed moet wees. Bly dus maar op u knieë en bid vir krag, moed maar veral vir insig en leiding van ons hemelse Vader in die tyd wat vir ons voorlê.

Die AVP voorspel nie dat daar wel oorlog sal wees nie, maar dat die potensiaal daarvoor sonder twyfel bestaan en dat daar magte is wat soos by wêreldoorlog een en twee, graag oorlog sal wil sien.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie