1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6867359

Besoekers aanlyn

Ons het 8 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

BESKERMING IN SUID AFRIKA WORD DIE INDIVIDU SE EIE VERANTWOORDELIKHEID

Beskerm jouself teen misdaadVolgens die syfers wat deur Psira, Privaat Sekuriteitsbedryf Reguleringsowerheid en die SAPD vrygestel is, is dit duidelik dat die getal geregistreerde sekuriteitsbeamptes se verhouding tot die bevolking 1:106 is terwyl die aantal polisielede1:413 is.

Met meer as 11 370 geregistreerde sekuriteitsondernemings word die polisiemag verdwerg met die SAPD se geregistreede werknemers wat op 37,840 lede staan terwyl daar nagenoeg 2.4 miljoen geregistreede sekuriteitsbeamptes is met amper een miljoen daarvan in Gauteng alleen.

Dié ongebalanseerde toestand in Suid Afrika dui op 'n paar negatiewe scenarios. Eerstens die onbeheersde misdaad in die land en tweedens die polisie se onvermoë om die landsburgers se veiligheid te verseker. Daarbenewens veroorsaak die arrogante en selektiewe ingesteldheid van SAPD lede dat die burgerry verkies om van die privaat sekuriteitsdienste gebruik te maak eerder as van die polisie.

Om die wanbalans te probeer regstel, word daar eerder na reguleringsmaatreëls en wetgewing gekyk wat die privaatsektor se optrede aan bande lê as om 'n behoorlike en effektiewe polisiemag tot stand te bring.Selfverdediging en selfbeskerming van eiendom en lewe word steeds 'n groter verantwoordelikheid van die individu!

’n Groeiende aantal mense wend hulle tot private beskermingsdienste en lyfwagte oor ’n vermeende toename in geweldsmisdaad in Suid-Afrika – insluitend ontvoerings.

Pierre Gildenhuys, hoof van forensiese ondersoeke by D&K Management Consultants, het aan die radiostasie CapeTalk gesê dit is nie net beperk tot ryk Suid-Afrikaners nie, met 'n toename in sekuriteitsdienste-navrae wat oor alle inkomstegroepe gesien word.

“Ons sien elke dag 'n toename in geweldsmisdade en ontvoerings wat plaasvind. Georganiseerde misdaadsindikate teiken wel meer ryk mense, maar daar vind baie ontvoerings in landelike gebiede en townships plaas vir ('n losprys) van so min as R2 000 – R5 000,” het hy gesê.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie