1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6692764

Besoekers aanlyn

Ons het 45 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DR VERWOERD WREED VERMOOR - 55 JAAR VAN VERRAAD

“Moenie wees soos die hond wat met 'n groot stuk vleis in sy bek oor 'n brug oor 'n helder rivier geloop het, en in die rivier sy eie beeld gesien het en toe so lus gekry het vir die ‘vleis’ in daardie ‘hond’ se bek dat hy na die beeld gehap het nie. Toe val sy eie stuk vleis in die rivier. En hy het niks nie! (Dr.H.F.Verwoerd 1963)

Dr Verwoerd 1Dit is vandag presies 55 jaar gelede dat Dr. H.F.Verwoerd, eertydse Eerste minister van die vooruitstrewende blanke Republiek van Suid-Afrika, tydens ‘n wreedaardige sluipmoord in die Volksraad met ‘n dolk dood gesteek is. Dit was ook ‘n dolksteek in vryheid van die Afrikanervolk. Dit het uitgeloop op die stelselmatige en veraadelike prysgawe van ons vryheid as ‘n trotse en onafhanklike volk wat met prysenswaardigheid oor homself regeer het in sy eie vaderland. Vandag bevind die Afrikanervolk hom in die grootste krisis van sy geskiedenis en bestaan en veg ons in ‘n oorlog sonder koeëls om oorlewing.

Die gevolge van die lafhartige oorgawe van ons vaderland aan ‘n kommunistiese bende terroriste, deur F.W.de Klerk en sy geesgenote in 1994, het nie alleen die Afrikanervolk in ‘n krisis gedompel nie maar ook gelei tot die verval van wet en orde en die in duie stort van hierdie eens voortuitstrewende eerste wêreld staat soos wat dit in 1966 gegeld het. Dit het ook armoede en ellende tot gevolg gehad vir die miljoene swart mense in die land wat in 1966 nog elk in hulle eie gebiede voorspoed en vrede beleef het onder die beleid van afsonderlike ontwikkeling. Elkeen van die swart volke was op ‘n seker pad na trotse onafhanklikheid gestuur onder die tydelike voogdyskap van die blanke regering. Hiervolgens sou elkeen van hulle uiteindelik volle vryheid geniet het in hulle onderskeie vaderlande.

Op 1 Januarie 1963 het Dr. Verwoerd die swart volke gewaarsku oor die negatiewe gevolge wat daarop sou volg indien hulle, hulle sou laat mislei deur agitators wat nie hulle beste belange op die hart dra nie. Hy het hulle gewys op die les van Afrika waar skielike onafhanklikheid in die voorafgaande dekade gelei het tot grootskaalse armoede, wreedheid, dikatorskap en verval. Hierdie profetiese waarkuwings van Dr. Verwoerd het op die dowe ore van sowel die blanke as swart bevolkings in die land geval. Die gevolge van die verval in Suid-Afrika is vandag duidelik om ons sigbaar.

Dr.Verwoerd se wysheid en insig word verhelder in diè donker tyd waarin die land hom bevind en stel ‘n wekroep aan alle volke en etniese groepe in die land om te besin rondom die besef dat daar slegs vrede, voorspoed en ware demokrasie kan wees as elke volk hier aan die suidpunt van Afrika oor homself regeer.

 

Hier volg die nuwejaarsboodskap van dr. H.F.Verwoerd op Radio Bantoe op 1 Januarie 1963:

Die gebeurtenisse in die wêreld en in Afrika leer lesse aan ons almal - ook aan die Bantoe van Suid-Afrika.

Toe nuwe state een na die ander ontstaan onder swart leiers, was dit toegejuig as die groot vryheid wat alle probleme sou oplos. Vir die gewone mens is dit egter die belangrikste dat hy werk en geld en daardeur 'n huis, kos en klere en sekere van die geriewe van die lewe, verkry. Hy het nie belang by 'n nuwe staat en stemreg as dit net van 'n paar van sy volksgenote leiers maak en aan hulle groot huise en motorkarre gee nie. Die belang van al die gewone mense is dat daardie leiers beter en ryker lewenskanse vir hulle mense moet besorg as die vorige regerings gedoen het. Die eerste les is ongelukkig dat dit nerens gebeur het nie.

In sommige nuwe state het soveel moeilikheid ontstaan dat baie werk verdwyn het en dat daar boonop gedurige bloedvergieting en stryd was, meestal van die swart mense onder mekaar. In ander state het die inkomste en werkkanse verminder, al was daar nie chaos of burgeroorlog nie, en moet die regerings gedurig presente of lenings van ander nasies, meestal blankes, bedel om te kan bestaan. Hulle praat wel groot - veral by die VVO. - maar is inderdaad totaal afhanklik van ander!

Hoe lank sal die presente aanhou? En as hulle ophou, ly die gewone mense nog swaarder weens werkloosheid en gevolglike gebrek. Die tweede les is dus dat dit goed is om op jou eie bene te staan, maar dan moet hulle eers sterk genoeg word. Die kind kan nie sommer onafhanklik word van die vader nie. Hy groei stadig onder laasgenoemde se sorg, en moet geleidelik selfstandig word - nie sommer meteens nie, anders volg swakheid soos by die nuwe state.

Verder is dit duidelik dat die leiers van die nuwe state Suid-Afrika aanval omdat hulle jaloers is op Suid-Afrika, onder meer omdat die Bantoe hier meer verdien en in beter huise woon en verder leer as by hulle. Hulle wil hul eie mense wat baie swaarkry dit alles nie laat raaksien en met hul regerings se tekortkomings vergelyk nie, en vertel hulle dus dat die Bantoe in Suid-Afrika onderdruk word! Nogtans probeer die uit hul lande om na Suid-Afrika te kom om hier te werk omdat hulle hier meer kan verdien en lekkerder leef as in hul eie lande. Die regering van die Republiek van Suid-Afrika moet selfs met wette en ander middels die werk, veral in die stede, beskerm en behou vir sy eie Bantoe wat immers die eerste reg daarop het.

Die les hieruit is dat die Bantoe in Suid-Afrika baie voordele het wat die ander mense graag wil hê en dat hy hom nie daarvan moet laat beroof deur die agitators wat net dink aan hoe hulle self baas kan speel oor hul volksgenote en self goed sal leef nie. Wat belangrik is, is die lewenstoestande van die meeste mense en nie van hierdie klein groepie nie. Die huidige regering en werkgewers in die Republiek van Suid-Afrika is besig om lone, werkstoestande, behuising, opvoeding en gesondheidsdienste nog altyd te verbeter.

So kan baie vergelykings gemaak word tussen Suid-Afrika en wat elders gebeur. Hierdie paar is egter genoeg om die Bantoe van Suid-Afrika te laat besef waarom ek aan hulle met die Nuwejaar juis die volgende boodskap stuur. Die boodskap is: Moenie wat jy het wat goed is, laat verlore gaan om meer te kry soos jy mag dink nie. Jy kan later uitvind dat jy skimme van "vryheid" of groter werk nagejaag het en daarmee die werklikheid (alles wat jy nou het) prysgegee het.

Moenie wees soos die hond wat met 'n groot stuk vleis in sy bek oor 'n brug oor 'n helder rivier geloop het, en in die rivier sy eie beeld gesien het en toe so lus gekry het vir die "vleis" in daardie "hond" se bek dat hy na die beeld gehap het nie. Toe val sy eie stuk vleis in die rivier. En hy het niks nie! Vir die Bantoe in Suid-Afrika word steeds meer kanse geskep - nie net vir werk en onderwys nie, maar ook vir sy regering deur homself in sy eie gebiede soos in die Transkei gesien kan word. Die regering en die wit man gun hom dit. Al die moeilikhede wat bestaan sal geleidelik verdwyn. Tyd is egter nodig vir groei soos reeds gesê.

Mag die nuwe jaar die Bantoe en die blanke albei verder voer op die pad wat hulle nou in Suid-Afrika loop, naamlik waar elkeen sy eie tuiste sal hê en hulle vir mekaar goeie bure sal wees wat nie mekaar se goed begeer nie, maar mekaar help met werk en op ander maniere sodat albei gelukkig en voorspoedig sal wees.

(Bron: Verwoerd aan die woord II. Die laaste vier jaar – Protea Boekhuis 2018)

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie