1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6693118

Besoekers aanlyn

Ons het 44 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

FLIP BUYS SE EIERDANS RONDOM ERKENNING VAN HULLE VERROTTE POLITIEKE IDEOLOGIEË

Flip Buys 2'n Ideologie is volgens die Engelse woordeboek "Fancifull speculation"! Sy saampraat, napraat en kafpraat agter F.W. de Klerk aan het egter nou 'n klemverskuiwing ondergaan. Sy Rip van Winkelvertoning mislei egter niemand in Suid Afrika meer nie, al dink hy in sy verstommende, indien nie verbysterende eenvoudigheid dat Afrikkaners te dom is om vir hulleself te dink nie.

Buys, Afrforum se leierskorps en die F.W. Stigting se bestuurkarakters se verbeeldingsvlugte van magsdeling, demokrasie, verandering tot by utopia in 'n veelvolkige Suid Afrika lê in skerwe voor hulle voete en in hulle struikeling daaroor, is daar na 27 jaar 'n vae gewaarwording by hulle dat daar iewers 'n foutjie is.

Laat ons net jou spoor vat voordat jou "nuwe insigte" oor Suid Afrika weer mense mislei soos die goedgelowige Afrikaners wie se ledegeld jou aan die lewe hou!

From: “fbuys” <Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.>

To: <Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.>

Subject: Oom Jaap niksdoen

Date: Thu, 13 Mar 1997   04:04:42   +0200

Oom Jaap,

Jaap MaraisJy is so kwistig met die lasterkwas besig teen byna elke mede-Afrikaner wat bestaan, maar jy het selfs niks gedoen om te keer dat die ANC aan bewind kom nie. Jy skinder, skimp en maak alle Afrikanerleiers verdag, net soos die bekende Kommunistiese strategie.

Dis nie ‘n wonder dat daar nou ook smeerpamlette teen oom versprei word nie.   Ek verag mense wat in hierdie moeilike tye ons volk nog meer verwar en moedeloos probeer maak met leuens en verdagmakery, soos sulke smeerpamlette en soos “Die Afrikaner”. Dis sekerlik die grootste beswaddering van die Afrikaner se naam om u koerantjie so te noem. Kry oom nie skaam nie? Mens kon hom vroeer jare nog lees toe ZB, oom Louis Stofberg en Henk vd Graaff nog daar gewees het.

Om nie met mense soos Dr Hartzenberg,   Genl Viljoen, Mnr Bruwer en andere saam te stem nie is u demokratiese reg, maar om sulke manne wat alles vir hulle volk opoffer weekliks so te belaster en te beledig skree ten hemele.

Dit is nie ‘n wonder oom het nog nerens gekom in die politiek nie. Ek hoop die waarheid oor oom se rol in die afbreek van ons volk en geheulery met agente soos Piet Petoors kom in die hof uit en ontbloot jou vir wat jy is oom Jaap.   Moenie die goeie gewone mense van die HNP mislei met jou benepe en paranoise gesanik nie.

Flip Buys.

Dit was juis hierdie "benepe en paranoïse" mnr. Jaap Marais wie se skoensole jy nie werd is nie, wat jou en jou soort verdwaalde politieke leiers en volgelinge gewaarsku het, dat soos wat jy na honderde duisende moorde en 'n land wat tot 'n rommelhoop verwoes is besef dat:, "As demokrate moet ons aanvaar dat 'n veelpartydemokrasie nie in Suid-Afrika gewerk het nie en hoogs waarskynlik ook nie in die toekoms sal werk nie".

Steeds bly jy egter met woorde speel! Suid Afrika se probleem is nie 'n veelpartydemokrasie wat nie werk nie, maar 'n veelvolkige demokrasie wat nie kan of sal werk nie! Jy praat verder van verantwoordelike risikobestuur. Bly asseblief agter de Klerk se rug sit want van verantwoordelikheid weet jy regtig gevaarlik min! Minder nog van die politiek soos wat dit duidelik na vore kom uit jou aanhef dat Afrikaners sal moet herleef en nie oorheers nie! Jy verstaan duidelik nou nog nie die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling nie.

Jy verstaan duidelik ook nie die beginsel van federaleregeringsvorm nie en ook nie dat die Afrikaner 'n volk is en beslis nie 'n kultuurgemeenskap waartoe jy en genote ons volk wil ver-eng nie! Jy is bepaald nie 'n aanwins vir die Afrikanervolk nie en vir ons vryheidstryd niks werd nie! Met "Afrikaners soos jy het ons bepaald nie vyande nodig nie.

Danie Varkevisser

Leier van die Afrikaner Volksparty.

Afrikaners sal moet herleef;nie oorheers Rapport 25 Julie 2021

Nou is die tyd vir groot dink en doen, skryf Flip Buys. Dinge sal nooit weer dieselfde wees na die afgelope tyd se on-rus en plundering nie. Dis 'n keerpunt in ons geskie-denis. Die spoed en omvang van gebeure het vertroue in die land se toekoms tot in sy fondamente geskud. Baie mense vra met reg of daar nog 'n toekoms in Suid-Afrika is. Vir my is daar drie ver-trekpunte om 'n antwoord op hierdie vraag te gee. Die eerste is dat mense nie regtig sal wil weggaan as dinge kan regkom nie, en dat die meeste buitendien nie kan weg-trek oorsee nie. Die tweede is dat daar altyd 'n risiko is dat die stadige "veld-brand" van verval, wat al jare lank in die land woed, weer in 'n weghol-vuurstorm kan ont-vlam. Verantwoordelike risikobestuur is dus noodsaaklik. Die derde is dat die regering nie die toestand gaan regruk nie. Die ANC se regeringstyl en -vermoe is om eerder saam met krisisse te leef as om dit op te los. Daarom is die enigste oplos-sing dat ons self die omstandig-hede moet skep om volhoubaar vry, veilig en voorspoedig hier te kan bly. Dit gaan 'n ontsaglike taak wees. Net een ding sal moeiliker wees - om dit nie te doen nie. Dr. Anton Rupert het jare ge-lede al gese dat 'n klein volk groot moet dink en moet doen om te kan oorleef. 'n Heimwee na 'n soort "ou" Suid-Afrika, of terugverlang na 'n werkende "nuwe" Suid-Afrika, gaan niks help nie. Ons sal moet bou aan 'n "ander" Suid-Afrika, deur met die werklikhede te werk en nie met ons wense nie. Die hede gaan nie weggaan nie, die verlede gaan nie terug-kom nie, en die toekoms gaan nie vanself regkom nie. Daar is ook nie 'n politieke oplossing in sig nie. Sedert 1994 was daar al 12 verkiesings (ses nasionaal, ses munisipaal) waar daar oorweldi-gend volgens identiteit eerder as beleid gestem is. As demokrate moet ons aanvaar dat 'n veelpartydemokrasie nie in Suid-Afrika gewerk het nie en hoogs waarskynlik ook nie in die toekoms sal werk nie. Soos in ander hete-rogene lande is Suid-Afrika 'n demografiese demokrasie waar die bevolkingsamestelling in ver-kiesings meer as partye se pres-tasie tel. Suid-Afrika se uitdaging is tref-fend verwoord deur een van die wereld se voorste liberaaldemo-kratiese denkers, prof. Francis Fukuyama van Stanford. Hy het gese dat die land se grondwetlike demokrasie soos 'n "soort vreemde liggaam is wat bo-op 'n samelewing geplaas is wat nie in ander opsigte gemo-derniseerd is nie". Ons is een land, maar minstens twee werelde. Anders as politici se uitsprake wys die politieke, ekonomiese en maatskaplik-ekonomiese uit-komste na 27 jaar dat 'n simplis-tiese meerderheidsbedeling nie die kompleksiteite van so 'n he-terogene land doeltreffend kan bestuur nie. Soos die rugbyle-gende oom Boy Louw gese het: "Looks at the scorebord." Suid-Afrika met sy veelheid van rasse, tale en kulture is eer-der 'n oudkoloniale landstreek as 'n natuurlike land. Prof. Samuel Huntington van Harvard het gewaarsku dat "ideologie 'n swak gom is om mense byme-kaar te hou wat andersins nie soortgelyke etniese, rasse- en kulturele gemeenskappe vorm nie". Vir 'n demokrasie om in sulke lande te werk, is 'n federasie, wat mag meer gelykop tussen gemeenskappe verdeel, 'n voor-waarde. Anders besit die demo-grafiese meerderheid die rege-ringsmag en beskik hulle oor al-mal anders. 'n Diverse land benodig diverse oplossings. Suid-Afrika het nie net 'n rege-ringsprobleem in die ANC wat nie oor die vermoe beskik om te regeer nie. Ons het ook 'n bede- lingsprobleem met 'n uiteenlo-pende landstreek wat nie 'n na-tuurlik regeerbare eenheid is nie. Daarom het die grootste deel van die staat reeds misluk, hoewel die land gelukkig nog nie ingeplof het nie. Daarvoor moet die sterk private sektor en die le-wenskragtige gemeenskapsektor bedank word. Die onlangse kri-sis het dit weer eens bewys. Suid-Afrika is 'n gemeenskap van gemeenskappe wat saam met mekaar moet werk, eerder as 'n eenvormige nasie wat moet saamsmelt. Die projek om 'n na-sie vir die staat te bou kon nooit werk nie. Ons moet eerder 'n staat vir die nasie bou. Nasiebou is 'n totalitêre projek wat die gedwonge standaardisering van die bevolking vereis. Eenheid en versoening word so verskraal tot inlywing by die meerderheid. Daarteenoor is staatsbou 'n projek om ruimte vir die verskei-denheid te skep in 'n landstreek wat groter is as Duitsland, Italie, Brittanje, Griekeland, Ierland, Denemarke, Nederland en België gesamentlik. Ons bevolking is ook meer uiteenlopend as Europa s'n. Dit beteken nie dat die land nou in chaos moet verval nie. Veel eerder moet 'n wanordelike ver-val verhoed word deur meer magte van bo af af te wentel na gemeenskappe, of deur amptelike - of praktiese - erkenning te gee aan dit wat gemeenskappe van onder af opgebou het. Die ideaal is dat hierdie erken-ning vervat word in 'n soort kul-tuurakkoord met die regering. Provinsies, soos die Wes-Kaap, of kultuurgemeenskappe, soos Afrikaners, het 'n geregverdigde aanspraak op gelyke erkenning van geografiese gebiede soos alle swart bevolkingsgroepe in die land. Die Grondwet bied reeds ruimte hiervoor. Die sentrale staat gaan nie meer lank die ver-moe he om ondemokraties te probeer keer dat gemeen-skappe groter outonomie uitoefen nie. Dis nie vreemd nie. Mense wat outonomie kan bekostig wil nie on-der die staat leef nie, en het lankal reeds private medies en private veiligheid, of woon in private dorpe, of wil bly op plekke waar die ANC nie aan bewind is nie. Dis nie 'n strydroep vir afskeiding nie, maar 'n strewe na die normali-teit van werkende dienste en ordelike saambestaan. Een van die belangrikste lesse wat uit die onrus geleer kan word, is dat presterende minderhede se veiligheid, voor-spoed en vryheid altyd in gevaar sal wees in 'n toestand waar die meerderheid die getalle- of poli-tieke mag het en 'n minderheid die ekonomiese voorspoed. Dit geld veral waar 'n regering nie die armes ryker wil maak deur ekonomiese groei nie, maar die "rykes" armer wil maak met gedwonge herverdeling. Minderhede soos Afrikaners moet meer van hulself dink en meer van hulself verwag. Dis be-slis nie 'n wekroep tot meerder-waardigheid nie, maar tot die "kan doen"-waagmoed om self 'n toekoms te skep om volhou-baar in Suider-Afrika te bly. Dis nie etniese mobilisasie vir 'n op-stand nie, maar kulturele self-vertroue vir opbou. Die pad vorentoe is om die kulturele infrastruktuur te skep waarin ons volhoubaar hier kan bly. Dis die voorwaarde vir ons om 'n blywende bydrae tot die welstand van die land en al sy mense te kan lewer. Die tyd is immers gelukkig verby waar ons vir die meerder-heid kan voorskryf, of die mag het om die lot van die land te bepaal. Afrikaners moet dus eer-der probeer herleef as oorheers. Ons bestaansuitdaging is nie ons klein getalle nie, maar ons yl verspreiding as die minderheid landwyd. Daarom is die oplossing om te konsentreer: in gemeenskapsin-stellings, op plekke waar ons 'n meerderheid is, en daar waar ons 'n volhoubare meerderheid kan word. Ons moet diegene wat na gro-ter outonomie in die Wes-Kaap streef, steun, en met ander ge-meenskappe in 'n gees van we-dersydse erkenning en respek saamwerk tot almal se voordeel. Ons kan nie keer dat staatsbe-stuur misluk nie, maar suksesvolle selfbestuur is moontlik. Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit-beweging.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie