1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037338

Besoekers aanlyn

Ons het 42 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

ONS KYK TERUG IN DIE GESKIEDENIS

Leier van die AVPDie AVP vestig u aandag op 'n toespraak van sy leier op 31 Mei 2003 toe hy nog lid van die Herstigte Nasionale Party was. Die politieke rigting van die Nasionale Party wat die HNP voortgesit het nadat dr. Verwoerd vermoor is in 1966 en die NP daardeur ook sy koers verloor het, blyk duidelik uit ons leier se toesspraak van 2003. Dit was die beleid en beginsels waarop ons Afrikanervolk sedert 1948 leiers gekies en gevolg het en dieselfde beleid en beginsels waarin die Afrikaner Volksparty vandag nog geanker is en poog om ons volksgenote te oortuig om daarna terug te keer!

Standvastigheid is 'n bate in die politiek en nie pragmatisme en manteldraaiery na al die verskillende windrigtings op sterkte van die Engelse "Winds of change" nie!

OPENBARE VERGADERING VAN DIE HERSTIGTE NASIONALE PARTY OP  31 MEI 2003 IN DIE GOEDEHOOP LAERSKOOLSAAL SECUNDA

INLEIDING: 

Doel van byeenkoms: Konsolidering van Ware Afrikaners op beginselgrondslag as teevoeter vir verdeling!

Waar kom die verdeeldheid vandaan? Reeds vroeg het die Witman in Afrika besef dat hy ‘n voorpos van die blanke beskawing in Afrika is en dat die bevolkingsamestelling hier, ander eise as in Europa vir sy voortbestaan gaan stel! Die wrywing en konflik wat ‘n gemengde samelewing opgelewer het , het selfs Genls. Botha en Smuts apartheid as die enigste oplossing laat insien. 

 In April 1912 sê Genl Botha dat om rasse op dieselfde vlak te plaas geen bevrediging sal bring nie en iets anders gedoen sal moet word soos bv.  ‘n mate van selfregering aan hulle onder toesig van die blankes. Op 24 September 1912 sê hy op Heidelberg dat die Kaffervraagstuk die moeilikste vraagstuk in die land was en dat die oplossing lê in die afsondering van die naturelle in sekere gebiede,  met ‘n soort selfregering in slegs daardie gebiede en nêrens elders nie. In die Parlement het hy dan ook in 1913 ‘n voorstel ter tafel gelê dat die naturelle gesegregeer moet word met selfregering onder toesig van die blankes.

In 1917 by ‘n eetmaal wat tot sy eer gehou is het Genl. Smuts, as lid van die Imperiale Oorlogskabinet  onder voorsitterskap van Lord Selborne, ‘n toespraak gehou oor “The White Man’s Task”

“We have felt more and more that if we are to solve our Native question it is useless to try to govern Black and White in the same system, to subject them to the same  institutions of government and legislation . They are different not only in colour but in mind and political capacity and their political institutions should be different. Hy het verder verduidelik dat oor die lang termyn daar areas sal wees wat die swartes sal bewerk en beset waar hulle hulself volgens hulle gebruike sal regeer terwyl die res van die land deur  blankes beheer sal word wat hulleself apart volgens Europese standaarde sal regeer.

 Hoe  verskil dit van die suksesvolle beleid van Dr. Verwoerd?

Waarom  het die Engelstalige wêreld nie toe beswaar gehad nie?  As integrasie soos wat dit toe beproef was, onbevredigend en volgens Smuts langs integrasielyne,  "insolveable" was, hoekom sou dit nou slaag? Sonder om dit te beredeneer, laat die huidige omstandighede daaroor oordeel! Is die toestand in die land onder integrasie, nou bevredigend?

Dit was dan ook die riglyn vanuit diè lesse van die geskiedenis,  waarop Genl. Hertzog, Dr. Malan, Adv. Strydom, Dr. Verwoerd, Dr. Hertzog en tot met sy dood, Mnr. Jaap Marais, en in sy voetspore, ons huidige Leier Mnr. W T Marais, volhardend en beginselvas gekoers het, en steeds koers!

Hier kom die verskil, die verdeeldheid! Daarvoor is Dr. Verwoerd vermoor en hieroor twis die Afrikaner vandag met mekaar vanuit al die gestigte organisasies met mekaar en word die indruk geskep dat ons nie kan saamstaan nie omdat dit hoofsaaklik gaan oor leierskap!

 

Terwyl dit die liberales se sege was om Dr. Verwoerd, en dienooreenkomstig, Apartheid te verwyder, is dit juis die vyand van die Afrikaner se vernietigende rasgemengde staatkundige benadering wat nou deur ons “eie mense” inteenstelling met die HNP bevorder word!!

“Die Afrikaner Alliansie”,  onder leiding van Dr. Willie Marais van die NG Kerk, wat “homself sien as ‘n volksbeweging wat aan al die aksies ‘n geleentheid bied om saam met die ander aksies hulle lang gekoesterde ideale vir volk en vaderland te bereik”,  sê:

“Vanaf  27 April 1994 het daar ‘n radikale politieke verandering gekom wat na elke ander faset en sfeer van die Afrikaner se lewe deurgedring het. Die verlies aan politieke mag het die Afrikaner in ‘n posisie van onmag geplaas. Hierdie posisie van onmag het die Afrikaner in ‘n uitsiglose situasie gedompel.” Hoewel hy fouteer met die datum, bewys sy stelling die onhaalbaarheid van sukses met die beleid van integrasie wat die teenhang van apartheid is! En ek verwys na die belang van al die volke in Suid Afrika en op die keper gesien, in Afrika!!

Tenspyte van hierdie “nuutgevonde” insig van Afrial en sy lede, wil hulle hê dat ons moet gaan onderhandel en deelneem aan die veelrassige vekiesings tot verdere vernedering en uiteindelike vernietiging van die Afrikaner!

luister na Ds. Mossie vd. Berg!Ek haal aan uit sy publikasie getiteld:

 TOEKOMS vir SUID-AFRIKA

 6 APRIL/31 MEI 2002

deur Mossie van den Berg

: ..” daar kan ook nooit nog.... of weer.... gedroom word van herstel van ‘n “Blank SA” waar die “witman” weer sal “baas wees” nie.”

Op bladsy 21: Die herowering van die staatsgesag in die “Nuwe SA” langs konstitusionele weg is alles behalwe ‘n onmoontlike taak! Wat nodig is, is alleen dat Afrikanervolkspolitiek sal uitmond in SA volkerepolitiek. Die Afrikaner het nie die stemvee om ‘n stembusoorwinning oor die ANC te behaal nie. Maar 11 volke wat boonop nou die dag nog glo uit 70% “Christene” bestaan het, het wel

die nodige getalle.”

Dit is die opheldering van ‘n jarelange kwelling van waarom bekende politieke-, kerk- en kultuurleiers in Afrikanergeledere wat deurgaans die beeld van “Regs” projekteer het, selfs met die uiterste pogings, nie oorreed kon word om die HNP as politieke verteenwoordiger van die Afrikanervolk, sedert sy stigting in 1969, te aanvaar, te versterk of selfs net te ondersteun nie, maar aanhoudendent en planmatig ons volk  te verdeel!

Beginselverskil

Wat egter nou glashelder duidelik is, is die beginselverskil! Opeens is daar klaarheid oor die vraag waarom daar deurlopend Partye, Organisasies en Strukture naas die HNP instede van saam met hom, oor die afgelope 33 jaar tot standgebring is! Nie die leierskap, nie die beskuldiging dat die HNP nie vorder of niks bereik of nie wil saamwerk of watter ander argument ookal aangevoer word nie! Dit is die beginsel waarvan ons nie wil afstand doen wat op aandrang van die wêreld daar buite en die liberales hierbinne met behulp van die De Villiers Graafs, Helen Suzmans, Colin Eglans, Van Zyl Slaberts, Tony Leons, en nou ons “eie mense” op ons afgedwing is met die gevolge wat ons vandag beleef! Hoewel onderlinge verskille voorkom, deel hulle almal die sentiment dat apartheid moet weg! Deurgaans was dit hoofsaaklik ook dieselfde Pesone wat in al hierdie pogings betrokke was en in hoofsaak omdat hulle staatkundige oplossing vir ons volk soek in Magsdeling onder die dekmantel van selfbeskikking! In wie se belang tree hulle op? Kan dit werklik in die Afrikaner se belang wees? Wanneer gaan hulle ophou om ons potensiële mag te verswak deur ons aanhoudend te verdeel deur voor te gee dat hulle in die Afrikaner se belang optree en sodoende van baie mense se goedertrou aanhoudend misbruik maak?

Lukas 11: 17  Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ’n huis wat teen homself is, val.

Kom luister na mnr. W.T. Marais, na die enigste werkbare en noodsaaklike oplossing te midde van al hierdie misleiding en verwarring sodat ons weer ons verlore selfrespek kan herwin!

Danie Varkevisser

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie