1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6589543

Besoekers aanlyn

Ons het 34 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

PETROL PRYSSTYGINGS DEUR MIDDEL VAN REGIME SE BELASTING DIEFSTAL

Petrol prys ontleding vir Suid Afrika
As die steelbare belastinggeld en ander bronne soos krag en water nie meer genoeg oplewer om die geldhonger amptenare, ministers en veiligheidsdienste onder die tafel deur te befonds nie, is daar darem nog altyd die petrol, diesel en parafien wat 'n ietsie kan bybring. Die volgende nuwigheid is TV en selfoonbelasting wat moontlikhede inhou, saam met minimum loonverhogings. Die beplanning om alle maatskappye, BK's en privaatondernemings te dwing om hulle arbeidsmag, bestuur en direksies volgens die bevolkingsdemografie in te rig sal ongetwyfeld die kameel se reeds geknakte rug 'n finale nekslag toedien!

Vir 27 jaar word die Afrikanervolk as melkkoei aangehou met behulp van "slim" politieke uitsprake wat ten doel het om verwagting van beterskap te skep. Saampraat, saamwerk,saam onderhandel en saamknoei om die Afrikanervolk sy erfenis te laat prysgee vir 'n volkstaatjie, vir 'n afgeskeide lappie grond onder federale of konfederale staatsvorm waar die swartes steeds in beheer bly oor sake van kardinale belang. Die kern van ons ellende moet egter instand gehou word terwyl die simptome van die afwyking van 'n geslaagde en suksesvolle beleid heeltyd aandag verg. Hoellank, Afrikanervolk, hoelank voordat u in die Afrikanerlaer inkom en 'n bydrae kom maak tot ons vryheidstryd?

Wat sal u eendag vir u nageslag sê? "Neewat jong, ons was mislei! Ons het gedink die AWB, of die KP, of die VF-Positief, of die DA was reg! Toe kom daar lig in die vorm van die jong en dinamiese Solidariteit en Afriforum wat ons sake sou regplooi deur onderhandeling met ons vyande! Jammer my kind dat ons julle erfenis so opgemors het, maar ons het gedink ons was reg! Die leuen wat die "waarheid" geword het was reg en die waarheid was verkeerd!" Dít is die voorland van beginselversaking! Daar is egter nog tyd! U leef nog! keer terug na u God, na u Volk, na u Identiteit as Godvresende Nasionalistiese Afrikaner.

 

 

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie