1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037273

Besoekers aanlyn

Ons het 49 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

OM ONS NAASTE LIEF TE HÊ

Markus 8:28-34

“En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.” (:31).

Die naasteliefde – so ‘n kosbare deugde waaraan ons samelewing ‘n geweldige gebrek aan het. En hoe ‘n groot bydrae het dwaalleraars nie in die vernietiging daarvan nie. Hoe groter die verkondiging van ‘n skewe “God is NET LIEFDE” teologie word, hoe kleiner word die mens se liefde vir God en vir sy naaste. Ja, hierdie ketterye dat jy onder die “sogenaamde liefde van God” maar net elke begeerte wat in jou hart opkom kan navolg en dat daar géén skepsel so kosbaar en dierbaar as jy is nie is soos petrol op die vuur wat ons liefde vir God en die liefde vir ons naaste verteer. Ja, daardie vuur van selfsug en selfliefde wat ‘n spoor van verwoesting agterlaat.

 

 

Geliefdes, hoeveel liefde sien ons wanneer ons rondom ons kyk? U wonder dalk hoedat ons dan liefde kan raaksien – dit is tog iets diep binne in ‘n mens. Maar geliefdes, dit wat in ons hart en gedagtes aangaan, word tog eindelik deur ons optrede vergestalt. En beskryf

die Woord van God tog nie so mooi hoe die liefde lyk nie? “Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.

 

Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” (1 Kor. 13:4-7). Hoeveel hiervan sien ons vandag in die wêreld? Belangriker nog, hoeveel daarvan is in ons lewens sigbaar geliefdes – hoeveel lankmoedigheid, vriendelikheid, nederigheid en dergelike dinge is in ons lewens sigbaar? ‘n Baie groot probleem in ons tyd is ook mense se valse tevredenheid met hulself. Mense kyk na hul eie lewens en dink dat ek darem nie drink, moor, verkrag, steel en owerspel pleeg nie. My lewe lyk darem nie te sleg nie. En meer nog – my lewe lyk eintlik baie goed wanneer ek na die wêreld rondom my kyk. Geliefdes, my geldsake lyk ook ewe skielik uitnemend wanneer ek myself met ‘n inwoner van Rhodesië vergelyk! Ons moet onthou om die regte maatstaf te gebruik. Wanneer ek my lewe aan die Woord van God meet, sal ek 

dalk heelwat minder tevrede met myself wees.

 

Geliefdes, Christus Jesus het nie hier op aarde na Homself gekyk en tevrede agteroor gesit nie. Hy het nie gedink dat Hy teenoor die arme klomp sondaars rondom Hom uitstekend daar uitsien nie. Hy het van plek tot plek gegaan en vir mense gewys hoe ware liefde lyk. Hy het na hongeriges uitgereik en hul met brood versadig. Hy het na siekes en verlamdes gegaan en hulle gesond gemaak. Hy het na soekende en verwarde mense gegaan en aan hulle die waarheid van God se Woord verkondig. Hy het vir ons met Sy lewe aan die vloekhout betaal om ons siel van die verderf los te koop en daardeur vir ons gewys hoe liefde lyk! En niks hiervan het Hy gedoen om die eer van mense te verkry, maar om aan God gehoorsaam te wees. Ja, uit liefde vir God en liefde vir die mens het Hy dit gedoen. Hy was vir ons die toonbeeld van selfopofferende liefde, nederigheid en diensbaarheid. “En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees.

 

Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.(Markus 10:44&45). Die Woord van God beveel ons om Christus se voorbeeld van liefdevolle diensbaarheid na te volg. “Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.” (Gal. 6:2). Hierdie opdrag van God mag ons nie verontagsaam nie, geliefdes. Wanneer ons dus in ‘n valse gerustheid is en nie die selfopofferende liefde van Christus nastreef nie, is ons aan hierdie opdrag van God

ongehoorsaam. Ons laat na om ‘n opdrag van God uit te voer. Ons laat na om mekaar lief te hê op die wyse waarin Christus vir ons die voorbeeld gestel het. “’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.”

(Joh. 13:34). En sou een wat hierdie gebod van God verbreek dan minder skuld hê as een wat die gebod teen moord of owerspel oortree, geliefdes? “Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.” (Jak. 2:10).

Geliefdes, laat ons ook nastreef om volgens die voorbeeld van Christus Jesus in ware liefde voor God se Aangesig te wandel en so die wet van Christus te vervul. “Hy wat sê dat Hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.” (1 Joh. 2:6).

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie