1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6595061

Besoekers aanlyn

Ons het 43 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

BLOED IS DIKKER AS WATER!

Bloed is dikker as water Kwa Zulu NatalDaar was in die tyd toe mnr. Jaap Marais voorspel het dat hierdie bestel deur geweld uitmekaar sal spat, baie Afrikaners wat dit nie geglo het nie en nou nog baie wat dit nie glo nie. Sy oordeel was dat omdat daar, soos in Afrika'n onverdraagsaamheid tussen die onderskeie swart etniese volke bestaan. die potensiaal vir botsing in Suid Afrika veel hoër is vanweë die groter verskeidenheid ter plaatse.

Die geweld het hy gesê sal onder die swartes begin maar later oorspoel na die blankes toe. Wat die ANC bymekaar gehou het was aanvanklik die kommunisme as gemene deler, waar verskeie van die swart volke verteenwoordig was. Met die twee Xhosas Mandela en Mbeki wat aanvanklik die ANC bestuur het, was die Xhosa dominansie 'n gegewe. Jacob Zuma was egter saam met Thabo Mbeki een van die hoof onderhandelaars in London vanwaar die ANC onderhandelings gevoer het met Broederbondlede van die Nasionale Party en was die binding tussen die verskillende swart volke binne die ANC heg, met kommunistiese lidmaatskap die voedingsbron.

Die toestand het egter gaandeweg verander toe die geldmag Ramaphosa die Venda, as opvolger vir Mandela, wat toe nog leier van de ANC was, begin propageer het. Zuma as adjunk president was egter in die pad en is deur Mbeki ontslaan. as gevolg van sy betrokkenheid by die wapenskandaal. Dit was die draaipunt in die kommunistiese gemeenskaplikheid. Zuma het die Zoeloe se getaloorheersing in die NUK van die ANC benut om leier van die ANC te word wat hom, én die Zoeloes, binne bereik van beheer oor Suid Afrika gebring het.

Die aanslag op Zuma het egter nie opgehou nie. Die VAG (Verligte Aksie Groep), hoofsaaklik uit die Broederbondbinnekring, se 80/20 beleid wat deur die NP as oplossing vir Suid Afrika beskou is aan die een kant, en die Westerse moondhede aan die anderkant, wat Zuma se nou verbintenis met die kommuniste van Rusland as 'n bedreiging vir hulle planne met Suid Afrika beskou, het Mbeki wat deur dié twee faksies beheer word, gebruik om Zuma te ontslaan as adjunk president.

Die tweede aanslag wat Zuma die presidentskap gekos het toe hy deur Ramaphosa vervang is en Dlamini Zuma met 177 stemme uitoorlê is, was die tweede neerlaag vir die Zoeloes. Die derde aanslag waar Zuma vir sy korruptiewe bewind voor die hof gedaag word en wat hy nou al vir geruime tyd ontduik, vind neerslag in tussenverkiesingswelslae in KZN waar die IFP setels van die ANC begin inpalm.

Die finale breuk tussen die ANC en die Zoeloevolk sal in alle waarskynlikheid nou beslag kry met die vervolging van Magashule. Die AVP se afleiding is dat die stryd om beheer binne die ANC sal toeneem omdat die ANC as medium vir die Zoeloes groot waarde het en dat dit vir hulle beter sal wees om beheer oor die ANC te verkry as om van hom weg te breek. Zuma se bande met Rusland en China deur middel van sy BRICKS konneksie, is waarskynlik die grootste bedreiging vir die Weste se behoefte om 'n vastrapplek in Afrika te behou in die lig van 'n moontlike 3e wêreldoorlog. Daarvoor is dit gebiedend noodsaaklik dat Ramaphosa in beheer moet bly. Die klok vir die eerste rondte het gelui met die aandrang van die Magashulefaksie dat Ramaphosa sy pos moet ontruim! Dit word opnuut duidelik dat bloed dikker is as water en dat politieke verband 'n swakker skakel is as die beginsel van nasionalisme!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie