1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7447048

Besoekers aanlyn

Ons het 158 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE KOERS IN ‘N KRISIS

Hou koersDie vraag, Quo Vadis Afrikaner, was by geleentheid deur dr. Malan aan ons volk gerig in ‘n toespraak by die opening van die Monument in 1949! Afrikaner, waar gaan jy heen? In ons verskeurde en verdeelde volk in die jaar 2020 op 22 Augustus, is daardie vraag aan elke Afrikaner belangriker as ooit!

Dat daar legio gesprekke aan die gang is oor koers, is waar. Dat die gesprekke nie dieselfde koers bespreek nie, is egter ook waar. Die vraag waar die klem eerder op “waarheen” moet wees as wat dit op koers moet val, sal die koers bepaal en nie andersom nie. As die bestemming nie in al hierdie gesprekke wat huidig plaasvind dieselfde is nie, is dit voor-die-hand-liggend dat daar verdeeldheid sal wees.

WAARHEEN IS U OP KOERS?

As Afrikaner is u sonder uitsondering op koers na ‘n bestemming wat u in gedagte het. Is u seker dat die koers wat u gekies het u by die regte bestemming sal uitbring? Is u bloot op daardie koers omdat die koersleier of leiers u daarvan oortuig het dat daar geen twyfel is dat daardie koers u by die bestemming waar u wil wees sal uitbring nie? Of het u self bepaal op sterkte van u eie insig dat die koers wat u gekies het die sekerste koers is om u by u bestemming uit te bring?

Ons volk was voortdurend van koers afgedwing en moes sedert ons volkswording gedurig stry om weer op koers te kom, totdat daar in 1948 en 1961 twee gebeurtenisse was wat ons uiteindelik by ons be-oogde bestemming uitgebring het. Daardie bestemming was om soewerein vry en onafhanklik in ons eie Republiek, oor onsself te regeer in ons eie taal, ons eie Godsdiens en ons eie kultuur!

DIE KOERS VERANDER

Dit was egter van korte duur! Vyf jaar later word dr. Verwoerd vermoor en John Vorster wat hom opvolg verander die koers. In die totale aanslag op kerk, taal, tradisie, kultuur, sedes, moraliteit, waardes en standaarde in die daaropvolgende 28 jaar, bevind die Afrikanervolk ons in die mees benouendste toestand van ons geskiedenis!

Met ons Republiek in die hande van ‘n swart rowerbende wat in minder as twintig jaar ons land tot rommelstatus in die grond in bestuur het sonder dat ons ‘n skoot geskiet het om dit af te weer, soek Afrikaners nou weer koers in hierdie krisis waarin onkundige swakkeling politici ons laat beland het! Die koers is nou multikultuur, almal saam, almal gelyk en almal in ellende!

‘N MAGDOM BESTEMMINGS

Soos ‘n grashalm in ‘n warrelwind skarrel Afrikaners agter dwaalgeeste aan wat elk ‘n koers aandui waarvan die eindbestemming in die lig van die afgelope 25 jaar se “prestasie”, vir die Afrikaner as ‘n volk geen betekenis het nie! Die vaste en bewese suksesvolle koers, vasgelê in die geskiedenis, word afgemaak as immoreel, onhaalbaar en euwel soos verketter deur ons vyande, en word vermy asof dit melaats en verderflik is! In die plek daarvan word aangebied ontvlugting, emigrasie, samewerking met die regime, multikulturele deelname, sosialisme, volkstate, onderhandeling, aanvaarding en berusting, afskeiding, federasie, konfederasie, ens. ‘n Magdom koerse, maar helaas, ook ‘n magdom eindbestemmings!

QUO VADIS DAN AFRIKANER?

Wat is u behoefte? Het nasionalisme in die ruilhandel van liberalisme en humanisme gesneuwel? Het die moderniste se byderwetse politiek nou ons nasionale strewe vervang met groepsbelange, minderheidsregte, minderheidsgroeperinge sodat die term volk en die betekenis van volk nou opgaan in die newels van internasionalisme, of korter gestel, globaliste?

In die AVP is daar nie ruimte vir afwyking van die beproefde beginsels en beleid, die koers waarmee die Republiek van Suid Afrika in 1961 totstand gekom het nie. Ons onderhandel nie oor wat regtens aan ons behoort nie en erken nie die onwettige regime wat deur die afwyking van die koers, oftewel verraad, aan bewind gekom het in Suid Afrika nie. Bly by dit wat jy geleer het omdat jy weet van wie jy dit geleer het! Die afwyking van die Afrikanervolk se koers van Afsonderlike Ontwikkeling, het sonder uitsondering elke simptoom waaroor daar vandag gekerm word, as gevolg.

Dit is hierdie koers wat verketter is sonder om die waarde daarvan te begryp, wat ons volksgenote na strooihalms laat gryp! Dit het absoluut niks te make met verdrukking of verontregting van enigiemand nie! Die teendeel is vasgelê in talle openbare toesprake van leiers wat ter verduideliking die waarde van behoud van identiteit en alles wat daarmee saamgaan aan die wêreld verkondig het.

Valse aantygings soos rassisme en misdaad teen die mensheid wat strafbaar is met die dood en derglike retoriek wat geen substansie het nie, het ons jongmense skrik op die lyf gejaag en koers laat byster raak!

Die AVP sê, moet u nie laat bangpraat of die teendeel laat glo van wat die werklike bedoeling met apartheid was nie! Dit is ‘n edele beleid wat vir elke volk op aarde koers van behoud van alles wat eie aan so ‘n volk is, aandui en verseker indien dit gevolg word! Dit is die teenhang van apartheid, dit wat ons vandag in Suid Afrika het, wat vernietigend en botsende belange tot gevolg het en in geen volk op aarde se belang is nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie