1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7802349

Besoekers aanlyn

Ons het 152 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

IS DIE ANC NIE ONWETTIG IN BEHEER VAN SUID AFRIKA NIE?

CiceroIndien nie, wat is dit dan wat maak dat mense nie glo dat die anc onwettig in beheer van suid afrika is nie? Of maak ek dalk ‘n fout? Is dit moontlik dat mense wel glo dat hulle onwettig in beheer gekom het, maar van mening is dat daar in elk geval niks aan gedoen kan word nie. Sou dít die geval wees, dan wonder ek wie of wat hulle daarvan oortuig het?

Is die oortuiging op sterkte waarvan mense die geldigheid van die ANC se beheer aanvaar al dan nie, ‘n eie oortuiging of glo hulle wat hulle glo omdat iemand of iets hulle oortuig het om so te glo?

My vraag is ‘n geldige vraag omdat organisasies soos die TLU, AFGRI, VLU, SAJWV, GOSA, Pretoria FM, Solidariteit, Afriforum en derglike meer, almal organisasies wat Afrikaner lede het wat ledegeld betaal en owerstes oor duisend en owerstes oor honderd aangestel het om namens hulle wat lede is, se belang te onderhandel en te bestuur.

Almal organisasies wat só “polities korrek” optree, dat weinig indien enige belang van die lede voordeel trek maar eerder die belang van die regime! Dit laat ‘n mens wonder wat die nut van hierdie organisasies is. Dit laat ‘n mens ook wonder of almal nie maar die onwettigheid van die regime as wettig beskou nie, al word ons volk tot in die afgrond in verneder, beroof en vermoor.

 

Cicero 2Beteken die onreg van ‘n referendum wat volgens de Klerk weer gehou sou word voordat die nuwe grondwet aanvaar sou word, dan niks nie? wat van al die uitsprake op band van NP politici dat daar geen kommer moet wees oor die moontlikheid van ‘n swart meerderheidsregering nie omdat dit nie deur die NP toegelaat sou word nie. Talle ander sulke versekerings voor die 1992 referendum, wat by die kiesers ‘n verkeerde indruk oor F.W. se onderhandelingsmotiewe geskep het, was mos niks anders as bedrog nie!

 

Indien NP LV’S en parlementariërs self ook mislei is, waarom kom die wat nog leef dan nie na vore nie? As daar dan nog ‘n meerderheid was wat nie met FW se referendum uitslag tevrede was nie, wat ‘n onomstootlike waarheid is en die eintlike rede waarom diie tweede referendum nie gehou kon word nie, waar is julle? Die tussenverkiesingsuitslae wat voor die 1994 veelrassige verkiesing gehou is, het tog duidelik daarop gedui dat FW so ‘n tweede referendum onder sy blanke kiesers sou verloor het!

Waar is die regslui wat die gebrek aan ‘n mandaat vir die aanvaarding van ‘n nuwe grondwet en veelrassige verkiesings moes betwis het? Daar bly vir die Afrikanervolk slegs hierdie een pad oop na ‘n onafhanklike blanke regering. Dit is die weiering om te aanvaar dat die ANC met sy grondwet en al die wette wat hulle daarna gemaak het, wettig is! Om die waarheid te sê, is al die wette wat de Klerk in die laaste paar maande van sy bewind opgehef het, waarskynlik ook ongeldig omdat dit direk teenstrydig met die Nasionaleparty se mandaat was! Hy sou in die volgende blanke verkiesing verslaan geword het.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie