1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7033804

Besoekers aanlyn

Ons het 22 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE CORONA VIRUS

PERSVERKLARING

Tussen al die ontledings, besprekings, afleidings, professionele opinies, dokterverklarings en bespiegelings oor die ontstaan, die ongeneesbaarheid, die geneesbaarheid, die voorsorg en die nasorg, moet daar iewers nugterheid oor hierdie potensiële lewensbedreiging na vore kom.

Die werklike probleem is egter, dat al is daar nugterheid sal dit steeds moeilik wees om dit te onderskei van al die onsinnigheid wat deur die media versprei word. Die vraag wat onmiddellik na vore behoort te kom, is wat is die doel met die Corona virus, ongeag of hy geskep of self ontstaan het?

Die media se hantering van die syfers met betrekking tot Corona, in teenstelling met die syfers van wéreld sterftes deur kanker, hartsiektes, malaria, HIV, ens., saamgelees met hoe effektebeurse reageer, betaalmiddels se waardes afgeskaal word en hoe die media veral daarop konsentreer, laat ‘n mens tot die besef kom dat hier ‘n slang in die gras is!

Hoe dit ookal sy, mense gaan dood, reisbewegings word ingeperk, skole sluit, bemarking word nadelig geraak, veral van voedsel en handel ,plaaslik en oorgrens. Wat sal volg is tekorte! Dit is reeds oral sigbaar waar winkelrakke leeg raak en nie weer gevul kan word nie. ens.

Wat noodwendig moet volg is dat ekonomiese bedrywigheid sal nadelig geraak word, tekorte gaan ontstaan, werkers gaan sonder inkomste raak, hongersnood word ‘n realiteit en daaruit onstaan diefstal, roof en algemene misdaad wat stygende tendense sal toon.

Die AVP se raad is dat u dus voorsiening moet maak vir verhoogde veiligheid. Dit sluit in beskerming teen die virus, teen misdaad en teen histerie. Omdat die virus skynbaar die longfunksie aanval wat deur die lugweë bereik word, moet u daarop bedag wees in u omgang met ander. Verhoogde higiëne, konsentreer op voedsame en langlewe voedselsoorte wat u deur ‘n tyd van tekorte sal kan dra.

Die heel belangrikste voorsorg teen al hierdie onbepaalbare manupilasie van terreine wat die gewone mens kan benadeel en die oligarge kan bevoordeel wat in ‘n tyd van lae aandeelpryse inkoop en by die herstel nog ryker daar uitkom, is die besef dat ons Hemelse vader steeds Sy geskepte aarde in die holte van Sy Hand hou! Die mens wik, maar God beskik is die ou en bekende spreekwoord wat groter waarde in homself het as wat algemeen deur die sorge van die lewe verdring word. Dit beteken egter nie dat ons ons verantwoordelikheid kan versaak en niks doen om onsself te beskerm nie.

Dit is in ‘n tyd soos hierdie, wanneer die chaos sy hoogtepunt gaan bereik, waar ons as ‘n Godsvolk, met ons oë gerig op Hom, bymekaargedwing sal word, of ons bymekaar wil wees of nie! Waak en bid dus. Dít is waar ons verantwoordelikheid lé! Waak en bid! Dat ons die een sal doen en die ander nie sal nalaat nie. Nie bloot uit vrees nie maar ómdat ons glo! Glo met ons hart, met ons siel en met ons hele verstand!

 

DANIE VARKKEVISSER

 

LEIER VAN DIE AFRIKANER VOLKSPARTY

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie