1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037310

Besoekers aanlyn

Ons het 55 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

NUWEJAARSBOODSKAP VAN DIE LEIER VAN DIE AVP VIR 2020

Danie Varkevisser Nuwejaars boodskap 2020Met ‘n toename in staatskuld, plaasaanvalle en moorde op blankes in Suid Afrika, is daar tog tekens van hoop vir die toekoms wat om die draai lê. Tenspyte van toenemende verval van infrastruktuur, bankrot munisipaliteite, volgehoue dreigemente van onteiening sonder vergoeding, nogmaals beurtkrag van tot skedule ses en selfs agt vlakke, is die harde kern van die Afrikanervolk stadig maar seker besig om te konsolideer.

Ons volk se grootste probleem tot dusver, was ons verdeeldheid. Die planmatige en suksesvolle strategie, beplan en geloods vanuit die Afrikaner Broederbond, onder die invloed van sekere Internasionale imperiale en wêreldorde beplanners, om ‘n opvangsgebied te skep vir die golf van ontevrede Afrikaners, het die strewe om soewerein onafhanklik te bly, onberenbare skade berokken.

Die skeur aan die NP in 1969 met die afwyking van ons sportbeleid, was die voorloper van ‘n al sterker stroom Afrikaners wat ongelukkig en bedreig begin voel het oor die duidelike beginselafwykings van die NP regering, ondersteun deur feitlik elke kerkverband! Dit het neerslag gevind in al die tussenverkiesings wat plaasgevind het en het reeds in 1981 gedui op tenminste 18 NP setels wat in ‘n volgende verkiesing sou oorgaan na die beginselvaste Herstigte Nasionale Party onder die leiding van wyle mnr. Jaap Marais.

‘ n Betekenisvolle gebeurtenis was dieselfde handomkeer van F.W. de Klerk na sy besoek aan die VSA op uitnodiging van die State Department, was die 18 kabinetslede wie se setels in gedrang gekom het. Sedert die wegbreek van die HNP in 1969, het hierdie 18 kabinetslede getrou saam met de Klerk en sy politieke afwykings, vir dertien jaar meegedoen en is die “Konserwatiewe Party” (KP) in 1982 tot stand gebring om daardie 18 setels se ongelukkige Afrikaners nie te verloor nie maar hulle weg te hou van die HNP af en hulle sodoende te bestuur deur die persepsie van ‘n “eie volkstaat”.

Dit was dus reeds in 1982 dat die wanbegrip van die onvermydelikheid dat ons ons land gaan verloor gevestig is deur die volkstaatgedagte wat die grootste bedrogvolle politieke uitoorlê taktiek was wat ons volk ooit beleef het! In 1994 hét ons toe die seggenskap oor ons land verloor, maar nie omdat dit onvermydelik was nie, maar wel deur middel van ‘n veragtelike daad van verraad. Geheime sameswerings agter geslote deure en politieke geknoei agter die skerms waardeur goedgelowige Afrikaners mislei en tot bloedlose oorgawe uitoorlê is.

Die AVP het egter op 16 Desember 1920 opnuut bewus geraak van ‘n beduidende toename in Afrikaners wat geloftefeeste bygewoon het. Terug na jou God, terug na jou volk! Dit was die oproep in die verlede wat die Afrikanervolk heg gebind en onder die seënende Hand van God uit onmoontlike situasies uitgered het!

Terwyl Nasionalisme wêreldwyd besig is om te ontwaak, kom laat ons voorloop en die toon aangee van wat dit beteken om op God te vertrou en gereed te wees wanneer die geleentheid hom voordoen om weer vry en onafhanklik te wees. As dit nie was dat dit God se wil was om hierdie nuwe volk, die Afrikanervolk, aan die Suidpunt van Afrika te laat ontstaan, gevestig het en bewaar het tot vandag toe nie, waarom dan? Is dit dan nie juis as gevolg dáárvan en ons vaste geloof daarin, dat ons ‘n bestaansreg in Suid Afrika het nie? Deur ‘n Gideon’s bende as ‘n voorbeeld vir die ganse wêreld, soos met die Anglo Boere Oorlog teen die magtigste moondheid van die tyd, is ons oë gevestig op Hom en moet ons gereed wees om in Sy diens, onsself te verdedig met dieselfde onderskeiding as in die verlede!

Gord uself dus met SY wapenrusting vir die stryd wat vir ons voorlê en wag op die geleentheid wat Hy vir ons sal skep en waarvan die oorwinning tot Sy eer sal wees soos op 16 Desember 1838! Mag 2020 vir elkeen van u tot seën wees, met ‘n gees van onderskeiding en verantwoordelikheid om nie op sleeptou geneem te word deur hulle wat dink dat hulle slimmer as dr. Verwoerd , Strydom, Malan en Genl. Hertzog is wat politieke insig en vêrsig betref nie

Die ongelooflike ongeregtigheid wat in Suid Afrika voltrek is nadat dr. Verwoerd uit die weg geruim is, se krake is reeds duidelik sigbaar, sonder dat ons énige tasbare gesamentlike verset getoon het, anders as om onder mekaar oor beginsel en optrede te verskil. Laat 2020 die jaar wees waarin ons as ‘n heggebinde volk op beginselgrondslag, eendragtig in verset kom as inspirasie vir elke nasionalis, waar hy of sy ookal in die wêreld stry om vry en onafhanklik oor hom en haarself te regeer!

Mag u ryklik daarin geseën word sodat ons staande kan bly as ‘n “huis” wat nie meer in homself verdeeld is nie.

Danie Varkevisser

Leier van die Afrikaner Volks Party

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie