Die DA verklaar onbeskaamd hulle is nie wit nie en ook nie swart nie. Slaan my met ‘n nat vis! Hulle lede is ook gebreinspoel met die rympie ..... hulle sien nie swartes nie en ook nie wittes nie, hulle sien net mense. (So terloops, die EFF is rooi en ek is wit én heteroseksueel alhoewel deit in Suid Afrika nie meer belangrik is nie)
As ‘n pasiënt bogenoemde vir ‘n dokter vertel sal hy sekerlik in die intensiewe sorgeenheid opgeneem word vir breinskade.
Ek is bewus daarvan dat ‘n baie klein gedeelte van die mensdom aan kleurblindheid ly en tog kan hulle tussen wit en swart, soos in dag en nag, onderskei. Ons het hier egter met iets onheilspellends te doen. Dit is nie ‘n probleem van die oog nie maar ‘n probleem van die denke. Kan dit wees dat hulle behep is met bilaterale rassisme of is dit hulle projek vir ‘n nuwe nasie- ‘n Basternasie?
Ek dink nie die DA lei aan ‘n gebrek van kleuronderskeidingsvermoë nie, maar wel aan ‘n uitoorlêstrategie van subtiele bewussynstransformasie. Die blanke moet voorberei word vir die nuwe sekulêre Suid Afrika met sy vernietigende gevolge van sosiale terrorisme. Die blankes en swartes moet van hulle kosbare kleurerfenis beroof word om aan te pas by ‘n sieklike ideologie van assimilasie. As gevolg van hulle rassehisterie moet geen ruimte gelaat word vir andersheid nie.
My diagnose is dat die DA lei aan pigmentvrees. ‘n Fobie vir menswees wat ‘n klap in die gesig is van swart en witmense. Differensiasie op grond van ras en kleur is nie diskriminasie nie maar wel ‘n gawe van ‘n Godgegewe werklikheid. Die estetika van ‘n reënboog vir die beskrywing van ‘n nuwe nasie is bloot semantiek vir ‘n enkelkleurige volk – ‘n bastervolk.
Laat daar geen twyfel wees nie, die DA het ‘n reuse aandeel in die huidige ellende in ons land. Hulle is die saboteurs van menswees.