1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7449212

Besoekers aanlyn

Ons het 16 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

LIGGAAMLIKE OEFENING OF DOELGERIGTE BREINSPOELING?

Wil nie hoor nie wil nie sien nieDie ou gesêgde lui dat daar niemand so blind is as die een wat nie wil sien nie en geeneen so doof is as die een wat nie wil hoor nie.

Nou, ja. Dit is geen staatgeheim wat my mening is wat betref die televisie se invloed in mense se lewens nie. Ons kan eindeloos argumenteer oor die geringe positiewe aspekte daaromtrent, maar die skade wat deur hierdie duiwelsdoos aangerig word deur mense doelgerig in hul gedagtes te beïnvloed (breinspoel), is ooglopend.

Mog ek die tyd vind om ‘n inssiggewinde artikel die lig te laat sien oor waarom die “glansryke” Hollywood met sy hele gebroedsel ‘n uiters veragtelike element vir enige ware gelowige behoort te wees. Ahh, jy is een van daardie mense wat die kwaad in alles kan raaksien sou u seker op hierdie stadium dink. Ek wil u met die volgende gedagte laat – die duiwel is baie, baie meer aktief as wat u dink en onthou dat hy selfs al in die tuin van Eden nie afwesig was nie. Wie sou nou kon dink om die duiwel in die Paradys te kon aantref?

 

Ek wil eintlik by die volgende kwelpunt uitkom – waarom is die meerderheid Afrikaners bereid om dinge wat ooglopend verkeerd is te doen net omdat die meerderheid dit doen? Ons moet dit net op hierdie punt duidelik maak dat die onderskeid tussen reg en verkeerd getref word a.g.v. optrede wat volgens die Woord van God regverdigbaar of veroordelend is.

“Waarom doen jy dit?” “Ag, want almal doen dit mos en ek wil nie as verkramp of dwarstrekkerig of outyds of preuts of hoogheilig of ‘n “spoilsport” geëtiketteer word nie.”   ‘n Persoon wat werklik erns maak met sy verhouding met God sal weet dat hierdie antwoord nie vir een oomblik vir ‘n ware kind van God aanvaarbaar is nie. “Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. ...” (Ex. 23:2). Wat kommerwekkend is, is dat min mense hulself nog die vraag afvra waarom hul bepaalde dinge doen – dit blyk asof hulle maar net doen sonder om enigsins te dink!

Ek hoor mos nou die dag oor die radio die oordrewe bemarking van ‘n nuwe gier wat veral in skole posgevat het. Vandat ek die eerste keer van hierdie gier te hore gekom het, het die term my nie heeltemal geval nie. Ek het my egter maar besig gehou met belangriker dinge wat tot vanoggend my aandag geverg het. Ek gaan loer toe so ‘n bietjie hier en daar om uit te vind waar hierdie gier in die wieg gelê is en - Zumba!!

Ek gaan regtig probeer om u nie oneindig te verveel met die eindelose feite wat oor hierdie saak beskikbaar is nie. U is mos weliswaar instaat daartoe om u eie verdere navorsing te doen en dan is u mos boonop ook verantwoordelik vir u eie oordeel. Ek gaan op hierdie punt wel vir u noem dat indien u u kind sou weier om aan joga (yoga) deel te neem of dalk vir karatéklasse in te skryf, sal u dalk die Zumba-gier ook verder wil navors.

Ek gee aan wikipedia.org erkenning vir feitlik al die inligting wat rondom Zumba en sy belanghebbendes in hierdie artikel vanaf hierdie punt aangebied word.

Zumba is ‘n dansfiksheidsprogram wat deur ‘n Kolumbiaanse danser en choreograaf, Alberto Beto Perez, gedurende die negentigerjare ontwikkel is. Zumba behels danse en aërobieseoefeninge wat op die maat van energieke musiek uitgevoer word.

Die choreografie inkorporeer “hip-hop”, “soca”, “samba”, “salsa”,”merengue”, “mambo”, “cumbia”,”flamenco”,”chachacha”,”reggaeton”, axé music” en “tango”. Laasgenoemde sin is dalk vir u van min belang, maar ek sal dit vir u in gewone Afrikaans probeer herfraseer.

Chorografie word beskryf as die kuns van die ontwerp van ritmiese bewegings (of nabootsing) waarvan die vorm en bewegings voorgeskryf word. Dit beteken dan dat die instrukteur die navolgers (leerlinge) sal voorsê om die “Zumba-kuns” na te boots op die maat van die musiek wat reeds genoem is. Dit is duidelik dat die wortel van hierdie kwaad in die musiek lê wat die basis van hierdie praktyk vorm. Ons kyk daarom na ‘n paar van die karakters (hulle staan bekend as kunstenaars, maar ek kan hul nie as sulks beskryf nie) en hul werk ten einde ‘n duideliker prentjie van die “onskuldige Zumba” te kry.

Ingevolge ‘n “Associated Press”-artikel het Zumba ‘n internasionale aanhang tot Latynsemusiek geskep met spesifieke verwysing na karakters bekend as Pitbull, Don Omar en Daddy Yankee.[1] Die ophef rondom hierdie karakters is natuurlik geweldig groot omdat hulle baie getroue dienaars van die Hollywoodkoninkryk is en daarom gaan ek net hier en daar elkeen aanraak sodat u kan sien waarom ‘n ware gelowige kind van Go nie sy kinders onder invloed van diesulkes wil laat breinspoel nie.

  • Pitbull

PitbullSy debuutalbum getitled, M.I.A.M.I., is op 3 Augustus 2004 vrygestel. Ek haal graag vir u sommige lirieke uit titelsnitte uit hierdie album aan.

Get On The Floor

“It’s a new generation of party people

Get on the floor

Get on the floor

RedOne!

Let me introduce you to my party people in the club, huh.

I’m loose

And everybody knows I get of the chain

Baby it’s the truth

I’m like Inception, I play with your brain

So don’t sleep or snooze

I don’t play no games so don’t do-do-don’t get it confused no

‘cause you will lose yeah”

That’s Nasty

“When I came to mami you know you nasty

them bi#%$ a@# niggaz wanna blast me

                Still punkn’ gettin crunked off that crunk juice

Hatin cuz your girl on me and she hate you

We gotta do nigga what cutlass dropped down on d’z

It you pump it relocate your soul from the streets”

Sy vierdie album bekend as “Rebellution” het onder andere die volgede opgelewer.

Triumph

“Drop, they thought he was done dawg,

but he’s back bigger, better, stronger and free (ha ha ha),

like I ain’t fu#$%@ my way out of all these mother#$@%%# situations,

Pitbull 2

Watch this,”

Full Of Sh#%

As ek in die titel al simbolieseskryftekens as sensoriese letters moet inspan . . .

Hierdie getroue dienaar van Hollywood het dan ook ‘n ster ontvang in die “Hollywood Walk Of Fame” gedurende 2014. Mooi so – goeie en getroue satansdienaar. Jy vernietig sedelike waardes en norme en verdien om as ‘n wêreldikoon vereer te word. As die jongmens jou as ‘n rolmodel kan aansien, sal ons goeie vordering maak in die vernietiging van dit wat God geskape het. (Die laaste twee sinne is my eie kommentaar). Dit (2014) is ook dieselfde jaar waarin hy die album getiteld, “Globalization”, bekendgestel het. Ek haal vir u maar net enkele lirieke uit een titelsnit aan wat drup van wellus.

Wild Wild Love

You need it, you want it All over your body This loving I'm giving It's worth more than money You need it, you want it All over your body I know that you want this Wild, wild, love

  • Daddy Yankee

Kom ons kyk of Daddy Yankee nie dalk beter daaruitsien nie. Dit is nou wanneer ons nie op grond van die uiterlike oordeel nie en probeer om deur daardie donkelbril en verby die tatoeërmerke te kyk.

Dady Yankee

Sy debuutalbum is op 2 April 1995 vrygestel met die titel, “No Mercy.” Die sesde titelsnit van hierdie album is bekend as “Oh My God!”. Ek ag dit daarom nie eers my tyd werd om nog verdere navorsing rondom hierdie karakter te doen nie. Ek kan mos duidelik sien waarmee hy hom in die lewe besig hou.

  • Don Omar

Die laaste karakter om vinnig onder die loep te neem, is as Don Omar aan ons bekend.

Don Omar

“The Last Don” is die titel van hierdie karakter se debuutalbum wat in 2003 bekendgestel is. Sy album wat in 2006 bekendgestel is onder die titel, “King Of Kings”, verdien egter verdere bespreking. Die titelsnit “Angelito” het verseker dat hierdie album die hoogste rang beklee in die genré wat as, “reggae music” bekendstaan.

Die titelsnit “Angelito” word dan ook as een van die mees tematiese stukke in die “reggae music” genré beskryf. Die betekenis/simboliek van die, kom ons noem dit maar ‘n lied om duidelikheidsonthalwe, is dat die “angelito” ‘n meisie is wat die HIV-virus opgedoen het om een of ander wraaknemingspoging waarin ‘n dooie vreemdeling betrek word. Die meisie sterf aan die einde van die “lied”, maar laat ‘n baba na wat ‘n “jonger Don Omar” is wat dan die gebeure kan onthou wanneer hy ouer word.

Hierdie is duidelik een of ander sieklike reïnkarnasiegedagte wat uitgebeeld word. Die ooreenkoms tussen hierdie gedagte en Nimrod wat teen God in opstand gekom het, is ooglopend. Nimrod het volgens oorlewering kwansuis deur Semiramis gereïnkarneer en is “weer gebore” in die persoon van Tammuz.

Hierdie is niks anders as ‘n veragtelike nabootsing van die koms van Jesus Christus in die vlees as die enigste Een wie ooit in alle ewigheid oor die dood kon triomfeer!

Die vraag of “Zumba” dan nou onskuldige liggaamlike oefening is wat by die skole toegepas word, is natuurlik ‘n retoriese vraag. Maar wat as die instrukteur/instruktrise nie die musiek gebruik van diegene wat hierbo bespreek is nie? My antwoord sal bly dat iets wat in ongeregtigheid gebore is nie geregverdig kan word deur dit op ‘n mooi manier te probeer verbloem nie.

Die vraag van belang vandag is dus of u kind vir u belangrik genoeg is dat u bereidwillig sal wees om hom/haar daarteen te beskerm? Ek verstaan dat kinderopvoeding in ons tyd alles behalwe maklik is. Die waarheid is dat dit nog altyd ‘n uitdaging was wat net met genade, hulp en wysheid van God te bowe gekom kan word. Dink maar aan die eerste ouerpaar wat vir Kain en Abel moes grootmaak en opvoed! Ek hoop dat u oortuiging sterk genoeg sal wees om in beste belang van u kind op te tree aangesien dit u Godgegewe ouerplig is om dit te doen.

“maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see. Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom.” (Matt. 18:6&7).

 


[1]https://www.yahoo.com/music/zumba-creating-fan-latin-stars-203753188.html

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie