1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7229152

Besoekers aanlyn

Ons het 25 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

WÊRELDGEBEURE IN DIE LIG VAN DIE BYBELSE PROFESIEË

Bybelse pofesie“Waarom moet ons gedurig hoor dat die toekoms van die Afrikaner duister lyk? Dit is dalk omdat ons die Lig van die lewe uit die oog (en hart) verloor het!”( Dit is die versugting van Hannes Ollewagen in sy oordenking van Sondag 1 Januarie 2017, en heeltemal tereg ook!)

David Pawson wat uit een van die kleinprofete, en wat my betref een van die mees verwaarloosde leerstellighede wat daarin voorkom, vir ons kom openbaar het wat God se bedoeling met ons "donker toekoms" is. Die verband tussen Habakuk se argument met God en ons volk se “donker toekoms” is só verrassend toepaslik, dat ‘n mens nie kan glo dat ons kerkleiers dit nog nie vroër raakgelees het en op die tafels van ons harte gegrafeer het nie.

Habakuk 1:1-....

DIE Godspraak wat Hábakuk, die profeet, gesien het. ( Habakuk spreek God aan en vra:)

2   Hoe lank, o HERE, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! — maar U help nie? 3   Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin. 4   Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn. ( Suid Afrika na die sluipmoord op dr. Verwoerd?)

God antwoord Habakuk:

5   Aanskou onder die nasies en merk op, en staan verstom, verstom; want Ek gaan iets in julle dae doen wat julle nie sal glo as dit vertel word nie. 6   Want kyk, Ek gaan die Chaldeërs opwek, daardie kwaai en onstuimige nasie wat trek deur die wydtes van die aarde, om wonings in besit te neem wat aan hom nie behoort nie. 7   Verskriklik en gedug is hy, van homself gaan sy reg en hoogheid uit. 8   En vinniger as luiperds is sy perde en gouer as aandwolwe; en op ’n galop kom sy ruiters, ja, sy ruiters! Van ver kom hulle aangevlieg net soos ’n arend wat op sy prooi neerskiet!

9   Hulle kom almal om geweld te pleeg; die rigting van hulle gesigte is vorentoe, sodat hy gevangenes versamel soos sand. 10   Ook dryf hy die spot met konings, en vorste is vir hom ’n belagging; hy lag om elke vesting; hy hoop grond daarteen op en neem dit in. 11   Dan gly hy verby, ’n wind, en trek verder — maar word skuldig, hy wie se krag sy god is. (Suid Afrika na 1994?)

Nadat hy na nagenoeg twintig jaar se wag van God ‘n antwoord kry, stem Habakuk nie saam dat God se oplossing reg is nie! Kla hy God eintlik aan!

12   IS U dan nie uit die voortyd nie, o HERE, my God, my Heilige? Ons sal nie sterwe nie. HERE, tot ’n strafoordeel het U hom bestel en, o Rots, tot ’n tugroede het U hom bestem! 13   U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie — waarom aanskou U die trouelose, swyg U wanneer die goddelose dié verslind wat regverdiger is as hy? 14   So maak U dan mense soos visse van die see, soos kruipende gedierte wat geen heerser oor hulle het nie. 15   Hy trek hulle almal op met die hoek, sleep hulle in sy net en vergader hulle in sy seën; daarom is hy vrolik en juig. 16   Daarom offer hy aan sy net en laat rook opgaan vir sy seën; want deur hulle is sy aandeel vet en sy spys weelderig. 17   Sal hy daarom sy net uitskud en gedurigdeur nasies doodmaak sonder verskoning?

Habakuk bied sy eie oplossing aan: Habakuk 2:1-....

OP my wagtoring wil ek gaan staan en op ’n skansmuur my stel, en ek wil speur om te sien wat Hy in my sal spreek, en wat ek op my klagte moet antwoord. (Net wag op die Here en self niks doen nie?)

2 Toe antwoord die HERE my en sê: Skryf die gesig op en graveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees. 3   Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie: 4   Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe. 5   En bowendien, die wyn is ’n bedrieër, ’n trotse man is onbestendig: hy wat sy keel wyd oopmaak soos die doderyk, en soos die dood is hy, so onversadelik — hy vergader vir homself al die nasies en maak vir hom al die volke bymekaar. 5   Sal hulle nie almal oor hom ’n spreuk, ’n spotlied aanhef nie, raaisels oor hom maak nie, en sê: Wee die man wat hom verryk met wat nie aan hom behoort nie — hoe lank? — en hom beswaar met verpande goed. 7   Sal die wat jou byt, nie skielik opstaan en jou skrikaanjaers nie opwaak, sodat jy vir hulle ’n prooi word nie?

8   Omdat jy baie nasies uitgebuit het, sal al die volke wat oorgebly het, jou uitbuit, weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners. 9 Wee hom wat vuil gewin maak vir sy huis, om sy nes in die hoogte te bou, om homself te red uit die greep van onheil. 10   Jy het skande beraadslaag vir jou huis: die uitroeiing van baie volke, en het jou lewe verbeur. 11   Want die steen uit die muur roep, en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord. 12 Wee hom wat ’n stad bou met bloed en ’n vesting stig deur onreg. 13   Kyk, kom dit nie van die HERE van die leërskare dat volke arbei vir vuur en nasies hulle afmat vir niks nie?

14   Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek. 15   Wee hom wat aan sy naaste drank gee, wat jou gif daarmee meng, en hulle ook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou. 16   Jy het jou versadig met skande in plaas van met eer — drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand van die HERE omgaan, en skande tref jou eer. 17   Want die geweld aan die Líbanon gepleeg, sal jou oordek; en die verwoesting waarmee die diere skrikgemaak is — weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners. 18   Wat baat ’n gesnede beeld dat sy maker dit reggekap het, ’n gegote beeld, wat ’n leuenleraar is, dat die maker op sy eie maaksel vertrou, deur stomme afgode te maak? 19   Wee hom wat vir ’n stuk hout sê: Word wakker! vir ’n dooie klip: Ontwaak! Kan hy ’n mens leer? Kyk, hy is oorgetrek met goud en silwer, en daar is geén gees in sy binneste nie! 20   Maar die HERE is in sy heilige tempel — swyg voor Hom, o ganse aarde!

Wat betekenisvol is uit God se antwoord aan Habakuk, Is dat hy nie moet gaan sit en wag en niks doen nie. Hy moet wat God aan hom openbaar het skryf en graveer op tafels, sodat die volk dit in die verbygaan kan lees. Hy moet hom ook nie bekommer oor wanneer die gesig wat God aan hom openbaar het in vervulling sal gaan nie, daar is geen twyfel dat dit sal gebeur nie! Die doel is tog duidelik dat die volk gewaarsku moet word!

HABAKUK4:1- ....

1   ’n GEBED van Hábakuk, die profeet, op die wysie van Sjigjonōt. 2   HERE, ek het die tyding aangaande U verneem, ek het gevrees! HERE, roep u werk in die lewe in die midde van die jare; in die midde van die jare laat dit bekend word. In toorn, dink aan ontferming. 3   God kom van Teman en die Heilige van die berg Paran. Sela. Sy majesteit bedek die hemel, en die aarde is vol van sy lof. 4   En glans soos sonlig is daar, ligstrale aan sy sy; en dáár is die omhulsel van sy krag.

5   Voor Hom uit loop die pes, en ’n koorsgloed trek uit agter Hom aan. 6   Hy tree op en laat die aarde wankel, Hy kyk en laat nasies opskrik; verpletterd lê die ewige berge, en neergesink die ou, ou heuwels — paaie van die ou tyd vir Hom. 7   Ek sien die tente van Kusan met onheil oordek, en die tentdoeke van die land Mídian bewe. 8   Is dit teen riviere, o HERE, teen die riviere, dat u toorn ontvlam het? Of geld u grimmigheid die see dat U ry met u perde, u oorwinningswaens? 9   Heeltemal ontbloot is u boog; besweer is die pyle deur die woord. Sela. Tot riviere splyt U die aarde. 10   Die berge sien U en bewe van angs, ’n wolkbreuk storm verby, die wêreldvloed verhef sy stem, steek sy hande omhoog. 11   Die son, die maan bly in hulle woonplek by die lig van u pyle wat verbyskiet, by die glans van flikkerende spies. 12  In grimmigheid betree U die aarde, in toorn dors U die nasies. 13   U trek uit tot redding van u volk, tot redding van u Gesalfde. U verbrysel die kop van die huis van die goddelose en ontbloot die fondament tot by die nek. Sela. 14   U deurboor met sy eie pyle die hoof van sy leiers wat storm om my te verstrooi; wie se gejuig is asof hulle die ellendige in die skuilhoek wil verslind. 15   U betree die see met u perde, ’n hoop magtige waters. 16   Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ’n aanval maak. 17   Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie — 18   nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. 19   Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.

Habakuk begryp na God se openbaring in antwoord op sy gebed dat God steeds in beheer is en nie niks doen soos wat hy dit aan God gestel het nie. God is deurgaans besig en gebruik volke en nasies om sy kinders wat afdwaal tot besinning te bring. Hy besef ook dat, “ alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie — 18   nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. 19   Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes”.

Laat ons as Afrikanervolk opnuut besef, die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe. Nie deur samewerking, saampraat, oorgee, stilsit of voortgaan met ons sondige praktyke nie. Nie deur onderhandelings of soeke na oplossings deur vertoë na die VN of een of meer van die groot moondhede nie, maar deur ons vaste en onwankelbare geloof in die God van ons vaders. Die God van Abram, Isak en Jakob! Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes”. Dit is Hy wat ons op wonderbaarlike wyse deur Bloedrivier, Magersfontein en Amajuba se oorwinnings gely het! Waarom nou afwyk en ander “realistiese” oplossings soek? Is God dan nie meer vir ons ‘n werklikheid nie? Quo vadis Afrikaner?

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie