‘n BEKNOPTE AGTERGROND.
As minister van naturellesake moes hy wyd reis en het hy oor die lengte en breedte van Suid Afrika die beleid van afsonderlike ontwikkeling verkondig,
Sy standpunt was, ‘n kans vir elkeen maar binne eie kring
Hy het sy parlementêre loopbaan op 3 September 1948 ingelui met ‘n indrukwekkende redevoering oor die beginsel van rasseskeiding.
Hy was onder andere ‘n voorstander van moedertaal onderrig en het so die swartes se kinders gevrywaar van volksvreemde onderwys, veral in die laerskool. Hy het ook swart ouers groter seggenskap oor die onderwys van hulle kinders laat verkry. Hy was ernstig gekant teen dubbel medium skole, soos dit waaraan ons kinders vandag deur die swart onderwysowerhede onderwerp word!
SY GELOOF AS ANKER
Met die afsterf van Adv Hans Strydom op 24 Augustus 1958, is hy aangewys as sesde eerste minister van die Unie van Suid Afrika, toe nog binne ‘n bestel van volksvreemde en volksvyandige oorheersing. In sy toespraak het hy die volgende gesê: “Ek glo dat die wil van God deur hierdie stemming geopenbaar is…….Ek sal elke dag my krag soek in die Woord en nie in myself nie”
Die anker wat ons as volk deur ongeloof versaak het en sedert die Internasionaalbeplande moord op hom, op “prinse” begin vertrou het!
Dr Verwoerd het met die Republiek in vooruitsig, nie geskroom om ons aan die Statebond te ontrek om sodoende heeltemal buite die Engelse en volksvreemde en vyandige bestel te kom nie.
Hy het teenoor die 50,000 mense wat hom op Jan Smuts lughawe ingewag het, die gebeure as ‘n oorwinning vir Suid Afrika bestempel en daar was by hom geen twyfel dat, “ die hand van God ons gelei het nie”.
Tenspyte van waarskuwings deur meningsopnames dat ‘n stemming in ‘n referendum teen Republiekwording sal wees, het hy in geloof voortgegaan en die Referendum gehou! Voor ‘n skare van 70,000 mense het hy die oorwinning in die Referendum van 5 Oktober , ‘n dag van gebedsvervulling genoem.
Sy strewe na blanke eenheid was by Dr Verwoerd ‘n hoë voorkeur as die blanke hier wou bly voortbestaan. Samewerking tussen Afrikaans en Engelssprekendes was dus vir hom noodsaaklik oppad na eenheid, en die aanstelling van twee Engelssprekendes as ministers, nl Trollip en Waring, was ‘n poging van hom om die Afrikaner se welwillendheid te betoon vir die Engelse steun in die Referendum vir Republiekwording. Apartheid was vir hom die onontbeerlike staatkundige bedeling om die blanke beskawing in Suid Afrika mee te beveilig.
Ek haal ‘n enkele voorbeeld aan van sy ywer om almal, selfs die voortvarende jeug te oortuig van sy standpunt: Op 4 September 1965, op 2 dae na, presies ‘n jaar voor Stafendas se moord op hom, spreek hy die Nasionale Jeugbond op hulle versoek, toe op Loskopdam. Hulle kongrestema was “die stryd teen Afrikaner-nasionalisme, juis met die oog op die twee Engelse wat hy in die kabinet opgeneem het en volgens húlle be-oordeling, Afrikaner Nasionalisme bedreig het!.
Dr. Verwoerd het reageer op die vraag of die Afrikaner homself sal kan handhaaf in die toekoms, en as hy kan, wat die voorwaarde daarvoor sou wees. Daardie vraag, was bedoel vir ‘n projeksie wat ook vandag ver by ons verby strek tot by ons nageslag, omdat Dr Verwoerd opgemerk het dat hy dink aan tenminste ‘n halfeeu vorentoe!
Diè vraag omvang natuurlik ook vandag ons hele volksbestaan! Dr Verwoerd stel egter die vraag ondergeskik aan ‘n ander vraag nl. “Kan die witman homself handhaaf in Suid-Afrika?” Wat is die toekoms van die witman in Suid-Afrika? Want as die witman homself hier kan handhaaf, is die vraag of die Afrikaner hom sal kan handhaaf, vanselfsprekend geantwoord.
Hy het die voorwaarde vir voortbestaan so gestel: “As ons in Suid-Afrika ‘n beleid van integrasie sou aanvaar, dan sou ek sê dat nieteenstaande alle tierlantyne wat jy daaraan heg op grond waarvan jy belowe dat die blanke vir afsienbare tyd nog sal bly heers, sal die blanke hom op die ou end nie kan handhaaf nie. Die blanke sal hom nie kan handhaaf onder enige beleid van integrasie nie” Hy het bv verwys na die maatskaplike terrein van kerke en skole en hoe die blanke daar en op elke ander terrein, uiteindelik verdring sal word.
Dit is nou twee-en-sestig jaar later! Kan ons Dr Verwoerd se projeksie vandag toets? Deur beginsel en beleidsafwyking het nie net die blanke nie, maar ook die Afrikaner en elke swart volk daarin gefaal om homself te handhaaf. Die tragiese gevolg is dat daarmee saam, is ook die Afrikaner se Godswaardes, sy Christelik-Nasionale grondslag en sy bloedgekoopte vryheid in die drein af en lê finale uitwissing vir ons voor as ons nie wil verenig op die beproefde beginsel en beleid waarvan die sukses deur selfs dr. Verwoerd se opposisie besing is nie!
ENKELE RIGLYNE WAAROP ONS WEER EENHEID SAL VERKRY
Uit die aangehaalde voorbeelde kan ek nie anders as om die volgende riglyne vir volkseenheid te onderstreep nie.
Namate die volke van die wêreld al meer te doen kry met ‘n toestroming van volksvreemdes wat inbreuk maak op hulle volkshuishouding, sal die nalatenskap van Hendrik French Verwoerd in die toekoms wat voor ons lê, nog ver buite ons land se grense neerslag vind! Ons moet God vandag dank vir leiers soos hy, wat na sy dood nog veel vir ons kan en sal beteken.

Sy selferkende afhanklikheid van die leiding van God en sy bereidheid om te leer uit die geskiedenis van sy volk, gerugsteun deur ‘n vaste geloof in die beginsel van rasseskeiding, het hom in sy politieke insig nie net onderskei van die leiers wat op hom gevolg het nie, maar hulle in sy skadu verdonker tot die swart van Afrika wat ons vandag ervaar. Oordeel self uit sy nalatenskap van die geprojekteerde gevolge van die Engels-Joodse integrasiebeleid waarmee apartheid vervang is!
| Ekonomiese gebied | 1954 | 1975-2000 | 2000-2050 |
| SOORT WERK | Naturelle doen die ongeskoolde en deels halfgeskoolde werk. Professioneel-opgeleide Naturelle tree op onder hulle eie mense(bv. as onderwysers, dokters, regsgeleerdes, klerke, ens) |
Naturelle doen alle werk insluitende in die geskoolde ambagte. Blank en Nie-blank werk mededingend saam, veral in handewerk-beroepe waar Naturelle in sommige gevalle in die meerderheid sal wees. Blanke leerlinge sal in sommige gevalle onder Naturelle-vakmanne staan en blanke werkers onder Naturelle voormanne. In die professionele beroepe sal deurmekaar dienslewering ontwikkel hoewel elke groep nog oorheersend sy eie mense sal bedien. |
In alle beroepe insluitende die professionele sal Naturelle in die oorheersende meerderheid wees. Blankes sal wel in sommige beroepe gekonsentreer wees, maar origens maak getalle hulle die ondergeskikte invloed in die beroep. |
| Arbeidsorganisasie | Geen eie vakbond vir Naturelle bestaan nie. Die Blanke sorg as voog vir die belange van die Naturellewerknemers, hoewel die Verenigde Party verlang dat óf gemengde óf Naturellevakbonde sal ontstaan. | Gemengde vakbonde bestaan. Die Blankes beheer hulle nog deur ervaring hoewel die besture reeds gemeng word. | Die Naturelle oorheers alle vakbonde, sowel wat lede, bestuur en amptenare betref. |
|
Werkgewersposisie |
Blankes en ander Nie-blankes is die werkgewers.---Alleen hier en daar gee Naturellewerkgewers aan Naturelle werk. | Die Blanke groep verskaf nog die vernaamste werkgewers, maar welvarende Naturelle begin al behalwe Naturelle, ook Blankes in diens neem. | Naturelle ding op gelyke voet met met Blankes mee as as werkgewers en indiensneming geskied oor en weer sonder dat ras of kleur enige rol speel. |
| Grondbesit | Naturelle----veral stamme----besit grond in eie Naturelle gebiede en hier en daar is oorblyfsels van Naturelle –eiendomsbesit in die Blanke platteland en in Naturelledorpe by Blanke stede, met ander woorde swart kolle soos daar nog wit kolle in Naturellegebied is. | Reg op deurmekaar besit van grond is aan Blank en Nie-blank gegee in Blanke-gebied, maar Naturelle verkry vereers veral erwe in lokasies en plaasgrond op die platteland. Hulle koop nog selde in Blanke woonbuurtes van stede. | Naturelle het grondbesitters soos die Blankes oral geword, dit wil sê in winkel-, industriële en woongebiede van alle stede en dorpe en oral op die platteland. Daar is nie meer Blanke gebied en reservate nie. Alles is gemengde gebied. |
| Politieke gebied | 1954 | 1975-2000 | 2000-2050 |
| Stemmetode | Apart.(Net in Kaapprovinsie stem Naturelle vir eie volksraadverteenwoordigers maar die Naturelle oor die hele Unie word verteenwoordig in die Senaat.) | Gemengde lyste.(Net sekere Naturelle kwalifiseer volgens hooggestelde maatstawwe van beskawing en besit. Naturellekiesers is nog in die minderheid dog hulle getalle groei) | Gemeenskaplike lyste bestaan en die oorgrote meerderheid van kiesers is Naturelle. |
| Soort Verteenwoordiger | Blank | Nie-blankes toegelaat | Naturelle en Blankes |
| Getal | 3 Volksraad, 4 Senaat. | Reeds ‘n paar Naturelleverteenwoordigers is in die Volksraad en in die Senaat en Provinsiale Rade. Hulle is reeds oral lede van Stadsrade. | Meerderhheid Naturelle |
| Gesag | Blankes beheer die Unie | Naturelle en Blankes beheer land in ‘n vennootskapregering, hoewel die Natuerelle die Junior vennootposisie beklee | Naturelle – oorheersing bestaan vanwee hul oorheersende getalle |
| Maatskaplike Gebied | 1954 | 1975-2000 | 2000-2050 |
| Woonplek | Die Naturelle het hul eie gebiede as ‘n eie tuiste. In Blanke gebied woon hulle wettiglik in lokasies en hostels of op blankes se grond, bv. op plase en in agterplase, as bediendes. | Meeste Naturelle woon nog in lokasies, ens., maar ‘n paar welvarendes begin indring in blanke arme- en middelstand buurtes. (Vgl. In New York). | Deurmekaar bewoning. |
| Skool | Naturelle en Blanke kinders gaan na aparte skole | Die stryd ontbrand (soos in die Verenigde State van Amerika) nou dat Naturellekinders in die Blanke skole moet kan inkom. Paar welvarendes se kinders is reeds opgeneem in enkele (veral kerk en privaat) skole | Alle skole is deurmekaar skole, en Naturellekinders is oral in die meerderheid. |
| Universiteit | ‘n Baie klein persentasie Naturellestudente studeer by ‘n paar Blanke Universiteite. Die neiging na aparte Naturelle-Universitete word deur enkele inrigtings nog getoon. | Deurmekaar Universiteite is die reel met ‘n groot aantal Naturellestudente, hoewel ‘n paar inrigtings uit eie keuse hul handhaaf as uitsluitend Blank. | Verbod op segregasie op Universiteite is ingevoer en almal is deurmekaar – inrigtings. |
| Geriewe: Vervoer, Hotel en Restaurant; Vermaak en Sport. | Geen vermenging bestaan behalwe op vervoermiddels in sommige plekke. Af en toe word ‘n gemengde vermaaklikheidsgeleentheid uit moedswilligheid of liberalisme gereel, onder taamlik algemene afkeuring. | Alle geriewe word as gemeenskaplik beskou, hoewel afsondering vrywillig meestal beoefen word behalwe dat veral ryk en geleerde Naturelle die reg gebruik. Sosiale sanksies en teësin van Blankes belemmer gelyke gebruik van die geriewe weens vernedering – gevoel (Vgl. V.S.A. vandag). |
Oral is gebruik van alle geriewe deurmekaar (vgl. Engeland). Daar is ‘n verbod op segregasie en dus lei gedwonge toelating oral tot gewoonte. |
| Huwelik | ‘n Wetsverbod op gemengde huwelike bestaan hoewel die Verenigde Party net ‘n vrywillige onthouding daarvan begunstig. |
Die voorgaande wetsverbod is verwerp. Vermenging vind dus al meer plaas, maar nog verhoed Blanke sosiale sanksies en teenstand dat dit op baie groot skaal of in die meer welvarende of sosiaal gesiene klasse veel plaasvind. |
Vermenging word algemeen en kleurgevoel stomp heeltemal af (vgl. Sekere Suid-Afrikaanse state). |