1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7464970

Besoekers aanlyn

Ons het 15 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

‘n Brexit van die Brein?

Brexit van die breinFrans Cronjé Rapport:

Etniese verskille kan SA pad van Brexit laat volg:

Wat ’n ontnugtering! Dat Frans Cronjé stadig maar seker tot die besef kom dat die sogenaamde “regses” oftewel verkramptes toe tog nog al die tyd reg was en die verligtes of linkses wat agter die Nuwe Wêreld Orde aan geblaf het ten koste van ’n hele blanke beskawing, nog altyd gedwaal het, kan ’n mens begryp.

Dat die Rapportkoerant egter hierdie denkrigting in hulle dampkring van wanbegrip en beginselversaking toe te laat, waarin hulle geslaag het om bykans die hele Afrikanervolk soos ’n Judasbok te lei om voel-voel soos in ’n digte mis te bly soek na hulle versaakte nasionalisme, lyk vir my na ’n spreekwoordelike “brexit” van denke!

 

Sou dit die mure en spreekwoordelike mure wees wat opgaan in Europa wat hulle be-invloed?

 

Cronjé se ontleding van die moontlike verdeling van Suid Afrika, gebaseer op die huidige opbouende etniese onverdraagsaamheid, is volgens die AVP niks anders as die eindproduk van apartheid soos wat dr. Verwoerd en die Nasionale Party sedert 1948 en tot voor 6 September 1966 in gedagte gehad het en besig was om te implementeer nie!

Hierdie beskeie begin van ‘n erkenning dat die integrasie-en gelykheidspad waarop John Vorster sy voet geplaas het, is betekenisvol! Toe Vorster dr. Verwoerd se spoor, waarop hy verklaar het hy sou stap, byster geraak het en deur P.W.Botha en F.W. de Klerk tot in die afgrond gevolg is, het Rapport vlytig meegewerk. Hulle erkenning ontdaan hulle egter nie van die “Bloedbad” wat hulle probeer vermy het en ons volk en honderde duisende ander se lewens in ‘n “Bloedrivier” gedompel het nie.

Cronjé se verstommende stelling dat geen regering in die afgelope 100 jaar instaat was om Suid Afrika (“UNIE” ) voorspoedig en vreedsaam te regeer nie, dien sommer as bewys van die onkunde en wanstaltige vertolking van die Afrikaner se geskiedenis uit daardie geledere, wat nou ge-opper word as rede waarom hulle,( Rapport en diesyne) nou meen dat daar opgehou moet word om te probeer!

As Cronjé sê dat ons moet ophou probeer om die huidige gemors vreedsaam en voorspoedig te regeer, brand daar iewers ’n flou liggie in die hoofstroommedia in Suid Afrika!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie