Geheime organisasies, die geldmag en die Illuminati wat in politieke terme feitlik sinoniem is en waarna gereeld verwys word wanneer gebeure internasionaal en plaaslik nie ‘n duidelike oorsprong het nie,word allerweë as die bron van alle kwaad in die politiek beskou.
Dat daar weinig indien nie een ingeligte politiekbelangstellende persoon is wat nog nie daarvan gehoor het nie, is ‘n feit. Of almal egter besef dat diegene wat op aarde daarmee besig is in diens staan van magte buite die waarneming van wat sigbaar, tasbaar en hoorbaar is, is ook ‘n feit en waarskynlik die grootste oorsaak van swak en gladnie toegeruste weerstand teen hierdie kragte wat daagliks teen ons aangewend word nie.
MEV. CAROLINE VAN DER PLAS: "ALLE KIESERS WAT HUL STEM OP MY UITGEBRING HET, KAN DAARVAN VERSEKER WEES DAT EK DIE BELANGE VAN DIE BOERE TOP PRIORITEIT SAL GEE"
Geagte lesers. Ons het 'n insiggewende onderhoud gehad met mev. Caroline van der Plas wat by
die laaste verkiesings met die nuwe politieke party BoerBurgerBeweging deurdat 56:000 mense op haar gestem het, 'n setel in die Nederlandse parlement verower het. Die nommer twee op die lys, mev. Femke Wiersma het ongelukkig nie 'n plek gekry in die Tweede Kamer dog het darem 25.588 stemme behaal. In totaal het 104:000 kiesers op BBB gestem. Ons het oa. gesels oor waar haar party voor staan en wat sy dink te kan bereik om die Boere wat bedreig word in hul bestaan deur partye as Demokrate 66 te kan help.
Ps. 40:1-18
“Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die HERE stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie.” (5). Geliefdes, vertrou ons nog van harte op die HERE? U vind hierdie vraag dalk vreemd. Natuurlik vertrou ons op die HERE. Ons moet dalk versigtig wees om te selfversekerd te wees. Petrus het ook mos op die HERE vertrou – daarom dat hy uit die skuit geklim het en op die water na Jesus geloop het. Maar was daar nie tog ‘n swak plek in sy mondering wat daartoe gelei het dat hy in die water weggesink het nie?
Hierdie lewensbelangrike boodskap van wetenskaplik en tegniesversorgde ontleding van die aanslag op die mensdom deur die satan en sy volgelinge deur moderne tegnologie het op die AVP se lessenaar beland en is te kosbaar om nie wyd en syd bekend te maak nie. Die AVP is 'n politieke party wat nie aanspraak maak op wetenskaplike kennis, veral op mediese terrein nie.
Die valse propaganda oor 'n pandemie wat nie bestaan nie se oorsprong is egter uitsluitlik polities van aard. Die vreessigose wat daardeur geskep is deur gebruik van die hoofstroommedia is insgelyks polities in oorsprong en oogmerk en bedreig nie net onns Afrikanervolk vir wie die AVP 'n selfopgelgde verantwoordelikheid aanvaar het en tree ons in daardie verantwoordelikheid op om u instaat te stel om ingeligte besluite te kan neem.
Daar is vele boeke geskryf en nog meer lesings en toesprake gehou oor hierdie onderwerp. In meeste gevalle rol dit van die rug af want dit raak my nie eintlik nie. Ek het genoeg ander verantwoordelikhede om my besig te hou en het dus in elkgeval nie tyd vir hierdie praatjies wat nou al vir so lank ek kan onthou, in omloop is! Wat daarvan as jy een oggend opstaan en jy het nie meer werk nie? Jou huis en motor word weggeneem want jy mag niks meer besit nie! Jou ouers word weggeneem en jy verneem later dat hulle gedood is. Jou plaas of besigheid word in besit geneem, jou kinders weggeneem na wie weet waar?
Dit is hier waar die onrus, die bitterheid, die vernietiging van lewens en eiendom wêreldwyd hulle voortgang het! In Suid Afrika kan die Afrikanervolk daarvan getuig sedert ons volksplanting, tot vandag toe.
Dit is reeds in die voor Bybelse tyd dat Jesus vir die Fariseërs en skrifgeleerdes beskuldig het dat hulle die vader van die leuen as vader het! Geheime beplannings en sameswerings om ander volkere en nasies se binnelandse aangeleenthede binne te dring is in ons tyd die Britte se "nasionale sport". Om regerings omver te gooi deur befondsing van terroriste, rebelle en "geplante" aanstigters, alles in belang van wat die Engelsman as noodsaaklik ag vir gewaande wêreldvrede, terwyl dit eintlik gaan oor mag en selfverryking.. en sonder twyfel, gemeet aan die ongeregtigheid waarmee dit gepaard gaan, in diens van satan self!
Markus 4:35-41
“En ‘n groot vrees het hulle oorweldig, en hulle het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat selfs
die wind en die see Hom gehoorsaam is!” (:41).
Geliefdes, is dit nie ‘n interessante vraag wat Jesus se dissipels in vers 41 van ons gelese
gedeelte stel nie – “... Wie is Hy tog,? ...”. Dit is die dissipels van Christus wat hierdie vraag
stel – mense wat elke dag saam met Hom geleef en gewandel het. ‘n Mens sou verwag dat
húlle meer as enigeen sou weet Wie Hy tog is.