Terwyl dit brand en rook en die voorsppelde anargie en chaos uiteindelik fisies sigbaar en hoorbaar oral in die land waargeneem kan word, kom die politieke vêrsig van ons Afrikanerleiers van weleer in die gedagte op. In 'n land met elf verskillende etniese volke is dit nie moontlik om hulle met dieselfde Westerse regeerstelsel gelukkig te hou nie.
Ons leiers het al gou besef dat blank en swart nie onder dieselfde regering in vrede met mekaar sal kan saamleef nie. Wat vir ons reg was is vir hulle verkeerd en andersom. Derhalwe was 'n beleid van skeiding as die enigste werkbare beginsel aanvaar soos wat dit aan die orde was onder die Britse regeerstelsels. Totdat die Afrikaner hulle juk finaal in 1961 afgegooi het en die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling wetlik verfyn en implimenteer het, was die Engelse tweeslagtigheid en die binnelandse liberales se humanistiese neigings soos 'n sluimerende kiem wat ons volk bedreig het.
Joh. 1:35-52 “Daarop sien Jesus Natánael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.” (:48). Geliefdes, wat ‘n pluimpie is dit nie wat Natánael hier ontvang nie! Só ‘n kompliment van die Seun van God. Die oomblik toe Jesus hierdie man sien, maak hy meldig van hierdie kosbare eienskap van Natánael. Dit is duidelik dat hierdie vir Hom ‘n baie kosbare eienskap in ‘n mens is. Christus stel dit dat Hy kan sien dat daar geen bedrog in Natánael is nie. Hy kom na Christus met ‘n opregte gesindheid en nie met allerhande bybedoelings nie.
'n Ontleding van 'n reeks onopgeklaarde korruptiewe bedrywe, handelings en optrede en gebrek aan optrede van geweldige omvang het op die AVP se tafel beland waarvan die outeur aan ons onbekend is. Bepaald nie nuwe nuusnie, maar insiggewend vir die goedgelowiges wat rustig met die stroom saamdryf om dit bymekaar te kan sien! Ook vir die pryssangers van Ramaphosa en Bheki Cele wat voorkom asof hulle die reg laat seëvier het deur Zuma wat homself aangemeld het.
Waar lê die oorwig van korrupsie? By Zuma? Nee, ons dink nie so nie! Zuma was net die krokodil se snoet. Kyk na die lyf hieronder. Daar is nie genoeg water in Suid Afrika om dit te bedek nie en hy word al vetter en vetter van ons eie dom politici wat hom voer!
Zuma reis "vrywillig" kort voor die sperdatum vir sy arres 12uur nm. na Estcourt se nuwe opgradeerde gevangenis om homself aan te meld vir sy 15 maande gevangnisstraf. Op hierdie stadium is daar slegs fotos van voertuie en beskrywings van verklarings deur Zuma, maar geen foto van homself waar hy in 'n voertuig klim of sit, of uitklim by die tronk nie.
Die gesamentlike besluit van die "minister" van polisie en die "kommisaris" van polisie om nie teen Zuma op te tree ingevolge die beslising van die hoogste hof in Suid Afrika, word beskou as nog 'n oorwinning van Zuma teen die reg! Tot en met die Afhandeling van die litigasieprosesse wat Zuma aan die gang gesit het met sy vertoë na die Hooggeregshof in Pietermaritsburg om 'n interdik teen sy arrestasie, kan hulle nie teen hom optree volgens dié twee "justisiemanne".
Terwyl Juniemaand se plaasaanvalle en moorde die voorafgaande maande se syfers opvolg en selfs daarop verbeter, skuif dit na die agtergrond terwyl Zuma die Grondwethof se gesag tot die uiterste beproef.
Met ondersteuning uit Zulugeledere wat saam met die Mkonto We Siswe oorlogsveterane onderneem het om te sorg dat Zuma nie ge-arresteer of toegsluit word nie, is dit interressant om te sien hoe die werklike vyande van Suid Afrika wat agter die skerms knoei, hulle bes doen om militêre konflik te vermy.
Dit was dr. Willie Lubbe wat by geleentheid gesê het: "Moet nooit jou gewete ignoreer nie, omdat jou gewete geskool is uit die Bybel". In wese beteken dit dat jy aanspreeklik is vir wat jy sê of doen of selfs dink en beplan en jou gewete jou daaroor adviseer het, hetsy positief of negatief.
By nadere ondersoek bevind ons dat dit inderdaad 'n beginsel uit die Bybel is. Naamlik om nie jou gewete te ignoreer, wat as riglyn vir 'n gelowige 'n geweldige betekenis het.