1 Pet. 2:1-10: “LÊ dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle
kwaadpratery;” (:1). In hierdie brief van Petrus word ons as gelowige kinders van God daarop gewys dat ons moet werk maak daarvan om alle boosheid af te lê. Dit is geen nuwe leer nie, geliefdes. Die Woord van God is duidelik oor die heiligmaking, die aflegging van sonde, die strewe daarna om aan die beeld van God gelyk te raak.
Die duisternis in die nuwe Suid-Afrika het ‘n lig geskyn vir die wȇreld om te aanskou. Die ANC is geweeg en te lig bevind. Die groter klad op Suid-Afrika se sogenaamde demokrasie is dat dit juis die swart bevolking is wat die ANC aan bewind hou, ongeag al die onheilighede wat plaasvind. Dit is juis hier waar die knoop lȇ. So het dit ook uitgespeel in die parlement waar Zuma veelvuldige kere beskerm is deur sy kamerade teen aanklag en ontslag. ‘n Verdoemende bewys dat staatskaping, korrupsie en oneerlikheid aanvaarbaar is in hul geledere.
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken het volgens stellings in die Washinton Post wat deur David Ignatius in die WP gerapporteer is, in wese erken dat Amerika die oorlog teen Rusland verloor het! Volgens Ignatius is dit nie net die Amerikaanse minister van buitelandse sake wat uiteindelik besluit nie. Daar is 'n komplekse besluitnemingsproses.
Wat presies beteken dit vir die Afrikanervolk aan wie die Republiek van Suid Afrika nou eintlik behoort? Daar is ‘n baie kort maar baie effektiewe beskrywing vir die betekenis. Die AVP noem dit ‘n “Rommelskommel”! Wat gebeur as jy rommel skommel? Hoe jy nou ookal daarna kyk, rommel bly rommel al skommel jy dit tot vervelens toe!
Selfs vir Ramaphosa sal dit slegs ‘n baie korttermyn effek hê.
‘n Taiwanese meisie 11 jaar oud is dood ná tweede Pfizer-ent inspuiting. Die Regering het $115,000 aan haar familie toegeken. ( Dr. William Makis, 5 Maart 2023)
Hierdie storie is belangrik in die lig van my onlangse verslag oor 96 Kanadese kinders wat die afgelope 3 maande skielik of onverwags gesterf het. Alhoewel daar baie stories was van kindersterftes as gevolg van COVID-19 mRNA-entstowwe, is dit die eerste een wat deur ‘n regering vergoed is.
Jeremia 24:1-10: “En Ek sal hulle ‘n hart gee om My te ken, dat Ek die Here is; en hulle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart.” (:10).
Die HERE praat hier van twee belangrike dinge wat saam werk – ‘n hart om Hom te ken. Ons lees van ‘n kennis van Hom, maar ook ‘n liefde vir Hom wat daarmee saamgaan. Ons lees nie alleen dat Hy aan Sy volk ‘n kennis sal leer nie, maar dat Hy hierdie kennis in ‘n hart sal lê wat Hom ken. Hulle sal derhalwe nie alleen ‘n kennis van Hom hê nie, maar ook sal hulle ‘n liefde vir Hom hê.
'n Sigbare verval, toenemende moord, verkragtings, diefstal en motorkapings, dan nog 'n gebrek aan veiligheid en dienslewering, instandhouding en herstelwerk. ‘n Duidelike waarneembare onvermoë, moedswillige misbruik van outoriteit, groeiende minagting vir eiendomsreg en stelselmatige selektiewe toepassing van reg en geregtigheid!