In reaksie op 'n onlangse parlementêre vraag en antwoord sessie het die Departement van Vervoer gesê dat sommige provinsies hul paaie na Sanral oorplaas sodat dit beter ontwikkel en bestuur kan word. Sanral het egter gesê as hy nie die nodige finansiering en begrotingshulp van die nasionale fiskus kry om by hierdie groeiende portefeulje te pas nie, kan hy eenvoudig nie tred hou met wat gedoen moet word nie.
Hoe daar nou ookal gekyk word na Suid Afrika se jarelange verhouding met die Weste en sy Zuma bedingde verbintenis met Brics, dat dit ‘n klippie in verskeie politici en lande se skoene geword het, is ‘n voldonge feit!
Die Afrikanervolk se volgehoue weersin in Kommunisme as ‘n beleid en aversie van Kommunistiesbeheerde lande is algemeen bekend.
Enkele uitreksels oor onlangse misdaad uit die Daily Maverick koerant:
Sonder kos
Gauteng se grootste hospitaal, Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal, staar ernstige voedseltekorte in die gesig wat 'n impak op pasiënte se gesondheid en welstand het. 'n Onderbreking in sekere voedselvoorrade dwing dokters en verpleegsters om te skarrel om 'n plan te maak oor hoe om pasiënte te voed. Weereens lê die wortel van die probleem blykbaar in wanadministrasie by die Gautengse gesondheidsdepartement en die versuim om verskaffers betyds te betaal.
Spr. 3:1-35: “Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.” (:5). Ons ontvang hierdie as ‘n opdrag uit die Woord van die HERE, geliefdes. Die opdrag dat ons op die HERE moet vertrou. Dit beteken derhalwe dat indien ons nie op die HERE vertrou nie ons aan Sy Woord ongehoorsaam is.
Dit is seker vir die meeste van ons nie maklik om te vertrou nie. Dink maar aan hoeveel mense u ken. En hoeveel van al hierdie mense wat u ken, vertrou u? Dit is maar ‘n baie klein handjie vol.
DIE DRENTHE PROVINSIE SE STATELID MNR. BERT VORENKAMP: "DIT IS ABSURD DAT STATUSHOUERS LANGS BEJAARDES BLY!"
Die behuisingsvereniging 'Woonborg' wil in die stad Roden se ouetehuis Noorderkroon
sogenaamde 'statushouers' plaas. Statushouers is persone wat eers asielsoekers was maar nou erken is as vlugtelinge.
Die Nederlandse bejaardes, wat nie meer selfstandig in hul eie huis kan bly nie, moet nou aanvaar dat hierdie voormalige asielsoekers langs hul gaan bly. Hierdie belaglike voorstel kom van die vroeër genoemde vereniging 'Woonborg', wat meen dit is reg om so te maak omdat hulle die eienaar is.
N.a.v. van hierdie plan het ons Drenthe se Statenlid vir die Party vir die Vryheid, mnr Bert Vorenkamp, vir verduideliking gevra. Meneer het op 3 Mei dadelik vrae gevra aan 'Woonborg'.
Dit is vir die AVP belangrik om name geheg te kry aan die “kriptiese” term, DIE GELDMAG waarna altyd los en vas verwys word as die mag wat skynbaar die hele wêreld beheer. Hoewel hierdie manne nie in regerings as politici sit wat mense soos F.W. de Klerk kon oorreed om sy volk te verraai sodat hulle daarby kon baat nie, beheer hulle deur middel van ekonomiese maatreels die politici in talle regerings om hulle doel te bereik
Dit is lank reeds nie net meer die AVP se voorspelde gevolg vir Suid Afrika nie, maar word reeds geruime tyd deur die outeurs van “verandering” én goedgelowige Afrikaners wat de Klerk op sy kranksinnige politieke dwaalpad gevolg het, erken en gekritiseer!
Steeds egter, is die de Klerkstigting met sy handperde Solidariteit en Afriforum oortuig dat rasseskeiding nie die oplossing is nie.