
Dit is met leedwese dat ons verneem het dat Oom Marten du Preez vanoggend oorlede is, Hy was vir ons almal 'n voorbeeld as getroue volksgenoot en diep gelowige.
Johan Theunissen.
Ek wil graag daarby voeg dat Oom Marten 'n navolgenswaardige patriotiese Afrikaner was wat nooit sy bydrae tot ons volk se vryheidstryd afgeskaal of weerhou het tot aan die einde van sy lewe nie! In sy nalatenskap sal dit steeds voortduur as riglyn vir elkeen van ons wat ons bydrae hetsy deur fisiese betrokkenheid, ditsy finansieël, vir welke rede ookal aan ons stryd om weer vry te wees, ontsê het. Ek eer hom as 'n ware bittereinder en lofwaardige Afrikaner Strydros. Ons medelyde met elkeen van sy nasate en bid u toe die seën van ons hemelse Vader. Ons is saam met u dankbaar dat hy rustig en op natuurlike wyse op pad na sy ewigheidsbestemming kon gaan. Hy was beskerm en geseënd om in hierdie troebel tyd van ons volk se bestaan op so 'n wyse kon heengaan.
Danie Varkevisser.
Luk. 3:1-20: “Hy het dan ook met baie ander vermaninge die evangelie aan die volk verkondig.” (:18).
Daar is aan die meeste dinge op aarde maar altyd voordele en nadele aan verbonde. Die voordeel van voertuie is dat ons soveel makliker by ons geliefdes kan uitkom. Die nadeel hiervan is dat ons nou so maklik hierheen en daarheen rits dat ons al minder tyd maak om by ons geliefdes uit te kom. Die voordeel van selfone is dat ons soveel makliker met ons geliefdes kan kommunikeer, die nadeel hiervan is dat dit ook vir soveel ander doeleindes gebruik word dat ons meer tyd op hierdie toestelle as saam met ons geliefdes deurbring wat tot slegter menseverhoudings aanleiding gee.
Deur die groot gat van die ozoonlaag loer die duiwel om te sien wat vang die ANC nou weer aan. Hy prewel by homself – soos ek gedink het – Rasmal en magsbehep. Hy glimlag breed en behaag homself, daarin dat hy sy boodskap so goed gepropageer het. Die pragtige reënboogstorie wat die kommunistiese sekel verskuil daar agter. Elkeen vir homself en net die ANC en ek vir almal se welsyn. Ja, bekook die politiek met ‘n duisterheid sodat niemand kop of stert kan uitmaak nie.
Die diktatoriale optrede van die Nederlandse regering om die reg van sy burgers om hulle misnoë met die bestuur en beheer van die regering te betuig te ontneem deur ‘n noodtoestand af te kondig, is tipies van ‘n regime wat nie meer in belang van sy kiesers en die mandaat wat hulle deur verkiesing verkry het, te handhaaf nie. Die doel is om boere te keer om te betoog.
Deur Peter Koenig Global Research, 30 Junie 2023
Die antwoord dring homself op: Waarskynlik die Satan self. Omdat daar geen internasionale wetgewing is wat sulke menslike tirannie toelaat nie. Dit is niks anders as 'n elite-gemaakte "Wêreld Orde" wat diktatoriale, militêr-afdwingbare bevele oor die mensdom afdwing. (Die AVP standpunt is ook dat hulle nie verkies of aangestel is deur enige volk of nasie of instelling nie! Waar kom hulle gesag vandaan waarmee hulle feitlik die hele wêreld intimideer? Watter papbroek regeerders is in lande verkies wat sulke tirannie toelaat om op hulle burgers aan wie hulle verantwoordbaar is afgedwing te word? Die Afrikanervolk is bepaald nie aan een van daardie organisasie onderdanig asook nie aan die ANC Regime wat in elke geval ‘n onwettige regime is wat deur bedrog in beheer van Suid Afrika gekom het!)
Matt. 10:1-42: “Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.” (:37&38). Ons het in ons vorige oordenking na die lewens van die profeet Hábakuk asook Dawid en Moses verwys. Hierdie mense wat God nie alleen in tye van voorspoed liefgehad en gedien het nie, maar ook in tye van swaarkry en beproewing het hul liefde vir Hom nie verkoel nie.
MNR JAN VAN PUTTEN: : "ONS WOU MET ONS AKSIE DIE SLAGOFFERS ONTHOU WAT 40 JAAR GELEDE DEUR DIE TERREURORGANISASIE ANC OM DIE LEWE GEKOM HET"
Geagte leser. Ons het 'n baie insiggewende onderhoud gehad met 'n woordvoerder van die
Geuzenbond. Hierdie groep het op Saterdag 20 Mei in drie stede in Nederland straatnaamborde wat Mandela se naam dra tydelik gewysig in name van slagoffers wat op dieselfde datum 40 jaar gelede in Pretoria dood gelaat is toe 'n motorbom met 40 kg plofstof in Kerkstraat ontplof het. By die terreurdaad is 19 burgerlikes dood en 217 wreed vermink.Die aanval is deur die militêre vleuel van die ANC, uMkhonto we Sizwe uitgevoer.
Omdat die Geuzenbond ook 'n voorvegter is van die Nederlandse taal en hierdie verdedig, sal ons behalwe oor hierdie feit ook vrae stel oor aksies wat hulle gehou het op andere plekke in Nederland en Vlaanderen