MEVROU GERLINDE VELDMAN: "ONS HET GEMEEN ONS MOET 'N RIEM ONDER DIE HART VAN DAARDIE HELDE STEEK"
Die skenkingsveldtog wat eind Febrarie deur die Staphorster-genootskap lanseer is om geld in te
samel vir die veroordeelde menere wat Kick Out Zwarte Piet (KOZP) op 19 November 2022 suksesvol verhinder het hierdie Overijsselse dorpie binne te gaan, nader nou 19.000 euro. Op 5 Maart het die kasregister reeds op 18.420 euro gestaan. Drie menere van 21, 24 en 27 jaar oud is 'n maand en 'n half gelede tot 180 uur gemeenskapsdiens gevonnis vir openbare geweld op Saterdagmiddag, 19 November 2022.
Die anargiste van Kick Out Zwarte Piet wou toe teen Zwarte Piet betoog. Die vuilgoed het nie Staphorst ingekom nie deurdat die mans saam met baie andere inwoners walgegooi het teen die nikswerd spul.
Matt. 18:15-35
“Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het; moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie? En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was. So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.” (:32-35). Ons leer alreeds uit die lewens van Adam en Eva se kinders dat die mens in sy vleeslike aard daartoe geneig is om ’n ander onreg aan te doen. “En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan.” (Gén. 4:8).
EIENAAR MENEER CEES DE WILDT: "EK HET SPESIAAL VIR GESTREMDES EN BEJAARDES HIERDIE DIERE OPGESIT EN SAL HULLE NIE AFHAAL NIE"
Geagte leser. Na aanleiding van die aksiegroep Peta se besluit om houtperdjies, houttiere en ander houtdiere uit mallemeulens te verban, het ons 'n insigewende onderhoud gehad met mnr. Cees de Wildt.
In 2023 het hy besluit om sy hart te volg met die oprigting van die stigting van 'De Wildt Draait Verder'. Hy het die moontlikheid gehad om 'n mallemeule van mnr. Johan Paashuis - wat reeds 28 jaar deur die land gereis het - aan te skaf. Sy passie was: 'Wat kan tog beter wees as om kinders, mense met gestremdhede en bejaardes te sien geniet 'n outentieke mallemeule?'
Mnr De Wildt het toe ook opgemerk dat ma's met babas dit altyd moeilik vind om in motors of op perde te sit. Dus toe het hy gedink: 'Wat as ek 'n stoel in sit waar hulle gemaklik kan sit?' En hierdie puik idee was 'n suksesvolle een. Mnr. De Wildt meen hy sal as dit van hom afhang nog vir nog tien jaar of wat sekerlik voortgaan om sy mallemeule te bedryf. 'Ek hou baie daarvan om nog ’n rukkie aan te hou.'
Die k-faktor is die faktor van destruksie in die nuwe Suid-Afrika. Kriminaliteit het endemiese perporsies aangeneem in hierdie land. Elke nuwe dag van more is daar ‘n onthulling van korrupte aktiwiteite. Naas die vigs-epidemie is misdaad nou die grootste landskrisis. Plaasmoorde en selfs politieke moord het iets allerdaags geword. Geweldsmisdaad teen boere word openlik aangeblaas in swart kringe.
Shaun Jacobs • 21 Februarie 2024
Daar is gevestigde belange agter die implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV)-skema in Suid-Afrika, wat daarop gemik is om dit te gebruik om dele van die staat vas te lê en regeringshulpbronne te dreineer.
Dit is terugvoer van
, Wits Skool vir Bestuur, wat aan Newsroom Afrika gesê het dat die NGV 'n bedreiging vir beide die openbare en private gesondheidsorgstelsels is.
Nah. 1:1-15: “Die Here is goed, 'n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.” (:7).
Ons word in hierdie gedeelte deur die profeet Nahum aan twee kante van God bekend gestel. Die kant van God se toorn en wraak teenoor Sy vyande en andersyds die barmhartigheid, lankmoedigheid en goedheid teenoor Sy volk. Die een kant van God is so deel van Sy wese as die ander kant. Ons kan nie, soos menige mens deesdae probeer doen, vir God besluit dat ons van Sy liefdevolle kant hou, maar nie van die eienskappe van Sy grimmigheid en woede nie.
Ry saam met Mike Smith terug in die geskiedenis en tel die draad op waar hy in die stof en as van Suid Afrika gesmyt lê en vertrap word!
Die AVP doen die moeite om Smith se navorsing uit Engels te vertaal sodat ons jeug, en ook volwassenes wat uit die nasionale denkstroom uitgeprop was, weer toegerus kan word om die hedendaagse leuen van die waarheid te kan onderskei!
Daar was 35 aflewerings en ons plaas dit terwille van die lengte daarvan in 10 aflewerings, met erkenning aan Mike Smith vir ‘n monumentale stuk werk! Terwille van spasie het ons sy fotos weggelaat.