WAAROM KLOU BEHOUDENDE AFRIKANERS AAN NASIONALISME? WAT ÍS NASIONALISME? (Aflewering drie)
VERDRAAIING VAN DIE WERKLIKHEID.
Om oortuigend te kon redeneer dat apartheid ʼn sonde is, onderdrukkend in aard en euwel in uitvoering, moes die feitlikheid van etnisiteit oftewel rasverskil wat deur die term nasionalisme omskryf word, as fiksie of onwerklik gedefinieer word. Ten einde effektief daarin te slaag is die woord nasionalisme oor dieselfde kam geskeer as die ander –ismes soos Kommunisme, Liberalisme en Humanisme wat as abstrakte ideologieë bekend staan. In Engels as “fancyfull speculation”, iets wat nie werklik bestaan nie maar deur die mens uitgedink is om iets anders daarmee te bereik as wat die werklikheid en natuurlike verloop sou wees.
Deur nasionalisme dus as n ideologie te definieer, kon redeneer word dat mense se indeling nie volgens erkende rasse-eienskappe geskied nie maar volgens klasse. Indien die kerk en politici moes erken dat Nasionalisme op skeppingswette berus, is die veroordeling van afsonderlikheid, eiesoortigheid of apartheid dan nie moontlik sonder om in stryd te kom met God se skeppingsorde nie
DIE LEUEN VAN NIE-RASSIGHEID
WAAROM KLOU BEHOUDENDE AFRIKANERS AAN NASIONALISME? WAT ÍS NASIONALISME? (Aflewering twee)
VERNIETIGING VAN NASIONALISME:
Die verpolitisering van nasionalisme veral vanuit die kerke, het sy oorsprong in die mens se strewe om onder God se heerskappy uit te kom. In die bou van die toring van Babel was die mens se bedoeling om By God se oordeel verby te kom deur sy eie krag wat gesetel het in sy getalle en gesamentlike vermoë. God het self ingegryp deur die eendragtigheid téén God te verhoed deur taalverwarring en verspreiding van die mens oor die hele aarde.
GÉNESIS 11:6 En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.
Die mens se strewe om onder die heerskappy van God uit te kom, is voortgesit deur die ongelowiges met die Satan as aanvoerder. Vir sommige bewustelik en vir ander subtiel, diabolies, verraderlik “christelik”! Die belangrikste instrument waarvan hy gebruik maak is die Liberalisme, Kommunisme en die Humanisme. Al drie hierdie –ismes is die natuurlike vyande van die Nasionalisme. Dit wil en moet die grense tussen volke uitwis.
WAAROM KLOU BEHOUDENDE AFRIKANERS AAN NASIONALISME? WAT ÍS NASIONALISME? (Aflewering een)
RIGTINGBEDONNERD?
In ʼn tyd van uiterste verwarring en doelbewuste misleiding waar ons Afrikanervolk ons totale materiële sekuriteit verloor het en daar ook op ons geestelike waardes en sekerheid ʼn aanslag gemaak word, is dit noodsaaklik om indringend daarna te kyk om te verhoed dat ons algehele perspektief verloor en in die proses, ook ons wil tot weerstand teen dit wat ooglopend verkeerd is.
WAT IS NASIONALISME?
Vir ons wat geloof het in die bestemming van die Afrikanervolk in Afrika, is dit noodsaaklik dat ons te midde van onsekerhede, sal kyk na die grondslae van ons volksbestaan en die lewensbeskouing waaruit ons gegroei het. Dit bring dan onmiddellik Nasionalisme na die voorgrond omdat dit die grondslag is waarop Suid Afrika deur die Afrikaner uitgebou is tot die sterkste staat in Afrika.
FEESREDE BY GELEENTHEID VAN KRUGERDAG IN DIE AMFITEATER, UNIEGEBOU, PRETORIA, 10 OKTOBER 1959
Ons gedenk ons helde. Dit beteken eintlik niks anders nie as dat ons hulle huldig wat alles wou gee aan hulle land en aan hulle volk. Dit is hulde aan die onselfsugtige volksmanne van die hele periode van ons jong geskiedenis!
As ons so in die dorre woestyn van ons alledaagse lewe staan, wil ons soms verder kyk na die beloftes oor die toekoms wat voorlê en na die ideale wat vir ons nagelaat is deur ons voorgeslag. Dan is dit asof tussen ons woestyn en daardie land van hoop, 'n bergreeks staan waar-agter ons nie net wil kyk nie, maar mettertyd ook beweeg. Die berg-reeks simboliseer die reeks van ons heldedom. Daar in die verre verte sien ons, half deur die newels versluier, toppunte in 'n bergreeks uitsteek wat ons tog nog kan herken.
DIE OEPPS VAN DIE AFRIKANERS
In die bylaag Weekliks, onder redaksie van Pieter Malan, is die opskrif op die voorblad,
“RIGTINGBEDONNERD”. Dit is die titel van n boek geskryf deur n Nederlandse joernalis, Fred de Vries, wat volgens die berig reeds tien jaar in Suid Afrika woon en n intense belangstelling in die Afrikaners het. Blykbaar is hy die mening toegedaan dat die Afrikanervolk nou na ’94 verward is oor welke rigting die regte is vir die Afrikaner om te volg.
Om onder die indruk van rigtingloosheid te kom deur bv. Pieter Mulder, Dan Roodt, Steve Hofmeyr en Flip Buys se politieke sienings te be-oordeel, is werklik nie vreemd nie. Die gemene deler by hulle is dat hulle al vier apartheid as n fout beskou en derhalwe daarmee n streep trek deur die Afrikaner se geskiedenis!
LUKAS 16:1-16
16 Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin.
1 EN Hy het ook aan sy dissipels gesê: Daar was ’n ryk man wat ’n bestuurder gehad het; en hy is by hom aangeklaag as een wat sy besittings verkwis.
2 En hy het hom geroep en vir hom gesê: Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake; want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.