Fil. 4:1-9
“Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.” (:8).
Ons onderskat meermale die uitwerking van ons gedagtes op ons menswees, op ons lewens. Is dit nie so dat die dinge wat ons gedurigdeur bedink eindelik die begeertes van ons hart sal vorm nie? En dat dit wat ons in ons binneste koester weer uiteindelik ‘n groot invloed op ons optrede en dade het nie? God het immers vir Petrus daarop gewys dat hy verkeerd optree omdat sy gedagtes nie suiwer was nie. “Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van mense.” (Matt. 16:23).
VLAAMS BELANG BESTUURSLID MNR. JAMIE KERREMANS VAN DIE AFDELING BEVEREN: "NA MY SIENING WORD HIERDIE SKOLIERE GROOT ONREG AANGEDOEN"
In ons vorige artikel het ons mej. Vasterman aan die woord gelaat wat, soos u sal kan herinner
net vanweë die feit dat sy geweier het 'n moslemse 'gebedshuis' binne te gaan en buitendien dit ook nog gewaag het om na 'n week 'blatant' lid te word van die Vlaams Belang in haar stad, 'n andere skool het moes soek. Nav. van die vraaggesprek het ons 'n insiggewende vraaggesprek gehad met mnr. Jamie Kerremans, wat 'n bestuurslid is van reeds genoemde politieke party.
Lees met aandag en begryp wat die verskil is tussen Nasionalisme en Liberalisme deur dit wat ons vandag beleef te meet aan die uitsprake van ‘n ware Afrikanerleier. ‘n Leier wat ook gemeet aan die standaard sienings, uitsprake en besluite van Wêreldleiers, sy gelyke nie het nie. Hierdie uitsprake is net só van toepassing op ander blanke volke in die wêreld as op die Afrikanervolk, en net so toepaslik vandag as toe hy dit uitgespreek het!
Die winde van verandering waarna Harold MacMillan, Eerste Minister van Brittanje verwys het in sy toespraak op 3 February 1960, het ook sy neerslag gevind in Suid Afrika se onderwysstelsel, in die vorm van ‘n vernietigende politieke rukwind!
Dit is nou op 22 Oktober 2019 59 jaar later en sedert de Klerk se veragtelike abdikasie in 1994, 25 jaar wat verloop het met tientalle aanpassings aan die aanvanklike veranderde leerplanne wat een na die ander niks behalwe agteruitgang tot gevolg gehad het nie.
Mei berig oor 'n moedige skoliere van die Gemeentelijk Technisch Instituut (GTI) in die Oost Vlaamse stad Beveren wat in die kader van sg. 'mulikulturele ontmoetinge' gedwing is om die Turkse Hizmet moskee in Antwerpen te gaan besoek. Toe sy geweier het, het die godsdiens onderwyseres baie vies geword en vir haar gesê dat sy strafstudie moet gaan uitvoer. Die nie polities korrekte webwerf React het vervolgens oor hierdie onreg berig en nadien was die strafstudie van die baan.
Uit die April 1996 uitgawe van Impact
‘n Voormalige Eerste Minister van Brittanje, mev. Margaret Thatcher wat bekend gestaan het as die “ystervrou” het in ‘n huldeblyk na sy dood na ‘n Britse parlementariër verwys as “the best parliamentarian I ever knew. There will never be anybody else so compelling as Enoch Powell. He had a rare combination of qualities. Powell was a firebrand orator of rare analytical powers, and his speeches always drew great crowds to the House of Commons.
Ps. 119:121-128
“Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud. Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek.” (:127&128).
Ons leer uit die lewe van koning Dawid vele kosbare lewenslesse. En wat meer is, is dat ons ook uit hierdie lesse geweldig baie leer oor ‘n mens se verhouding met God. Ons leer eweneens geweldig baie van God en Sy Vaderhart uit die lewensverhaal van hierdie voormalige koning van Israel.
Dawid was nie ‘n mens sonder foute, tekortkominge en sonde nie. Ons weet dat hy byvoorbeeld owerspel gepleeg het en selfs daarna ‘n moord gepleeg het om hierdie sonde van hom te probeer verbloem.