1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5313940

Besoekers aanlyn

Ons het 22 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

INTEGRASIE IS MISDRYF TEEN DIE MENSDOM

Na 17 jaar van “demokrasie” met sy integrasie in Suid-Afrika behoort dit vir selfs die gehardste liberalis duidelik te wees dat integrasie misluk het.  Oor die mislukking van die huidige stelsel word daagliks berig, alhoewel dit nie erken word dat dit is as gevolg van integrasie nie. Diegene wat nog swymel oor die “reënboognasie” bly in duur veiligheidswoonbuurtes en neem hulle kinders na Blank-oorheersde privaatskole.  Hulle skynheiligheid het net geen perke nie.Ten spyte van alles wat beleef word en die sigbare induiestorting van hierdie bestel juis vanweë die afdwinging van die veelrassige model, word daar steeds gepraat van die “krag van ons verskeidenheid” (rasse-diversiteit). Nooit word egter verduidelik waarin die “krag” na bewering sou lê nie.

Die vraag moet gevra word of hierdie integrasiemodel minder misdaad tot gevolg het.  Bring dit volke nader aan mekaar?  Het dit tot gevolg dat rassehaat minder word?  Het dit beter paaie, skole, hospitale en staatsdepartemente tot gevolg?

 

Die antwoord op voormelde vrae is tog voor-die-hand-liggend. Die rasse-diversiteit wat nou saamgevoeg is in een politieke bestel het juis die teendeel veroorsaak van dit wat beoog en voorspel is deur die liberaliste. Ja, nie vrede nie, maar rassehaat en ‘n toestand van algehele verval.  Die saak gaan egter verder as dit.  Hierdie integrasie is ‘n misdaad teen die mensdom omdat dit op mense afgeforseer word as ‘n soort godsdiens en in die proses menselewens uitwis en verwoes, haat aanwakker en ‘n verval in standaarde tot gevolg het.  Volke (en by uitstek die Afrikanervolk) word boonop gedwing om hulle voorkeur te laat vaar en aan ‘n samelewing blootgestel te word wat hulle talente misken en hulle geleenthede ontsê.  Indien jy deur wette of ‘n regering verhoed word om jou natuurlike talente te beoefen en uit te leef en gedwing word om jou voorkeure te laat vaar, verloor jy as persoon jou sin vir die lewe.  Jy verloor boonop jou identiteit en word jy ‘n nuttelose gesiglose individu wat geen doel meer in die lewe sien nie.  Jy word boonop verhoed om ‘n behoorlike bydrae tot die samelewing te maak, aangesien daar teen jou as Blanke gediskrimineer word bloot uit hoofde van jou velkleur.  Dit is immers wat met die Blanke in hierdie land gebeur.  Hy is van sy geboortereg, sy reg op sy grond en die reg op assosiasie met sy eie mense ontneem.

 

Integrasie het in hierdie land die uitwissing van die Blanke ras tot gevolg.  Dit is ‘n misdryf teen die mensdom en ‘n misdryf teen ons volk. Wat so wonderlik daaraan is, kan net die liberalis in sy beneweldheid verklaar. 

 

Dit het tyd geword dat die Blanke hierdie waarheid verkondig en sy rassevoorkeure weer onbeskaamd uitleef. Integrasie is die rede vir die volksmoord en selfmoord van die Blanke. Julius Malema wakker maar net die tempo daarvan aan. So gesien is die DA netso skuldig aan die volksmoord op die Blanke as Malema en Blankes wat vir die DA stem, mede-aandadig aan dit wat met ons volk gebeur.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Geloftefees 2018

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie