1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9977317

Besoekers aanlyn

Ons het 89 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE WESTERSE VOORUITGANGSIDEAAL HET 'N STRIK VIR HOMSELF GEWORD.

altDie ou Grieke het hul vooruitgangsideaal probeer vasvat met die leuse, “citius, altius, fortius”, vinniger, hoër en sterker.

Hierdie strik is in belangrike opsigte 'n gestelde een. Daar is egter ook daardie “strikke” waaroor die Westerse mens, alle mense, struikel, laasgenoemde wat nie veel verduideliking verg by iedereen wat die mens en sy swakhede ken nie. Een van die gestelde strikke is progressivisme. Baie arbeid en stryd gaan daarin, die satan gun hom nie 'n oomblik se rus nie. Elke volk of gemeenskap wat homself ag, besiel hom met 'n vooruitgangsideaal. Daardie vooruitgangsideaal laat daardie volk en/of gemeenskap bedoeld of onbedoeld op elke lewensterrein geld, vir die Bybelgelowige verwys die Skrif byvoorbeeld na heiligmaking. Die ou Grieke het hul vooruitgangsideaal probeer vasvat met die leuse, “citius, altius, fortius”, vinniger, hoër en sterker. In die finansiële en ekonomiese sfeer span ons die syferwetenskap in om vordering (of nie) aan te dui. En as daardie vordering nie kom nie, word die boeke gekook. In Amerika en die Weste sien ons reuse-regeringshulppakkette. “Kwantitatiewe verligting” word dit ook genoem. Die grafiek moet opsluit hoër, 'n ekonomie wat nie groei nie sterf.. Of so word die Westerling diets gemaak.

 

Word na die sportterrein gekyk, het sake net so duister geraak. Ook daar word, as die rekordboeke nie wil saamgesels nie, iets “opgekik”, word 'n soort “kwalitatiewe verligting” gepleeg. En as die “kwalitatiewe verligting” dan vasgestel word, maande, selfs jare na die “kwalitatiewe verligting”, word Lance Amstrong (fietsry) se Tour de France-medaljes en Husain Bolt (atletiek) se goue medaljes weggevat. Dis dan die gevolg van die naakte najaag van vooruitgang, als word onbetroubaar, ook die stophorlosie, menslike prestasie en die groeigrafieke van die ekonomie. Maar, ten laaste, die sedelike groeigrafieke. Progressivisme eis sy laaste en belangrikste slagoffer en keiser Nero staan gereed met die fakkel, hy gaan sy eie stad aan die brand steek, dis sy laaste kans vir roem. 

R.V. Young, die redakteur van die Amerikaanse tydskrif Modern Age, skryf: Progressivisme lei onafwendbaar tot uiterste irrasionaliteit en uiteindelik politieke sowel as sedelike wanorde.” Overgesed synde: dit lei tot anargie. Kan 'n beskawing net uiterlik opgekik word (kwantitatiewe en kwalitatiewe verligting) en hierdie gekkespul die meedoënlose aanslae van die lewe verduur? 

En sou ook 'n Christelike beskawing soos die Weste veronderstel is om te wees hom kan verbeel hy kan staande bly as hy die waardes waarop daardie beskawing gestaan het, ondergrawe en laat ondergrawe deur kerklikes soos 'n Desmond Tutu wat in die eerste plek, in ag genome sy klaaglike kennis van die Skrif, nooit eens tot die amp van die gelowige toegelaat moes word nie, wat nog te sê die aardse hoof van 'n kerk in 'n land? Modern Age skryf in sy somer-uitgawe uit New York, kultuurhoofstad van Amerika, waar die voorloper in die burgemeesterswedloop, Anthony Weiner, weer betrap is dat hy obsene foto's van hom aangebied het, dié slag aan 'n 22-jarige vrou oor die onafwendbare sover dit sedelike korrupsie betref. 

Selfs vir die wêreldse New York Times is Weiner se gedrag eens te erg, hoewel hy skynbaar niks oor Weiner se gedrag andersins (privaat) te sê het nie: “Die ewig ontwykende mnr. Weiner moet sy huweliksprobleme en persoonlike drange uit die openbare oog, weg van die kameras, van die internet en uit die wedloop om burgemeesterskap hou.” 'n Amerikaanse kommentator aan die behoudende kant verklaar Weiner se gedrag is inderdaad vreemd en gek. Hy voeg egter dan dié groot maar daaraan toe: “Sy gedrag was nie onwettig nie. En terwyl die daad geskied het tussen twee gewillige volwassenes, was dit onsedelik – gemeet aan die vereistes van moderme liberalisme?” 

In 1973 is in die Humaniste-Manifes II, die sedelike grondslag vir vele wette deesdae in Amerika, verklaar: Die vele soorte seksuele ontdekkingstogte moet nie op sigself as “kwaad” beskou word nie... Enkelinge hoort toegelaat word om hul seksuele voorkeure uit te oefen en hul leefstyle na te strewe soos hulle verkies. 

Is dit nie wat Weiner gedoen het nie? Wat dan is die vernederende? Bedink 'n slag hoe ver die pad is wat deur liberalisme gelyk gestel word aan sosiale en sedelike vooruitgang, verklaar die kommentator. Ronald Reagan was die eerste geskeide en daarna weer getroude verkose president van Amerika. 

Weiner moes sy plek in die Amerikaanse kongres ontruim weens die voortdurende teistering van vrouens met onsedelike foto's. Sy vernaamste uitdager nou om die pos as burgemeester is 'n lesbiër wat op die punt staan om te trou met 'n ander lesbiër. Die heersende burgemeester en ook New York se goewerneur is albei geskeides wat met vrouens saamwoon waarmee hulle nie getroud is nie. Die vorige burgemeester se tweede vrou is hof toe ten einde die burgemeester se minares te keer om die burgemeesterswoning te besoek. 

Op kabeltelevisie word uitroepe dat Weiner geestelik siek is gehoor. 'n Kollega van Weiner verklaar Weiner moet “psigiatriese hulp” inroep. Verklaar die kommentator: “Deksels, Jerry (Weiner se oud-kollega), tot 1973 het die Amerikaanse Psigiatriese Vereniging se siening gehandhaaf dat homoseksualiteit 'n geestesversteuring is. Die vereniging betreur vandag hierdie standpunt. En waarom is Weiner se gedrag 'n teken van geestessiekte wanneer kinders oral in Amerika daagliks betrokke is by dielfde soort ding? 

“Is ons dalk geestelik en sedelik 'n siek samelewing?” vra die kommentator. “Dertig jaar gelede was homoseksuele dade misdaad. Die hooggeregshof het sedertdien vasgestel dat sodomie 'n grondwetlike reg is. Die (Amerikaanse) state se howe ontdek nou 'n nuwe reg – vir homoseksueles om te trou. Om homoseksualiteit as onnatuurlik te bestempel of 'n geestesafwyking, sal spoedig haatmisdaad in Amerika wees. 

“As ons eers ontslae geraak het van sedes gegrond in godsdiens – soos die Humaniste-manifes II daarop aandring – wie trek die streep oor wat gedoog word in die nuwe bedeling? Op welke sedelike grond staan ons deur 'n man vele vroue te weier sou ons wense wees om 'n groot nageslag te hê, en die vroue stem toe tot so 'n ooreenkoms? Bybels en histories is veelwywery so ongewens as homoseksualiteit. Homoseksualiteit is nou 'n grondwetlike reg, waarom nie veelwywery nie? “Stuur die samelewing inderdaad nou nie onvermydelik af op totale irrasionaliteit en uiteindelik politieke sowel as sedelike wanorde nie?”

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie