1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5746669

Besoekers aanlyn

Ons het 54 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

FLIP BUYS WIL MET REGSE AFRIKANER NIKS TE DOEN HÊ NIE

Flip Buys van Solidariteit voer in ‘n onderhoud met Rapport van 17 April aan dat Julius Malema hom laat dink aan “vêrregse ekstremiste”. Dit natuurlik in ‘n poging om homself van regse Afrikaners te onderskei in sy gretigheid om tog net nie self as “regs” of ekstremisties” beskou te word nie. Hy moet immers “aanvaarbaar” vir sy liberale gehoor wees.

Wel, Flip Buys was op sy dag self lid van die “vêrregse” HNP en die “regse” “Blanke” Mynwerkersunie. Intussen het hy die standpunte wat hy destyds gehuldig het, soos dat Suid-Afrika “witmansland” is, en die Blanke sekere onvervreembare regte het, vir “beter” standpunte verruil. Nou moet hy elke geleentheid gebruik om afstand tussen hom en die mense wat sy salaris betaal, te stel. En dit net ter wille van ‘n “gematigde beeld” in liberale kringe. Ja, hoe “pateties” kan ‘n mens nie raak nie.

Maar dan blyk Buys se naïwiteit ook duidelik as hy erken dat hy met die ANC-leierskap oor die Malema-saak gepraat het, net om begroet te word met die ANC se toetrede tot die saak! Het hy nou regtig gedink die ANC sal hom van hierdie uitspraak van Malema kan distansieer? Nou is hy woedend hieroor; net om so gou as wat hy die kans kry weer saam met die ANC-leierskap om die onderhandelingstafel (of braaivleisvure) te sit.

Die fout wat Solidariteit maak is om te dink jy kan op ANC-terme teen ‘n ANC-kameraad optree. Deur in die proses op die Grondwet te steun om dit te doen. Solidariteit sien die Grondwet as bondgenoot – dis nou daardie grondwet wat vir die ANC geskryf is om die Blanke te onteien, te verarm, te verneder en uiteindelik, uit te wis. Wat die Blanke as “misdadigers” uitbeeld. Dat die ANC nie die “gees en letter” van die Grondwet wil “uitleef” nie, bekommer Buys tog wel. Maar klaarblyklik is hy nie in staat om te sien (of te erken!) dat daardie Grondwet nie bedoel was om Swartes by te kom nie, maar juis om Blankes te na te kom. Vir Buys is die Grondwet nog ‘n bondgenoot, vir die ingeligte Afrikaner ‘n middel in die hand van ‘n vyandige mag.

Solidariteit kan intussen vir die gehoor speel en begroet word met ‘n handeklap hier en lofprysings daar. Maar die dag sal kom wanneer hulle ‘n keuse sal moet maak tussen die “regse” Afrikaners wat tot dusver hulle salarisse betaal het en die vyand met wie hulle so graag heul. Want op daardie dag sal daar geen “middelgrond” meer wees nie. Sal “gematigdheid” met minagting verwerp word.

 

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie