1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5746620

Besoekers aanlyn

Ons het 98 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

VANDAT GELEERDHEID IN DIE LAND GEKOM HET, HET WYSHEID TOT NIET GEGAAN!

In Rapport van 10 April 2011, in die rubriek “Die reg op repliek”, skryf Willie Esterhuyse dat Suid-Afrika ’n brose staat is wat sterk op pad is na ’n mislukte staat. Al wat Suid-Afrika kan red, sê Esterhuyse, is ’n massiewe burgerlike poging in samewerking met instansies soos Casac.

Voordat ons hierdie “wysheid” van naderby bekyk, sal dit goed wees om net eers weer Esterhuyse se agtergrond te bekyk. Die rol wat agente van die voormalige Nasionale Intelligensie (NI) in die oorgawe aan ‘n Swart kommunistiese bende gegee het, is n tydjie gelede deur prof. Willie Esterhuyse, akademikus en ANC-gesinde, in ‘n artikel in koerante van die Nasionale Pers belig.

In daardie artikel het daar ook besondere interessanthede van dié professor aan die lig gekom.

Hy sê onder andere:  “Dis ’n persoonlike mening. Maar ek dink een van die meer ernstigste transformasie rampe wat ons getref het, was dié van die intelligensiedienste.  “Dis die een area waar professionaliteit deur politieke gedienstigheid gekelder is.  “Trouens, ek dink baie vrotsige beleidsbesluite wat veral die afgelope vyf jaar geneem is, is regstreeks herleibaar tot vrotsige intelligensie versameling en -verwerking.   “Dis dalk omstrede, maar die kanse is dat Moe Shaik (nuwe hoof van die Suid-Afrikaanse geheime diens) vir ’n verbetering sal sorg. (My beklemtoning)

“My kontak met dié span het in 1987 begin. Twee senior lede van die NI het my aan huis kom besoek.

“Dit was ’n kontak wat van die mees sinvolle en leersame in my lewe was. Ek kon natuurlik slegs enkele fasette van die wêreld van intelligensie-insameling en -verwerking ervaar.

“Dit was genoeg om my te laat besef dat ’n land gemaak of gebreek kan word deur die soort intelligensieverslae wat aan beleidsmakers beskikbaar gestel word.

“PASOP VIR BRUIN HEMDE”

“Dis ’n verhaal wat seker nou maar vertel kan word, al klink dit dalk meer dramaties as wat dit is. In ’n ‘veilige huis’ van die NI het ek, met die oog op my nie-amptelike en vertroulike kontak met Thabo Mbeki en sy span in die laat 1980’s in Brittanje, opleiding in die hantering van persoonlike veiligheid ontvang.

‘Half wanhopig – omdat ek nie al die reëls vir veiligheid kon onthou nie – het ek in ’n stadium uitgeroep: “Maar die ANC sal my nie vermoor nie.”

“Die persoon in beheer van die sessie, en wat ’n goeie vriend geword het, het my verbaas aangekyk en gesê: ‘Maar dis die bruin hemde (militêre manne) teen wie jy beskerm moet word.’

“Terloops, my kodenaam was “Gert”! Afrikaans!

 

“BARNARD EN LOUW”

“Ek moet die twee in een asem noem: Barnard en Louw. Van die grootste nalatenskappe van Barnard en Louw was toe hulle die militêre invloed op die politieke beleidmakers verbreek het.

“Dit het soos min ander dinge die pad na ’n politieke skikking voorberei. Dit was ook FW de Klerk se sterk punt: ’n politieke oplossing is verkieslik bo ’n militêre poging.  (My beklemtoning)

‘JOHN’ SAL THABO BEL’

“Vroeg in 1989, ná talle interaksies met Mbeki se span en ‘boodskappe’ wat oorgedra is aan Barnard en sy span, kry ek ’n versoek: ‘Tree in verbinding met Mbeki. Sê hom ons wil nou regstreeks met hom praat. Ons soek ’n betroubare telefoonnommer waar ons hom kan kontak. Die persoon wat hom sal skakel, sal die kodenaam ‘John Campbell’ gebruik’.

“Op 31 Mei 1989 ontmoet ek Mbeki in Londen. Barnard en sy span het aanbeveel dat die ontmoeting in ’n Engelse pub moet wees. Dan kan daar nie afgeluister word nie! 

“En in hierdie eerste fase was ‘die regering’ die NI. Dit was delikaat en die beheer en bestuur daarvan moes gedissiplineerd én vertroulik wees. Daarom is selfs in die volgende fases nie van “buitestanders” gebruik gemaak nie.

“Op 12 September 1989 vind die eerste van-aangesig-tot-aangesig-ontmoeting in die Palace Hotel, Lucerne, Switserland, plaas tussen Louw, Maritz Spaarwater, Mbeki en Jacob Zuma.

“Ek onthou dat Louw en Spaarwater nie met hul persoonlike paspoorte, met hul eie name, die reis aangepak het nie. Of Mbeki en Zuma ander paspoorte gebruik het, kan aanvaar word!

“Wantroue was nie die enigste rede nie. Daar was ook ander intelligensiedienste op die loer na moontlike verwikkelings. Veral die Britte en die Amerikaners. En natuurlik die Switsers.

ESTERHUYSE SE WYSHEID

Na al hierdie geheime geknoei wat Suid Afrika in die grootste gemors van sy bestaan gedompel het, en behalwe dat dit die Afrikanervolk sy totale erfbesit ontneem het, kom Esterhuyse tot die gevolgtrekking dat die staat gefaal het!  ‘n Proffessor wat aan studente kennis moet oordra van wat iemand voor hulle reeds nagevors en op skrif gestel het sodat hulle nie nodig het om deur al die slaggate te gaan om by daardie gevolgtrekkings uit te kom wat hulle nou sonder moeite kan leer en toepas nie, steur homself nie aan die ervaring en kennis, en selfs die waarskuwings van hulle wat hom voorgegaan het nie!

Nadat hy sy mede Afrikaners in al die slaggate waarteen ons gewaarsku was, help inlei het, kom hy met dié verstommende oplossing dat al wat SA kan red is ‘n burgerlike poging saam met Casac (die Raad vir die bevordering van die Suid Afrikaanse Grondwet) wat bestaan uit ANC-veterane van die vryheidsbeweging!  Hulle kan ons ondergang keer beweer dié “wyse” proffessor!   Behoede tog studente wat deur sy hande moes gaan!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie