1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9519573

Besoekers aanlyn

Ons het 119 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE SPOEGVANGERS

Klaas WaarseggerVolgens Afrika oorlewing mag ‘n koning se spoeg nie op die grond val nie, so het Dingaan dan ook spoegvangers gehad. Die onderdaan het dit dan aan sy lyf gesmeer as onderdanigheid aan die koning. Hul kultuurgeloof was dat die koning bekroon is met ‘n absolute reg, insluitend lewe en dood. Hierdie weersinwekkendheid word vandag oortref in blanke geledere op politieke vlak, waar politieke spoegvangers hulle onderdanigheid betoon aan die ANC. ‘n Verloënings verlowing het plaasgevind tussen die DA, VF+ en ANC om die swart “konings” ter wille te wees. Hierdie donker driehoek bekruip die Afrikaner soos ‘n dief in die nag.

Die geknoei is om die Afrikaner soos bandiete in aanhouding te hou, met vuil agteraf politiek. ‘n Mens vind dit verbysterend dat hierdie verlowing kon plaasvind na 30 jaar se apokaliptiese rampspoed gepleeg deur die ANC. Die nuwe geloof van eenheid in verskeidenheid, instede van eiesoortigheid, plaas die DA en VF+ in lyn met die transformatiewe aksie van die ANC, wat die Afrikaner ontsê van sy eiendomlike.

 

Bloed is ‘n spesiale vloeistof. Dit is nie alleen ‘n biologiese verskynsel nie, maar ook ‘n seël van ‘n sigbare verbondenheid. Jy kan nie volwaardig Afrikaner wees as jy ‘n tweede natuur wil aanhang, wat ons heil ontbeer. “Bloedarmoedige” mense sukkel om hul eie Afrikaner identiteit te herbevestig. ‘n Nuwe koersbepaling word ingeslaan wat ras, godsdiens, volksnorme, nasionalisme en identiteit vernietig. Die DA en VF+ het nou onherroeplik hul sosiale konrak met die Afrikaner verbreek.

 

‘n Disoriëntasie het ontstaan, as gevolg van onsekerheid oor ‘n eie selfidentiteit se waarde, en die eksterne onderdanigheid teenoor die ANC. Dit was juis hulle politieke spoeg wat die DA en VF+ omvorm het tot ‘n pestilensie in Afrikaner geledere. As medeonderhandelaars by Kodessa, het die DA en VF+ alreeds die Afrikaner op ‘n “Brandaltaar” geoffer. Hul sosiopolitieke mistastings het gelei tot grondgrype, geweldadige plaasmoorde, plundering van die staatskas, wettelose strooptogte en

brandstigting, asook verdierlikking van die mens, soos by Episedemi.

 

Die waansinnige krullende slang, met ‘n Afrika ingesteldheid is kannibalisties. “Kill the Boer”. Sederd blank Suid-Afrika van eienaar verwissel het, het ons land ‘n treurspel van onstabiliteit, wanbestuur, korrupsie en rowersnes geword. Die ywer vir ‘n reënboognasie spoeg op ons verlede en toekoms. Die oplossing is voor die hand liggend – keer terug na apartheid wat vandag selfs deur ‘n groot kontengent swartes bepleit word. Die uitsondering is die spoegsmerende “driehoek”.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie