1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9170864

Besoekers aanlyn

Ons het 59 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

HOE LYK ‘N VOLK WAT BESIG IS OM TE STERF?

SA. Spoorweg images.jpeg na1994‘n Baie negatiewe vraag! Sou dit nie beter wees om te vra:Hoe lyk die volk wat besig is om te probeer oorleef nie? Sekerlik meer positief, ja, maar baie minder oorredend vir introspeksie teenoor foutsoek buite jouself! Selfs die verwysing na volk skep die moontlikheid om eerder na my volksgenote te kyk as na myself. Indien ons dan die fout gesien het, laat ons dan kyk na die oplossing!

DEUTERONÓMIUM 11

1 DAAROM moet jy die Here jou God liefhê en altyd sy ordening, sy insettinge sowel as sy verordeninge en sy gebooie onderhou.

8 Onderhou dan al die gebooie wat ek jou vandag beveel, dat julle sterk kan wees en inkom en die land in besit neem waarheen julle oortrek om dit in besit te neem,

9 en dat julle die dae kan verleng in die land wat die Here aan julle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle en hul nageslag te gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning.

13 As julle dan goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die Here julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel,

14 dan sal Ek die reën van julle land gee op die regte tyd, vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring en jou mos en jou olie kan insamel.

15 En Ek sal plante gee op jou veld vir jou vee, en jy sal eet en versadig word.

16 Neem julle in ag dat julle hart nie verlei word nie, sodat julle afwyk en ander gode dien en voor hulle neerbuig,

17 en die toorn van die Here teen julle ontvlam en Hy die hemel toesluit, sodat daar geen reën is en die aarde sy opbrings nie gee nie, en julle gou uit die goeie land omkom wat die Here julle gee.

18 Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as 'n teken op julle hand en laat dit as 'n voorhoofsband tussen julle oë wees,

19 en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan;

20 en skryf dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte,

21 sodat julle dae en die dae van julle kinders in die land wat die Here aan julle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee, kan vermenigvuldig soos die dae van die hemel bo-oor die aarde.

22 Want as julle ywerig al hierdie gebooie hou wat ek julle beveel, om dit te doen deur die Here julle God lief te hê, in al sy weë te wandel en Hom aan te hang,

23 dan sal die Here al hierdie nasies voor julle uit verdrywe, en julle sal groter en magtiger nasies as julle uit hulle besitting verdrywe.

24 Elke plek waar julle voetsool op trap, sal aan julle behoort; van die woestyn en die Líbanon, van die rivier, die Eufraatrivier, tot by die Westelike See sal julle grondgebied wees.

25 Niemand sal teen julle standhou nie; die Here julle God sal die skrik en vrees vir julle oor die hele land laat kom waarop julle sal loop, soos Hy julle beloof het.

26 Kyk, ek hou julle vandag seën en vloek voor —

27 die seën as julle luister na die gebooie van die Here julle God wat ek julle vandag beveel;

28 en die vloek as julle nie luister na die gebooie van die Here julle God nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie.

32 Onderhou dan sorgvuldiglik al die insettinge en die verordeninge wat ek julle vandag voorhou.

 

Ons volk se selfaangestelde “leiers” soek oplossings in saamwerk met ongelowige, Kommunistiese terroriste wat beheer geneem het oor ons land en ons regering. Hulle vra hulp by die buiteland terwyl ons soewerein onafhanklik onder God se Hand oor onsself regeer het oor die land wat ons as erfenis deur die geloof en ywer van ons voorgeslagte, uit die wildernis ontworstel en beskaaf het!

I TIMÓTHEÜS 5:8: “Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige”. Die begginsel en beleid wat gekies was om ons eie, maar ook die identiteit van die ander volke hier teenwoordig te bewaar, te handhaaf en te beskerm, is verruil vir ‘n stelsel wat nêrens in die wêreld gewerk het nie. ‘n Nuwe beginsel in botsing met die skeppingsorde van God wat rasvermenging en dienooreenkomstige verval, chaos, vernietiging van alle waarde, orde, veiligheid en voortbestaan kom bedreig het!

Dat daar sedert die Skepping baie volke was wat vandag nie meer bestaan nie is onbetwisbaar en dat baie van hulle wat ongelowig was aangewend is om gelowiges wat afgedwaal het te straf, is ook ‘n feit! Vraag is, wat het dit nou met die Afrikanervolk te maak of is dit maar ‘n skoot in die bondel? Dat hierdie vraag internasionaal betrekking het is baie waar. Komende van die AVP is dit egter uit kommer reguit gerig aan ons eie Afrikanervolk wat totale uitwissing in die gesig staar vanweë ons volk se onvermoë om binne die raamwerk van die volk waarin God ons gegiet het, ons geledere te sluit in samehorigheid oor die gemeenskaplike sake wat volkskap ten grondslag lê!

Laat ons dan eerstens noukeurig luister na wat dit is wat ons Hemelse Vader hierbo van ons vereis in die boek Deuteronomium. Lees dit maar weer en weer en dan veral hoofstuk 28

Ernstige oproep tot bekering.

1 BLAAS die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die Here kom, want hy is naby —

2 'n dag van duisternis en donkerheid, 'n dag van wolke en wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom 'n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie.

3 Voor hom uit verteer 'n vuur, en agter hom brand 'n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit 'n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie.

4 Sy voorkoms is soos dié van perde, en net soos ryperde so hardloop hulle.

5 Soos die gedruis van waens huppel hulle oor die bergtoppe, soos die geknetter van 'n vuurvlam wat die kaf verteer, soos 'n magtige volk wat vir die geveg opgestel is.

6 Vir hom bewe die volke van angs, alle aangesigte verbleek.

7 Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie.

8 En die een druk nie die ander nie; elkeen gaan sy eie pad; en tussen wapens deur val hulle; maar hulle bly in gelid.

9 Hulle oorval die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die huise, hulle dring by die vensters in soos 'n dief.

10 Voor hulle bewe die aarde, sidder die hemel; die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in.

11 En die Here verhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van die Here is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra?

12 Maar selfs nou nog, spreek die Here, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag.

13 En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die Here julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil;

14 wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy 'n seën sal agterlaat — 'n spysoffer en 'n drankoffer aan die Here julle God.

15 Blaas die basuin op Sion, heilig 'n vasdag, roep 'n vergadering saam!

16 Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.

17 Laat die priesters, die dienaars van die Here, tussen die voorportaal en die altaar ween en sê: o Here, spaar u volk, en gee u erfdeel nie oor aan smaadheid, dat die nasies met hulle spot nie; waarom sou hulle onder die volke sê: Waar is hulle God?

Belofte van oorvloed.

18 TOE het die Here geywer vir sy land en sy volk verskoon.

19 En die Here het geantwoord en aan sy volk gesê: Kyk, Ek stuur vir julle koring en mos en olie, sodat julle daarvan versadig word, en Ek maak julle nie meer tot 'n voorwerp van smaad onder die nasies nie.

20 Ja, Ek sal die sprinkaanswerm, uit die noorde afkomstig, van julle af wegjaag en dit wegdrywe na 'n dor en woeste land; sy voorhoede na die Oostelike See en sy agterhoede na die Westelike See toe. En sy stank sal opstyg, en 'n slegte reuk uit hom opgaan; want hy het alte groot dinge gedoen.

21 Wees nie bevrees nie, o aarde, juig en wees bly, want die Here doen groot dinge!

22 Wees nie bevrees nie, diere van die veld, want die weivelde van die woestyn spruit uit, want die bome dra hulle vrugte, die vyeboom en die wingerdstok lewer hulle drag!

23 En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die Here julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.

24 Dan sal die dorsvloere vol koring wees en die parskuipe van mos en olie oorloop.

25 En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het — my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het.

26 Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van die Here julle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.

27 En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is, en dat Ek die Here julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.

28 En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.

29 En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.

30 En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare.

31 Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.

32 En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die Here gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat die Here sal roep.

JOËL 2, AFR53 Vertaling

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie