1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9170873

Besoekers aanlyn

Ons het 64 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE MADIBA SINDROOM

Klaas WaarseggerHoe tragies is dit nie dat die DA en VF+ onder die spel van die sogenaamde “Madiba magic” gekom het. In hul geledere word Mandela opgehemel as ‘n aardsengel. Dit is so asof hulle ‘n toksiese politieke bloedoortapping gehad het. Die handhawing van ‘n eeue oue strewe om vry te wees in ‘n eie land, is oorboord gegooi. Salig doen hulle mee in ‘n Regering van Nasionale Eenheid om die witman onder die vlerk van die ANC te hou. Geen poging word aangewend om die Afrikaner te red uit die huidige staatkundige verknorsing nie.

 

Soos wafferse eindomsagente het die DA en VF+ blank Suid-Afrika verkwansel aan die ANC teen nul kompensasie. Hierdie mense verdien dit nie om in die parlement te sit nie, daarom moet hulle in “huisarres” geplaas word, deur hulle te verwerp by die stembus. Ons toekoms is geleë in buite parelmentȇre politiek wat allerweë momentum kry. Die nuwe Suid-Afrika is getref met ‘n aardskuddende realiteit naamlik, al vervel ‘n slang, bly hy steeds ‘n slang met ‘n gevurkte tong. Die Madiba sindroom (reënboog-nasie ingesteldheid) het die witman in gevaar gedompel jeens politieke onstabiliteit, ekonomiese en sosiale maatskaplike agteruitgang.

 

Die situasie versleg daagliks en die DA en VF+ se lippetaal kan dit nie meer besleg nie. Die destydse storie van vryheid, vrede en voorspoed het nou ontplof in hul gesigte. Nie eers “Rayband sonbrille” kan hulle nou verhoed om die chaos raak te sien nie. Suid-Afrika word tans gesien as die land met die hoogste geweldsmisdaad in die wȇreld. Moord is bo-aan die lys, gevolg met onwettige onluste, gewapende aanvalle op boere, onwettige grondbesetting, huisbraak, voertuig kapings, padafsluitings en veediefstal. ‘n Sprekende voorbeeld is die onlangse wydverspreide onluste in Kwazulu-Natal, waar tierende skares met plundertogte en brandstigting dorpe op horings geneem het.

Huidiglik is selfs die Suid-Afrikaanse Polisie in die beskuldigdebank oor samewerking en beskerming van misdaadsindikate. Die vraag is nou, wanneer die DA en VF+ hulle gaan onttrek van hierdie Mafia regering. Ek het nie veel hoop nie. Hul naȉwiteit, is duislingwekkend, hul politiek is afskuwelik en hul verteenwoordiging ‘n verleentheid. Laat ons dit reguit sê, die Madiba sindroom is ‘n sielsiekte geȉnduseer deur bedrog, nydigheid en Afrikanerhaat. Die donker duisternis is hul belydenis. Gee Malema die eer – hy sê dit openlik – “kill the farmer, kill the boer”.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie