1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9170853

Besoekers aanlyn

Ons het 55 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

WANNEER IS MOORD GEREGVERDIG?

Bouwer van Niekerk vermoorHier in Suid Afrika het moord as ‘n middel tot die oplossing van verskille, wat ookal die verskil mag wees, die norm geword. In die VSA het die onlangse sluipmoord op die jong politieke leier, Charly Kirk, die hele Amerika in rep en roer! Die vraag wat ontstaan is, wat is dit wat die klimaat gunstig maak vir ‘n voornemende moordenaar? Kol. Douglas Macgregor, voormalige militêre adviseur van president Donald Trump in sy vorige ampstermyn, het twee interressante maar ook insiggewende opmerkings gemaak. In ‘n onlangse onderhoud met hom oor die Kirk sluipmoord het hy gesê, daar is geen geloofwaardigheid meer in Amerika nie ….. en as iemand dit in sy kop gekry het om jou dood te maak, is die kans dat hy sal slaag feitlik seker!

Op Vrydag 5 September 2025, een dag voor die moord op dr. Verwoerd op 6 September 1966, is die moord op insolvensie-prokureur Bouwer van Niekerk in Johannesburg, in sy SmitSew-regskantoor in Saxonwold, een van ‘n reeks moorde op mense wat betrokke was in korrupsie sake. Die flagrante wyse waarop Bouwer op afspraak, helder oordag in sy ontvangskantoor deur twee gewapende sluipmoordenaars met twee skote in die kop afgemaai is, is tekenend van ‘n gunstige klimaat vir hierdie veragtelike wyse van optrede van die kriminele in Suid Afrika.

Die Beeldkoerant beskryf dit as deel van 'n ontstellende tendens om 'n mens se opposisie uit te skakel deur hulle te skiet. Ses verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die sluipmoord op die fluitjieblaser van die Gautengse gesondheidsdepartement, Babita Deokaran, in 2021. Die opdraggewers is egter steeds op vrye voet. Deokaran het R850 miljoen in verdagte tenders by die Tembisa-hospitaal opgemerk.

 

Ook geen arrestasies is nog gemaak vir die moord op die insolvensieprokureur Cloete Murray en sy seun Thomas wat in Maart 2023 in Midrand geskiet is. Hulle was betrokke by die likwidasie van die korrupte gevangenisvoorraadmaatskappy Bosasa, en het meer onlangs BIG Business Innovations Group en I2 Infinite Innovations ondersoek, wat na bewering sowat R200 miljoen aan Investec Bank geskuld het.

 

Nog niemand is in hegtenis geneem in verband met die moord op die Ekurhuleni-ouditeur Simnikiwe Mapini in Desember 2023 nie. Hy het 'n verdagte tender van R1,8 miljard by die munisipaliteit ondersoek. 'n Paar jaar gelede, terwyl onwettige mynbou oos van Johannesburg ondersoek is, het dit aan die lig gekom dat huurmoordenaars in die gebied vir so min as R2,000 gehuur kon word.

 

Dit blyk dat moord vir betaling algemeen geword het omdat die risiko's om in Suid Afrika gevang te word, baie laag is. Waar mag en groot geld betrokke is, lyk dit dan ook asof daar geen tekort aan skieters is wat bereid is om te moor vir betaling nie. Hoewel daar by ‘n gelowige geen regverdiging bestaan vir die vermoording van jou opponent nie, is daar tog ‘n klimaat geskep wat sommiges oortuig dat hulle die gemeenskap wat soos hulle dink, ‘n guns doen om die opposisie op so ‘n wyse uit die weg te ruim.

 

Wat egter waar is en oor en oor bewys is, is dat waar wet en orde bestaan en konsekwent toegepas word, hierdie praktyk van wetsoortreding uit vrees vir doodstraf, ernstig aan bande gelê word! Dit was wat ons Afrikanervolk aanvanklik in wetgewing gehad het met minder as veertig moorde per jaar teenoor die 57 moorde per dag, waarmee ons nou te kampe het! Dit is net verstommend dat Beeld,Citizen, Rapport, die Burger en elke ander, veral die Engelse koerante, nie ‘n woord rep dat die klimaat van bandeloosheid wat hulle help skep het, oorsaaklik is tot die toestand waarin die wêreld van vandag verkeer nie! Met die beleid van gelykstelling en multikulturalisme deur die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling te verketter en te beswadder as euwel en misdadig, is die voorspelde uitkoms waarteen hulle almal gewaarsku was, die utopia vir moord en misdadigheid waarteen hulle nou beswaar het!

Dat Kol. Macgregor van Amerika ook selfs geen meer vertroue in die FBI het nie is ‘n verpersoonliking van die gees van die tyd waarin ons leef, wêreldwyd! Weinig van wat in die sosiale media soos Facebook, Utube, Instagram, Tiktok, ens. Verkondig word, is geloofwaardig. Die opskrifte van “bombshell”, “5 minutes ago”, “rip” alles opskrifte om die leser uit te lok om te lees en tot sy frustrasie dan geen woord van wat die opskrif gesuggereer het nie!

 

Dit is wanneer iemand opsetlik en met voorbedagte beplanning ‘n geliefde van iemand vermoor, dit natuurlik is dat die behoefte van ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand by jou sal opkom! Dit is in Romeine 12:19 (afr53) wat ons as gelowiges gemaan word: “Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.” Dit is dus noodsaaklik dat ‘n land ‘n beleid sal hê wat nie ruimte laat vir kriminele, moordenaars, verkragters, diewe en diésulkes om ongebreideld met ongeregtigheid te kan voortgaan nie!

Die aftakeling van ‘n beleid wat deur die geskiedenis bewys is as suksesvol teen die bo-genoemde praktyke is op sigself krimineel en maak almal wat daarby betrokke was, aandadig aan sulke vergrype!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie