1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6410325

Besoekers aanlyn

Ons het 14 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

ANC BEKENDHEDE MET ERKENNING AAN DONALD RAMSFELD SE RETORIEK

Noodberigte dat iets destruktief in die nuwe SA gebeur het is welbekend.

Soos ons weet, daar is bekende dinge en onbekende dinge. Dinge wat ons weet, dat ons dit weet. Ons weet ook Klaas Waarseggervan onbekende onbekende dinge, dit wil sê ons weet van dinge waarvan ons nie weet nie maar wat bekend is aan die ANC wat vir ons onbekend is. Daar is baie dinge waarvan ons wel weet waarvan die ANC self nie weet nie. Die ANC wat dink dat hulle weet maar eintlik niks weet nie en reageer op die dinge waarvan hulle niks weet nie is slegs aan hulle welbekend. Hulle leierskap probleem is as gevolg van etniese seleksie. Hulle soek soortgelyke kwaliteite in broederskap wat waardering het vir verkeerde dinge.

Wat mens verbaas is dat met die ineenstorting van die nuwe SA is hulle eerste reaksie om die moontlike te blameer. Dit is makliker om witmense te blameer as om die verborge bekende bekende bekend te maak. Skuldgevoelenis bestaan nie in daardie geledere nie, daar word eerder gefokus op die onbekende verborge onbekendhede. Hulle erken niks omdat dit in die eerste plek verkeerd was maar nou vir hulle reg lyk. Elke dag bied ‘n legio van geleenthede vir mislukkings. Bekende bewyse is nie bewyse vir onbekende wandade nie. Die antwoord oor die onbekende is dat hulle dink dat ons nie weet nie, daarom sal hulle ons nie vertel nie. Hulle betuig altemit dat hulle nou die reg het om foute te maak, wandade te pleeg, te lieg as dit moet en te doen wat hulle wil. Om presies te wees dal hulle sê hulle weet nie daarvan nie, daarom is weet nie ‘n repeterende antwoord. Die onwetende is beter vir jou om te weet.

Moet nooit sê dit was Luthuli-huis se opdrag nie want ‘n huis kan nie ‘n opdrag gee nie. Los die President se besigheid vir homself, hy kan klaarkom sonder jou bedenkinge. ANC mense geniet die ongeopenbare lewe want hulle politiek is kommerloos en is die kortpad na rykdom. Instinktief besef hulle alte goed sukses beteken hoeveel goed jy kan wegdra. Dit doen wonders vir hul aansien en status.

Die President se deelname aan enige besluite veroorsaak ‘n bottelnek. Daarom raak hy nie betrokke nie. Die Zuma-vrou sal self besluit hoe sigarette ‘n Kovid epidemie veroorsaak. Die President dink ten minste vooruit hoe om te plot instede daarvan om te beplan. Hy glo wat hy gister gesê het. Hy vergeet soms wat hy gister gesê het, maar hy weet ten minste wat hy dink. Hy is altyd reg wat hy ookal gesê het. As hy die antwoord gehad het sou hy so gesê het en as hy nie geweet het wat die antwoord is nie sou hy net slim gepraat het.en nie bedoel het wat hy gesê het nie. Hy moes eenvoudig die wet op onteiening sonder vergoeding promulgeer sodat ons kan uitvind wat dit bevat om enige kontroversie uit te skakel. Ons is ‘n demokratiese land maar dit verander daagliks.

Kovid 19 is ‘n belangrike moment in ons geskiedenis, sekerlik ongeëwenaard in mense heugenis. Mense sal sterf of gearresteer word met noodlottige gevolge. Dit gee die mense die geleentheid om daaroor te dink in die breedste terme moontlik. Feesvieringe in die strate as àppel teen die “virus” mag slegs gedoen word onder polisie toesig anders is dit aansteeklik.

Die ANC het bewus geraak dat die nuwe SA ‘n baie gevaarlike plek vir witmense is, maar wat kan hulle nou daaromtrent doen. Hulle weet dis verkeerd maar hulle departement doen sulke dinge want Pikatus het hande gewas in die VSA. Skerp messe is nie altyd ongeoorloof nie, so nou en dan het witmense dit nodig. Dit is nodig om bekende dinge te weet in die nuwe SA. Wie weet nou beter as hulle – slegter is beter. Wandade is nie goed of sleg nie, dit is jou denke wat dit doen, aldus die nuwe SA.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie